Jong lesers: Jamie Johnson: Skills from Brazil deur Dan Freedman

  • 0

Jamie Johnson: Skills from Brazil
Dan Freedman

Uitgewer: Scholastic Press
ISBN:  9781407147895

Jamie Johnson: Skills from Brazil is ’n briljante boek vir sokkerliefhebbers. Dis die eerste boek in die Jamie Johnson-reeks. Dit is vol humor en het hier en daar ’n paar sokkerfeite. Die tonele word pragtig beskryf, perfek om die leser se aandag te trek.

Jamie is ’n gewone skoolseun van buite af; maar binne klop sy hart vir sokker. Sy onderwyser, mnr Pratley, verneder hom gereeld voor die hele klas. Sy gunsteling-sêding is dat Jamie nooit ’n professionele sokkerspeler sal word nie. Terloops, Jamie is regtig die beste sokkerspeler in die skool!

Hy en sy vriendin, Jacqueline, of Jack, soos al haar vriende haar noem, bied sonder ophou pret en plesier vir die leser. Jamie word beskryf as “foghuino”, wat beteken “little fire” in Brasiliaans. Hulle bedoel dat hy vlamme in sy voete en helderrooi hare het. En moenie van sy vlammende humeur vergeet nie!

Aan die einde van elke jaar speel die gr 6’e ’n wedstryd teen die onderwysers. Die leerders het nog nooit teen die onderwysers gewen nie. Hierdie jaar kan Jamie deelneem, en verwag om as kaptein van die leerders se span gekies te word. Maar binne ’n paar dae kom daar slegte nuus. ’n Nuwe seun kom na hulle skool toe en hy is van Brasilië, die land wat die meeste sokker ter wêreld speel! Jamie wonder of die nuwe kind sy plek sal vat.

Die nuwe kind is nie wat hulle verwag nie. Op die ou einde kry Jamie ’n een-maal-in-’n-leeftyd-geleentheid om Brasilië toe te gaan. Daar kan hy baie nuwe vaardighede leer, maar sal hy dit binne ’n week kan doen? Kan hy ’n briljante nuwe truuk leer om die onderwysers in die wedstryd te verstom? Lees die boek en vind uit!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top