Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 September
Kunsblad: Nataniël tik 1ste roman ‘met 1 vinger’
Onderhoud met Nataniël oor sy eerste roman.
Kunsblad: Debuutskrywer gooi es met ’n Zola in sy misdaadroman
Onderhoud met die diger Johan Jack Smith oor sy prosadebuut
Boekeblad: Nes van misdadigheid oor grense oopgekrap
Francois Bekker resenseer Vloek deur Rudie van Rensburg
Boekeblad: Storie binne-in storie boei
Clari Niemand resenseer Dooiegety deur Bets Smith
3 September
Kunsblad: Kyk wie is (weer) op Bookerkortlys
Benoemings van dié gesogte letterkundeprys
6 September
Kunsblad: Hulle wen ATKV-Woordveertjies
Die wenners van die ATKV-Woordveertjies is bekend gemaak.
7 September
Kunsblad: Breyten se 80ste gevier op fees op Wellington
Voorafberig oor die Tuin van Digters in Wellington
8 September
Kunsblad: Miché: Nou biologiese ouers se tyd om uit te reik
Gesprek met Miché Solomon, alombekend as Zephany Nurse, by die Open Book-fees
9 September
Kunsblad: Lapa se nuwe kortverhaalboek wil nie super-Afrikaans wees
Lapa se kortverhaalboek vir leerlinge wat Afrikaans as derde of vierde taal praat
Boekeblad: Verse versteen die argeologie van vrees
Daniel Hugo resenseer Kryt deur Hennie Nortjé
Boekeblad: Om jou plek in die heelal te vind
Moryn Hanzen resenseer Z-A-K: Die blou planeet deur Theresa van Baalen
Boekeblad: Boek om jonges weer aan’t lees te kry
Willem Fransman jr. resenseer Puntemasjien deur Christo Meyer
Boekeblad: Lieflike, liriese Bildungsroman vang troebel tydsgees vas
Jonathan Amid resenseer Halley se komeet deur Hannes Barnard
10 September
Kunsblad: Loots se 2de roman snoer talle verhale saam
Debbie Loots praat oor haar tweede roman
11 September
Kunsblad: Dié boek gaan oor meer as net seks
Onderhoud met Erla Diedericks oor haar boek Seks, leuens en die internet
12 September
Kunsblad: Op die spoor van Breyten se woordklippies
Talle mense praat oor die digter Breyten Breytenbach
14 September
Kunsblad: Kostelike konyn kry weer lewe
Die wenner van die MER-prys vir illustrasies
Kunsblad: Debute blink uit by kykNETRapportpryse
Wenners van die kykNETRapportpryse
15 September
Kunsblad: Breyten se rooibors-liefdesverse goël opnuut met drome
16 September
Kunsblad: Tannie Maria in haar vellies is terug
Onderhoud met die skrywer Sally Andrew
Boekeblad: Dis g’n gewone storie dié
Gert van der Westhuizen resenseer Doodslied vir Duitsland deur Philip Kerr
Boekevat-rubriek (Jo Prins): Hoe om ’n goeie boek uitmuntend te maak
Jo Prins deel sy wenke oor hoe om 'n uitmuntende boek te skryf.
17 September
Kunsblad: SA celebs dra by tot lieflike kinderboek
Berig oor bekendes se verhale in een boek saamgestel
23 September
Boekeblad: Onthutsende debuut verras
Francois Bekker resenseer Klikbek deur Sidney Gilroy
Boekeblad: Subtiele, boeiende verhaal
J.B. Roux resenseer Die wolkversamelaars deur Nadia de Kock
Boekevat-rubriek (Jo Prins): Teenvoeter is onverbiddelik skeppend wees
24 September
Kunsblad: Boek bekyk Eoan-groep se operageskiedenis
25 September
Kunsblad: Antoinette Louw skryf 1ste kinderboek
Onderhoud met Antoinette Louw oor haar eerste kinderboek
27 September
Berig: Adam Small in Brussel gehuldig
30 September
Boekeblad: Snyman se verhale graansilo’s op aandag
Koos Kombuis resenseer Soekmekaar deur Dana Snyman
Boekeblad: Wanneer jou suster ’n mak krokodil is
Johannes Meyer resenseer Grilgrypers 5: Die groen watergraf deur De Wet Hugo
Boekeblad: Storie vir kinders smeul behoorlik
J.B. Roux resenseer Brand deur Fanie Viljoen
Boekeblad: ’n Outentieke stem sonder fieterjasies en versierings
Herman Lategan resenseer Tronkhond deur China Mouton
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in September die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
3 September
- ’n Goeie jaar vir rose deur Santie van der Merwe
- Sushi en Shosholoza deur Erns Grundling
- Die Claude-reeks deur Alex T. Smith (Vertaler: Jaco Jacobs)
- Towerponie en die reënboogbollie deur Emma Adams (Vertaler: Nandi Lessing-Venter)
10 September
-
- Uit die hart van ’n vrou deur Rozaan de Wet
- Papierblomme deur Helena Hugo
- Vegters deur Lucia Prinsloo
17 September
- Soekmekaar deur Dana Snyman
- Karlien kan nie kook nie! deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman
- Kyk na my deur Nataniël
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:
Book review: The echo of a noise: A memoir of then and now by Pieter-Dirk Uys
Die vrou van die klippesee deur Meg Vandermerwe, vertaal deur Kirby van der Merwe
Boekresensie: Ek kom terug deur Adriaan van Dis (vertaal deur Daniel Hugo)
Resensie: Melk en vleis en Bloed en bodem dur Marina Albertyn
Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks: ’n resensie
Book review: Verwoerd: My journey through family betrayals by Wilhelm Verwoerd
’n Leser se indrukke van The Rise & Demise of the Afrikaners deur Hermann Giliomee
Die boek van gelukkige eindes: ’n onderhoud met Debbie Loots
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Eben Venter
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Riana Scheepers
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Valda Jansen
Video: Bekendstelling van Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach
Skrywersonderhoud: Carla van der Spuy oor Liefde agter tralies
Rapport
Die volgende resensies het gedurende September in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 September
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Zola deur Johan Jack Smith
Nuut op die rak: “’n Golf van gedigte”
- Kryt deur Hennie Nortjé
- I Wish I’d Said… Vol. 2 saamgestel deur Johann de Lange en Mandla Maphumulo
- Vandag is boordensvol deur Pablo Neruda, vertaal deur De Waal Venter
- Die trouservies deur Benno Barnard, vertaal deur Daniel Hugo
- Chrisalis deur Christo van der Westhuizen
8 September
Resensie: Jonathan Amid bespreek Vloek deur Rudie van Rensburg
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Halley se komeet deur Hannes Barnard
Nuut op die rak: “’n Vloedgolf niefiksie”
- The Bosasa Billions: How the ANC sold its soul for braaipacks, booze and bags of cash deur James-Brent Styan
- After Dawn: Hope After State Capture deur Mcebisi Jonas
- Black Tax: Burden or Ubuntu? saamgestel deur Niq Mhlongo
- The Night Trains deur Charles van Onselen
- One Day in Bethlehem deur Jonny Steinberg
- South Africa’s Survival Guide to Climate Change saamgestel deur Sipho Kings en Sarah Wild
- Against All Odds: The Epic Story of the Oceanos Rescue deur Andrew Pike
- Sushi en Shosholoza: Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan deur Erns Grundling
- My African Conquest: Cape to Cairo at 80 deur Julia Albu
Resensie: “Sprokies net waar jy kyk” – Magdel Vorster resenseer kinderboeke:
- Bennie Boekwurm se mooiste sprokies deur Louise Smit
- My Storiekis deur Leon Rousseau
- Jan breek die boontjierank, Aspoestertjie se balletskoene, Sneeuwitjie, die sokkerster en Word wakker, Doringrosie! deur Sue Nicholson (Vertaler: Kobus Geldenhuys)
15 September
Nuusberig: kykNET-Rapportboekpryse
Nuusberig: Wenners van resensiepryse
V&A met fiksiewenner: Andries Buys/Lodewyk G. du Plessis
V&A met niefiksiewenner: Jeremy Vearey
V&A met filmwenner: Chase Rhys
V&A met Jan Rabie-Rapportpryswenner: Charl-Pierre Naudé
22 September
Resensie: Bibi Slippers oor The Testaments deur Margaret Atwood
29 September
Resensie: Jonathan Amid oor Klikbek deur Sidney Gilroy
Resensie: Kay Karriem resenseer Living Coloured deur Yusuf Daniels
Resensie: Juliana Coetzer resenseer Noorman deur S.D. Fourie
Resensie: Karin Eloff bespreek Seks, liefde en die internet deur Erla-Mari Diedericks
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende September op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
3 September
Die kind uit die wingerd deur Helene de Kock
Ek het heerlik aan hierdie blitsblaaier van ’n historiese liefdesverhaal gelees en beveel dit sonder skroom aan.
10 September
Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit
Al gaan die storie oor verlies en die rimpeleffek daarvan, is dit nie ’n swaar stuk leeswerk nie. Daar is ook vrolikheid.
18 September
Christelike leesstof vir selfverryking
Die mens is meesterlik aanmekaargesit – liggaam, siel en gees. Die heel beste jy is ʼn alles-in-een-handleiding wat ʼn mens inspireer om die heel beste jy te word en Jy is kosbaar is ʼn Bybelstudie waarin jy in ses weke ontdek hoe om vry van skaamte te leef en jou selfvertroue in Christus te vind.
23 September
Zola deur Johan Jack Smith
Johan Jack Smith se debuut, Zola, is ʼn aanduiding van dié soort roman wat meer is as (meesleurende) misdaadfiksie: Dit is ook ʼn verhaal van Johannesburg, kompleet met feitelike geografiese, maatskaplike en historiese bagasie.
27 September
Webslim: Hoe om aanlyn veilig te bly deur Ben Hubbard
Hierdie broodnodige gids vir die lewe aanlyn is geskik vir kinders nege jaar en ouer. Saam met die oulike karakters, Anzil en Chris, ontdek kinders die wonders van die internet en leer hulle ook oor die gevare daarvan.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan hier afgelaai word.
Woensdag 4 September
Ilse Salzwedel gesels met Nadia de Kock oor haar roman Die Wolkversamelaars. Francois Lötter vertel van die Tuin van Digters wat op 13 en 14 September by die Breytenbachsentrum in Wellington plaasvind, en Johan Myburg gesels onder meer oor die pas afgelope Edinburgh-boekefees.
Ilse Salzwedel gesels met Andries Buys, skrywer van die veelbekroonde boek Die dao van Daan van der Walt. Dit is verlede week aangewys as die wenner van die gesogte ATKV-Prosaprys. Hulle gesels oor die boek se ontstaan, en hoekom hy besluit het om dit onder 'n skuilnaam te publiseer. Die boek is reeds voorheen met drie literêre pryse bekroon.
Woensdag 18 September
Luister na ’n argiefonderhoud met wyle prof. Ampie Muller. Die ATKV Woordveertjiewenners word aangekondig, en Ilse gesels met twee wenners. Ons hoor ook wie die wenners is van die KykNET/Rapport-boekpryse. En Johan Myburg gesels onder meer oor die kortlys van die Bookerprys.
Woensdag 25 September
Calvyn van Niekerk gesels met Ilse Salzwedel oor sy nuwe roman, Die man van Quatro. Jy kan ook hoor hoe verander die Du Toitskloof Mobiele Biblioteek die lewe van plaaswerkers en hulle kinders. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en jy kan luister na 'n kort onderhoud met die Britse skrywer Zadie Smith.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan hier afgelaai word.
Dinsdag 3 September
Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit die nuwe bundel wat hy vertaal het, Die trouservies deur Benno Barnard, 'n Nederlandse skrywer van 'n veelsydige oeuvre wat poësie, prosa, essays, toneeltekste en vertalings insluit. Die digter se tegniese vernuf is klinkklaar, en Hugo se teksgetroue en soepel vertaling is merkwaardig.
Dinsdag 10 September
Corné Coetzee se debuutbundel, wat in 2017 uitgegee is en in dieselfde jaar benoem is vir die Ingrid Jonker-prys, bevat verskeie temas, maar is veral deurspek met voorbeelde van die vrou se ervaringswêreld – hetsy haar daaglikse taakverrigting in en om die huis, haar rol as dogter, as moederlike figuur of as geliefde. Sy put uit die eietydse, veeldimensionele wêreld om haar, die groei en verbrokkeling, en vreugde en pyn van verhoudings, die aarde en die hier-en-nou soos gesetel in die gang van lewe en dood. Juanita Swanepoel lees die gedigte voor.
Dinsdag 17 September
Ons vier Breyten Breytenbach se 80ste verjaardag. Digter, skrywer, denker, skilder, akademikus en letterkundige, dramaturg, wêreldburger, aktivis, vryheidsvegter, uitgewekene, ingeperkte, BB Lasarus, Janblom, Jan Afrika, en soos 'n artikel in die New Yorker in November 1993 se opskrif lui: "An Afrikaner Dante". Die program is gevul met van sy mooiste verse wat Dawid Minnaar voorlees, en daar is toonsettings van sy gedigte.
Dinsdag 24 September
Luister na gedigte oor die hart, in die gees van Wêreld Hartdag wat hierdie week gevier word. Waldemar Schultz lees verse van Breyten Breytenbach, Rosa Keet, Abraham Fouché, Theunis Engelbrecht, Joan Hambidge, Gilbert Gibson, I.L. de Villiers en Fanie Olivier.
Woorde wat weeg
Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied.
In September het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
Die wolkversamelaars deur Nadia de Kock
In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
In September is die volgende resensies en onderhoude geplaas:
4 September
Dewald Koen resenseer Vlug van die gees deur Cas Vos
18 September
24 September
Nini Bennett resenseer Voorspraak deur Hendrik J. Botha
30 September
Gisela Ullyatt resenseer Kryt deur Hennie Nortjé
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende September die volgende resensies en rubrieke gelewer:
7 September
Kies ’n boek: Jan Smuts: Van boerseun tot wêreldverhoog
14 September
Kies ’n boek: Die vrou van die Klippesee en Lessons from the Frogs I’ve Kissed
21 September
Kies ’n boek: Die lang man sonder skaduwee deur Antoinette Pienaar
28 September