Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Julie
Boekeblad: ’n Opwindende nuwe stem
Schalk Schoombie resenseer Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel
Boekebald: Vroue-avontuur wat oortuig
JB Roux resenseer Stroomop deur Adeline Radloff
5 Julie
Profiel: Kalmer: ‘Die strooimeisie het die bruid geword’
7 Julie
Profiel/Hulde (Beeld): Cecile trap diep spore by koerante
9 Julie
Boekeblad: Vir die kinders se boekrak (bekendstelling van vyf kinderboeke)
- Raaisel in die Kaap van Storms
- Die geheim van toonkonfyt
- Kind vir Pan met die naam van Jan
- ’n Bobaas vlieënier ontsnap
- Krake in die Kaapse koepel
Boekevat-rubriek deur Abraham de Vries: Moedertaal en huis is nie enkelvoude nie
10 Julie
Nuus/Kuns: SA skrywers reageer op Ondaatje se Man Booker
16 Julie
Boekeblad: Die sterk rimpelings van “korreltjie klein”
Jean Meiring resenseer Ingrid Jonker: ’n Biografie deur Petrovna Metelerkamp
Boekeblad: Tone krul van lekker lees
Francois Bekker resenseer Liefde in die tyd van die internet deur Fransi Phillips
Boekeblad: ’n Kosbare versameling
Herman Lategan resenseer ’n Bek vol Strandveld deur Piet van As
23 Julie
Boekeblad: Konfrontasie met ’n nuwe manier van dink
Frederick Botha resenseer Tweespoor deur Helena Gunter
Boekeblad: Stemme uniek in misdaadroman
Clari Niemand resenseer Dowe gode deur Dibi Breytenbach
Boekeblad: Dinge wat ek nie van skape geweet het nie deur Jaco Jacobs
Boekeblad: Homo sapiens deur Erik Holm
Boekeblad:’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler
Boekeblad: Kort onderhoud met Beyers de Vos
25 Julie
Nuus: Jaap Steyn gehuldig vir 80ste verjaardag
Nuus/Boeke: Boek met (prettige) verhale oor Potchefstroom
26 Julie
Kunsblad: Olga Kirsch gehuldig in biografie
27 Julie
Nuus: Húlle wen ATKV-kinderboekpryse
28 Julie
Nuus/Kuns: Boekgesprekke uit boonste rakke op Aardklop
29 Julie
Nuus: Jongste ‘Ons Klyntji’ tref Oppikoppi
30 Julie
Boekeblad: Storie om te ruik, proe; in die mond rond te rol
Erika de Beer resenseer Dubbelspiraal deur André Jansen
Boekeblad: Briewe sleur behoorlik mee
Ihette Jacobs resenseer Waar rats die ribbok gaan deur Elsabe Steenberg (saamgestel deur Sarel Venter)
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Julie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
3 Julie
- Ys deur Rudie van Rensburg
- Patagonië deur Maya Fowler
- Steinhoff en die Stellenbosse boys deur James-Brent Styan
10 Julie
- Dinge wat ek nie van skape geweet het nie deur Jaco Jacobs
- Kraak deur Rouxnette Meiring
- Kate in harmonie deur Jacolet van den Berg
- Raaiselklip deur Troula Goosen
- Die legendariese Lua Verwey deur Dihanna Taute
17 Julie
- Dankie, Generaal deur Nico Moolman
- Dowe gode deur Dibi Breytenbach
- Die Lucky Strike deur Steve Hofmeyr
24 Julie
- An Elephant in my Kitchen deur Françoise Malby-Anthony
- ’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler
- Plunderwoestyn deur Christiaan Bakkes
Bibi se boekrak
In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.
Die volgende episodes is in Julie vrygestel:
5 Julie
Leandie du Randt Bosch vertel oor drie boeke wat haar die afgelope tyd beïndruk het.
12 Julie
Schalk Bezuidenhout praat oor sy boek Truitjie roer my nie.
19 Julie
26 Julie
Bibi en Loftus Marais beveel ’n paar pryswenners aan.
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:
Die keer toe ek my naam vergeet het deur FA Venter: ’n FMR-resensie
Danie Botha 2018-07-31 "FA Venter se Die keer toe ek my naam vergeet het is ’n uitstekende outobiografiese vertelling oor sy ervarings ná hy ’n beroerte beleef het." |
openbare domein deur Daniel Hugo: ’n resensie
Gunther Pakendorf 2018-07-30 "Dié balans tussen oop en toe, binne en buite, wat die leser na ’n plattelandse werf uitnooi en haar terselfdertyd ’n warm ontvangs in ’n gemoedelike binnekamer (en ’n proesel poësie) belowe, gee ’n visuele dimensie aan die bundel se beweging tussen naby en ver, die natuur en die mens, landskap en kuns ..." |
Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-07-30 "Dit is kommerwekkend om te weet hoe maklik feite verskans kan word agter ’n gloeiende verslag, hoe maklik die mens inkoop op iets wat op die oog af in orde lyk, en hoe aangewese die gewone mens is op kenners vir finansiële raad." |
Jong lesers: Jamie Johnson: Skills from Brazil deur Dan Freedman
Jodie Ramackers 2018-07-30 "Dit is vol humor en het hier en daar ’n paar sokkerfeite. Die tonele word pragtig beskryf, perfek om die leser se aandag te trek." |
Jong lesers: Gerook deur Eldridge Jason
Cassidy Alexander 2018-07-30 "As sy ma by is, is ouma Anna die vriendelikheid self. As hy egter alleen in ouma Anna se geselskap is, kry hy partykeer die indruk sy verdra hom net-net." |
Jong lesers: Die groot Klein Kaptein deur Paul Biegel
Ellard Rademeyer 2018-07-26 "Die boek is ’n bondel pret, avontuur en aksie. Jy wil dit net nooit neersit nie." |
Jong lesers: Charlotte’s web deur EB White
Qaailah Raani Hussain 2018-07-26 "Ek sou hierdie boek aanbeveel vir almal om te lees en vir altyd op hulle boekrakke te hou vir toekomstige generasies." |
Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-07-26 "Rand en sent is een van daardie praktiese boeke waarna mens weer en weer sal kan terugkeer vir praktiese raad oor finansiële sake, en oor wat mens moet doen om slaggate te vermy." |
Katelknaap deur Leon van Nierop: ’n resensie
Ilse de Korte 2018-07-25 "Katelknaap word vertel vanuit die perspektief van die manlike hoofkarakter, Tristan Hansen, en daar was nog nie so baie romans wat ek gelees het wat so fokus op die diepste gedagtes, vrese en onsekerhede van ’n man nie." |
Tweespoor deur Helena Gunter: ’n resensie
Riette Rust 2018-07-25 "Gunter se werk is toeganklik, maar daag die leser terselfdertyd uit. Dis ’n skop teen die kop wat jou dwing om anders kyk." |
Die rooikop en die redakteur en ander stories 1955–1959 deur André P Brink: ’n resensie
Izak de Vries 2018-07-24 "Die jonge, taamlik onskuldige André Brink het wel hierdie verhale om den brode geskryf, maar as jy sy oeuvre ken, sien jy alreeds vingeroefeninge van die persoon wat later ’n meesterskrywer sou word." |
Die besoeker deur Antje Damm: ’n resensie
Magdel Vorster 2018-07-20 "Miskien is Die besoeker dan nie ’n kinderboek uitsluitlik nie; miskien is dit ’n prenteboek wat deur almal gelees moet word. Miskien moet almal gereeld daaraan herinner word dat daar altyd meer as een perspektief is waarvoor uitgekyk moet word." |
Jong lesers: Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster
Abigail Tollig 2018-07-20 "Rassisme, selfbewustheid, tienerswangerskappe en die soeke na aanvaarding en innerlike vrede verander die vrolike melodie in ’n kreet wat tieners kan aanraak en inspireer om die regte ding te doen." |
Selma en Louise deur Susan Coetzer: ’n resensie
Nadia de Kock 2018-07-19 "Die roman is redelik lywig, maar lees maklik. Die skrywer is oor die algemeen op haar stukke en haar humorsin is heerlik. Daar is ook pragtige beelde in die boek." |
Jong lesers: Dance with a poor man’s daughter deur Pamela Jooste
Abigail Tollig 2018-07-18 "Jooste se vermoë om karakters te beskryf, nie deur lang beskrywings nie maar eerder deur hul dade en kenmerkende sêgoed, speel seker die kernrol om van haar boek ’n sukses te maak." |
Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk
Francois Bekker 2018-07-18 "Steve Hofmeyr beloon die Afrikaanse leser met ’n viriele leksikon om aksietonele onder woorde te bring en bewys daarmee waartoe dié taal in staat is." |
’n Onvoltooide tapisserie: fakkeldraer Vearey se Jeremy vannie Elsies
Heindrich Wyngaard 2018-07-18 "Straks dui dit ook, op ’n ander vlak, ’n núwe 'opwindende groeipunt' vir Afrikaanse letterkunde aan (om Elsa Joubert by te haal) en maak dít van fakkeldraer Veary – hierdie selfgedefinieerde en selfgeïdentifiseerde onvoltooide tapisserie – ’n belangrike bydraer tot die taak 'om die prent van ons hele gemeenskap te kan skrywe'." |
Wie gaan in 2019 regeer? deur Jan-Jan Joubert: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-07-17 "Hoewel dit nie ’n klinkklare antwoord bied op hoe die 2019 algemene verkiesing gaan uitspeel nie, bied dit soveel meer as ’n kristalbalvoorspelling. Dit kan inderdaad as ’n soort eerste konsepdokument van die toekomstige geskiedenisboeke gesien word." |
Patagonië deur Maya Fowler: ’n resensie
Louis Esterhuizen 2018-07-17 "Patagonië was inderdaad ’n besonder aangename en boeiende leeservaring wat my telkens verras het met die gemak waarmee daar naatloos tussen die historiese en eietydse gegewe beweeg word; ’n intelligente en sjarmante roman met ’n stewige dosis deernis en humor wat lesers nié teleur sal stel nie." |
LitNet Akademies-resensie-essay: As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss
Thys Human 2018-07-12 "As in die mond is ’n bundel waarvan die geheelbetekenis véél meer is as die som van die samestellende dele. Strauss benut die moontlikhede wat die skakeling van verhale haar bied, ten volle. Met haar beste verhale, soos 'Kleinood', 'In die skadu van eierwit I' en 'Donkey Kong', laat sy ’n mens se mond met verwondering oopval." |
The Odyssey of Homer: A Southern African Translation deur Richard Whitaker: ’n lesersindruk
Jo-Marie Claassen 2018-07-12 "Wat maak Whitaker se nuwe vertaling van die Odusseia in Engels en in versmaat dan iets besonders vir Suid-Afrikaners?" |
Stroomop deur Harald Pakendorf: ’n resensie
Martie Retief-Meiring 2018-07-11 "Pakendorf was vroeg in sy joernalistieke loopbaan bekend as stroomop. Hy kon in geen 'kamp' geplaas word nie — nuus, agtergrond en geen onderdanigheid aan ’n ideologie nie. Nóg links, nóg regs was sy stempel op die Afrikaanse joernalistiek: een van 'die nuus kom eerste'." |
Die spioen deur Paulo Coelho: ’n resensie
Elsibe Loubser 2018-07-11 "Die boek is oorspronklik in September 2016 uitgegee. Die Afrikaanse vertaling deur Kobus Geldenhuys is goed. Dit lees maklik en lekker." |
Skermutselings en skandale: Paul Kruger deur ander oë, 1890–1895 deur Heinie Heydenrych: ’n lesersindruk
Astrid Schwenke 2018-07-11 "By die lees van elke hoofstuk word die leser se verstomming al hoe groter. Skermutselings, skandale, korrupsie, nepotisme, omkopery en die aan die bande lê van die vryheid van spraak. Daar is niks nuuts onder die son nie ..." |
Redelike twyfel deur Chris Marnewick: ’n resensie
Gustaf Pienaar 2018-07-09 "Redelike twyfel se groot verdienste lê daarin dat ons met ’n hofdrama te doen kry wat in elke opsig geloofwaardig is ... Die ervaring van die skrywer, self ’n senior advokaat, is in dié opsig ’n reuse-aanwins." |
Jong lesers: Skwiek deur Jaco Jacobs
Danika Smit 2018-07-05 "Waar in die wêreld het jy al ooit gehoor van ’n hamster wat mense kan hipnotiseer? Kom ek vertel jou ’n bietjie meer." |
You have to be gay to know God deur Siya Khumalo: ’n resensie
Bettina Wyngaard 2018-07-05 "Ten spyte van wat die titel wil impliseer, is hierdie teks nie in die minste godslasterlik nie. Inteendeel, You have to be gay to know God is die naaste wat ek in ’n lang tyd aan ’n liefdesbrief vir God gekom het." |
Gifbeker deur Irna van Zyl: ’n resensie
Nadine Petrick 2018-07-05 "Kos, restaurante, kosbloggers, kostoekennings en mense se persoonlike smake en afkeure word ingespan om, soos die treflyn dit stel, die tafel te dek vir ’n paar interessante moorde in die Hemel-en-Aarde-vallei." |
Vroue van die Bybel 2 deur Esté Geldenhuys: ’n resensie
Helene de Kock 2018-07-05 "Nóg ’n boek met die klem op vrouwees? Ja, maar nie heeltemal eksklusief nie. Hierdie ontginning van die lewe van sekere Bybelse figure is wel hoofsaaklik op vroue gemik maar álle gelowiges kan hieruit put." |
Katrienkie – van hawegirl tot lady deur Cara Blake: ’n resensie
Olivia M Coetzee 2018-07-03 "Vi amal is die healing proeses ’n different ene. But wat Katrienkie vi my gebring het is daai leiding om te sien en te wiet dat ek issie allien in my strugglie. Sy het vi my kô sê sy wiet wat dit is om uit mens se liggaam uit te klim ennit net daa te los waa dit see gekry het." |
Ingrid Jonker – ’n biografie by Petrovna Metelerkamp: a review
Karin Schimke 2018-07-03 "Metelerkamp is careful not to turn her biography into an abject lesson on the ravages of a patriarchal society on individual lives. She steers through her complex subject with a careful and steady rudder – a class journalistic act." |
Jong lesers: Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute
Karla Sandrock 2018-07-02 "Hierdie boek is anders as ander boeke, want baie boeke vir meisies gaan oor meisies wat van pienk, prinsesse, feetjies en grimering hou. Hierdie verhaal is die teenoorgestelde daarvan." |
Net die oortjies van die seekoei: ’n onderhoud met Kobus Galloway
Naomi Meyer, Kobus Galloway 2018-07-27 "Twintig jaar gelede moes ons idiome van ’n lang lys af leer; dit was baie om te onthou en vervelig om te leer. Met my nuwe boeke kan mens na ’n kleurryke illustrasie van ’n idioom kyk." |
Video: Steinhoff en die Stellenbosse Boys word bekendgestel
Naomi Bruwer, Izak de Vries 2018-07-26 James-Brent Styan se Steinhoff en die Stellenbosse Boys is Donderdag 19 Julie in die Hofmeyrsaal op Stellenbosch bekendgestel. Jan-Jan Joubert het met hom gesels. |
Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n onderhoud
Naomi Meyer, Suzaan Steyn 2018-07-26 "Jy kan maar sê jy't jou eie finansiële adviseur op jou boekrak." |
Video: Die Afrikaners word bekendgestel
Naomi Bruwer 2018-07-04 Hermann Giliomee se Die Afrikaners, die verkorte en bygewerkte weergawe van Die Afrikaners: ’n biografie, is Donderdag 28 Junie in die Drostdy-teater op Stellenbosch bekendgestel. Albert Grundlingh het met hom gesels. |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 Julie
8 Julie
Resensie: Jean Meiring resenseer Die Lucky Strike deur Steve Hofmeyr
Artikel: “Kan ‘Christelike boeke’ versoening bring?” deur Frits Gaum
15 Julie
Onderhoud: Fransi Phillips gesels met Johan van Zyl oor Liefde in die tyd van die internet
Nuut op die rak: Ses nuwe boeke ter herdenking van Nelson Mandela se 100ste verjaardag
22 Julie
Resensie: Jaco Barnard-Naudé resenseer Bloedbande: ’n Donker tuiskoms deur Wilhelm Verwoerd
Resensie: Nellie Brand-Jonker resenseer Steinhoff en die Stellenbosse boys deur James-Brent Styan
Resensie: Louise Viljoen resenseer Patagonië deur Maya Fowler
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel
29 Julie
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Liefde in die tyd van die internet deur Fransi Phillips
Nuusbrok: Die Woordfees se kortverhaalwedstryd
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Julie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
3 Julie
Speelmaats-reeks deur Rosie Greening
Die opwindende Speelmaats-reeks bestaan nie net uit oulike stories en pragtige illustrasies waaroor kinders mal sal wees nie, maar dit is ook opvoedkundig van aard sonder om prekerig voor te kom, meen Louise Viljoen.
12 Julie
Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan
Dié sake-exposé van die jaar lees soos ’n boeiende riller, skryf Louise Viljoen.
19 Julie
Kill the Boer deur Ernst Roets
Wanneer die gevaarlikste beroep in Suid-Afrika nie dié van ’n polisielid of brandweerman is nie, moet jy besef dat iets fout is. Wanneer die gevaarlikste beroep dié is van ’n persoon wat voedselsekerheid bevorder en werk skep, moet jy weet dat alles nie pluis is nie, skryf James Kemp in sy resensie.
24 Julie
Helde van Suid-Afrika 1 deur Wendy Maartens
Die boek handel oor ses van die heel dapperste Suid-Afrikaanse helde. Lees Louise Viljoen se resensie.
31 Julie
Hoe om ’n haas te vang deur Claire Freedman
Louise Viljoen beveel die topverkoperskrywer Claire Freedman se skreeusnaakse boek, Hoe om ʼn haas te vang, aan vir oud en jonk al word dit verkoop as kleuterfiksie vir kinders drie jaar en ouer. Lees die resensie.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 4 Julie
Die skrywers van twee uiteenlopende boeke oor die Dorslandtrek gesels met mekaar. Nicol Stassen, skrywer van ’n omvattende nie-fiksie boek oor die trek, gesels met Marinda van Zyl, skrywer van die roman Dors. Corneli van den Berg, organiseerder van die boekprogram van die Vrystaat Kunstefees, vertel waarna lesers kan uitsien by die fees wat van 9 tot 14 Julie plaasvind. In sy gereelde insetsel oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor James Joyce se Ulysses.
Woensdag 18 Julie
Ilse Salzwedel het by die onlangse Vrystaatse Kunstefees gesels met verskeie skrywers oor nuwe boeke. Kom vind meer uit oor Dankie, Generaal deur Nico Moolman, Die Anglo-Boereoorlog in 100 objekte saamgestel deur die personeel van die Boereoorlogmuseum en Bloed, dunner as water deur Charné Kemp. Daar is ook ’n bydrae oor NALN, die letterkundemuseum in Bloemfontein. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor ’n boekhotel in Portugal en die wenner van die Goue Manbooker-toekenning.
Woensdag 25 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Sarel en Elizabeth Venter oor Waar rats die ribbok gaan, ’n bundel met briewe wat Elsabe Steenberg aan Elizabeth geskryf het. Ilse Salzwedel het Dibi Breytenbach uitgevra oor Dowe gode, haar jongste misdaadroman. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy luister na ’n uittreksel uit ’n onderhoud met Stav Sherez, wie se roman The Intrusions, onlangs bekroon is.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 3 Julie
Juanita Swanepoel lees verse uit Wilma Stockenström se bundel Hierdie mens.
Dinsdag 10 Julie
Ons luister na ’n keur van Margot Luyt se gunsteling gedigte.
Dinsdag 17 Julie
Johann Nel lees ligte verse uit vervloë se dae.
Dinsdag 24 Julie
Petru Wessels lees verse van Suid-Afrika se ouer vrouedigters.
Dinsdag 31 Julie
Daniel Hugo lees verse van Jaap Steyn, wat sy 80ste verjaardag in 2018 vier.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Julie het Hambidge die volgende resensie vir Fine Music Radio gelewer:
Remnants Restante Reste deur Annette Snyckers
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Julie die volgende resensies en rubrieke gelewer:
7 Julie
Kies ’n boek: ’n Bespreking van Stroomop deur Harald Pakendorf
14 Julie
Kies ’n boek: ’n Bespreking van Ingrid Jonker: ’n Biografie deur Petrovna Metelerkamp
22 Julie
29 Julie
Kies ’n boek: ’n Bespreking van Sondag deur Irma Venter en Die spioen deur Paulo Coelho
Voertaal
Die volgende Afrikaanse resensie het in Julie op Voertaal verskyn:
Historiese roman oor Dorslandtrekkers raak aan ’n dieper dors
Alta Cloete 2018-07-04 "Eindelik word Dors veel meer as ’n boek oor die ervarings van ’n groepie pioniers. Dit word ’n verkenning van die ander dors, die dieper dors wat elke mens tot ’n mate in hom of haar saamdra." |