Video: Die Afrikaners word bekendgestel

  • 13

Hermann Giliomee se Die Afrikaners, die verkorte en bygewerkte weergawe van Die Afrikaners: 'n biografie, is Donderdag 28 Junie in die Drostdy-teater op Stellenbosch bekendgestel. Albert Grundlingh het met hom gesels.

Die boek is in samehang met die 26-episode kykNET-reeks Die Afrikaners in beeld gepubliseer. 

Die Afrikaners
Herman Giliomee

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624071075

Opsomming

Hermann Giliomee, top-historikus, is die aanbieder van die 26-episode kykNET-reeks Die Afrikaners in beeld, in samehang waarmee dié boek gepubliseer word.

Hy het talle toekennings ontvang vir die oorspronklike boek waarop die reeks gebaseer is, die topverkoper The Afrikaners, en word gesien as die wêreldkenner van dié onderwerp.

Hierdie uitgawe van Die Afrikaners bied die kern van die langer akademiese werk in leesbare Afrikaans aan vir ’n moderne leserskap. Talle omstrede aspekte van Suid-Afrika se verlede en die rol daarin van die groep mense wat mettertyd na hulself as "Afrikaners" sou verwys word in kleur en geur in storievorm vertel, sodat lesers met ’n vars, soms uitdagende perspektief op ons verlede gelaat word.

Lees ook

Hermann Giliomee speaks about his latest book, Die Afrikaners

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die Afrikaners deur Herman Giliomee

Die Afrikaners: ’n onderhoud met Hermann Giliomee oor die boek en die kykNET-reeks

 

  • 13

Kommentaar

  • Avatar
    Harrie Heslinga

    Is DVDs van die kykNET-reeks te koop ? Indien nie, oorweeg dit sterk asb. Vir ons nageslagte.

    Groete

  • Die Afrikaners is 'n absolute uitstekende reeks! Dit sou werklik meer spesiaal kan wees as die reeks in skole vertoon sou kon word. Elke Suid-Afrikaner behoort hierdie reeks te kyk. Nie alleen sal mense ’n beter insig kry omtrent die pad wat ons land geloop het nie, maar ook verstaan dat invloede van buite ons grense ’n groot bydrae gelewer het ten opsigte van besluite wat op politieke vlak geneem is.
    Wat sou die moontlikheid wees om hierdie reeks ook in Engels te kon kyk? En ook miskien insetsels te kry van nie-Afrikaners; geskiedkundiges; wat hul kennis en insig met die wêreld kan deel.
    Wanneer persone nie die werklike agtergrondgeskiedenis ken nie, is dit maklik om te veroordeel.

  • Hi het julle die 26 uitgawes soos verskyn op TV nie op n cd nie? Ek is ’n Geskiedenis-onderwyseres en sal dit graag wil koop om dit saam met my lesse aan te bied in die klas. Ek kyk die program op tv en vind dit regtig baie leersaam en vir die kind wat moeilik lees, is die storie en inhoud makliker om te onthou as ek die feite verduidelik, of kan ek dit iewers op internet kry? Enige hulp asseblief.

  • Wat is die moontlikheid om die reeks aan te koop. My man het sekere episodes gemis. Waar gaan dit weer uitgesaai word en wanneer?

  • Avatar
    Carin Steenkamp

    My pa wil ook graag die DVD koop en so ook 'n paar ander mense in die aftreeoord. Gaan dit uitgegee word, of kan mens dit by DSTV koop ?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top