Tuiskwarantyn

  • 8

Die aarde draai, maar dis anders
die wêreld het gaan staan

Mense glimlag vir mense agter glas
Ons leer nuwe woorde en ons leer
ou woorde op ’n nuwe manier
Verkiem Besmet Toiletpapier

Binnenshuis is families
na mekaar gekeer,
buite is gemaskerde emoji's
op straat
Ons probeer paniek kalibreer

In self-isolasie en versperring
onderneem ek wêreldreise
op 'n rekenaarskerm,
sien bosvarke snuffel
in die middel van ’n stad
iewers ver van hier

Die water word weer helder,
daar groei ’n boom in my hart,
in my armholtes dra ek
naaldekokers en duiwe,
voel een met die natuur
al wil ek fopnuus vermoed
en al is daar ’n virus
so mooi soos ’n blom
in my buurman se bloed

noudat die planeet se kuur
skuil in ’n snawelmasker-
skaduwee teen die huis
se binnemuur

  • 8

Kommentaar

  • Hi, ek is opsoek na 'n maklike lees Afrikaanse lofgedig of inheemse gedig van 'n Afrikaanse skrywer. Dit is vir 'n graad 8 leerder.

  • Sien nou eers ordentlik jou gedig en ja, elke ding deur my ook intens beleef op die aarde wat stil gaan staan het. Ons wat "turn, turn, turn ..."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top