Gerook
Eldridge Jason
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799362145
Die roman Gerook waarsku oor die gevare van dwelms. Cobie, die hoofkarakter, het maande lank uitgesien na die Desembervakansie, maar word na sy ouma (Anna) op Vaalberg gestuur. Om ’n paar weke by sy ouma aan die Weskus te gaan bly, was beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Hy sit dan verveeld op sy ouma se stoep terwyl sy ouers iewers vakansie hou. Hy is nie eens seker waarheen sy ouers is nie, maar het die boodskap duidelik verstaan dat hy nie welkom is om saam te gaan nie. Sy protes word met meer as genoeg geld gestil en hy moes maar sy mond hou.
Vaalberg is ’n vervelige plek en ’n dooie plek. Cobie dink die persoon wat die dorp sy naam gegee het, bedoel die plek is vaal en vervelig. Die probleem is nie net Vaalberg nie, dis ouma Anna ook! Hy kon nog nooit met haar oor die weg kom nie. Dit maak nie saak hoe hard hy oor die jare probeer het om dinge tussen hulle reg te maak nie, in sy ouma se oë kon hy nou eenmaal niks reg doen nie. As sy ma by is, is ouma Anna die vriendelikheid self. As hy egter alleen in ouma Anna se geselskap is, kry hy partykeer die indruk sy verdra hom net-net.
Die een ding waaroor hy darem nie kan kla nie, is die lekker brekfis waarmee Sêra, ouma Anna se regterhand, hom elke oggend bederf. Cobie sweer Sêra smaak hom, want sy gee hom lang kyke. Sy gee hom meer as genoeg kos en sy is altyd senuweeagtig as hy in die omtes is. Vir hom is Sêra nie juis iets vir die oog nie. Hy dink sy is ’n dakskroef.
Cobie begin dan sigarette rook en wil nie hê enigiemand moet uitvind nie, veral nie ouma Anna nie.
In Vaalberg raak Cobie bewus van “Vaak apies”. Dit is tikmonsters wat vir dae nie slaap nie. Hulle breek snags in. Cobie wou nog altyd weet wie Lady Zee is wat hom op Mxit kontak. Cobie het later dan sy gevoelens vir haar gekry. Later het Cobie begin drink en dwelms begin gebruik.
Kritiek
Daar word te veel voorbeelde gegee van die genot wat dwelms bied vir jongmense. Dit mag kinders aanhits om dwelms te wil gebruik. Ek vind die “gelukkige” einde ’n bietjie ongeloofwaardig. Dit sou beter gewerk het as Cobie op die einde aan dwelms gesterf het. Dit sou kinders laat sien het dat dwelms gevaarlik is.