Twyfelaars wat glo: 'n onderhoud met Chris van der Merwe

“Twyfel is menslik; maar ek dink geloof is ook menslik. Soos Augustinus gesê het, daar is ʼn verlange in die menslike psige wat alleen deur God gestil kan word. Twyfel sonder geloof en geloof sonder twyfel is albei vir my onwenslik.”