Ons weet nie wat ons doen nie

  • 2

https://pixabay.com/photos/hear-no-evil-speak-no-evil-4437031/

Terwyl die gordyn sak oor ons Hollywood-verteenwoordiger se “lawwe” siening oor Afrikaans, het ons ironies genoeg ’n goue geleentheid gemis: om die waarheid daarin raak te sien.

Talle skrywers het die onderwerp al aangeraak: hoe Afrikaans in die volgende eeu sal uitsterf. Nie omdat mense dit nie meer wil praat nie, en veral nie omdat daar nie genoeg liefde vir die taal is nie, maar as gevolg van die regering se venyn teenoor haar sprekers en die feit dat universiteitsbestuur meer besorgd is oor hul pensioenuitbetalings as om Afrikaans as akademiese taal te beskerm én uit te bou. En ons weet: sonder hierdie akademiese onderbou kan ’n taal nie oor die langtermyn oorleef nie, soos die agteruitgang van tale soos Fries en Jiddisj (wat 8 dekades gelede nog 11 miljoen sprekers gehad het en tans net 600 000 oor het) ons geleer het.

.............
En ons weet: sonder hierdie akademiese onderbou kan ’n taal nie oor die langtermyn oorleef nie, soos die agteruitgang van tale soos Fries en Jiddisj (wat 8 dekades gelede nog 11 miljoen sprekers gehad het en tans net 600 000 oor het) ons geleer het.
.............

Die meeste mense wat bogenoemde uitwys word uit verskeie oorde gekritiseer, veral die linkse akademiese bende wat enigeen wat durf skryf oor die onderdrukking van Afrikaans, as verraaier en doemprofeet uitkryt. Maar die breë Afrikaanse gemeenskap is nie onskuldig nie – hulle staan eenkant, mond gesnoer, en reserveer hierdie waarnemings slegs vir braaivleisvuurgesprekke.

Intussen het Afrikaans op tersiêre vlak so verwater dat nie net die Universiteit Stellenbosch nie, maar selfs die Noordwes-Universiteit (NWU), waar “meertaligheid” veronderstel is om te seëvier, sommige studierigtings nou slegs in Engels aanbied. Dis afgesien van al die ander universiteite se absolute verengelsing.

Teen die agtergrond van die voorgestelde BELA-wet, waar ouers nie meer ’n sê sal hê oor die onderrigtaal van hul kinders nie, word die aanslag verskerp deur skole te teiken. Dit word onderstreep deur dalende Afrikaanse skole en eerstetaalleerders.

...........
Teen die agtergrond van die voorgestelde BELA-wet, waar ouers nie meer ’n sê sal hê oor die onderrigtaal van hul kinders nie, word die aanslag verskerp deur skole te teiken. Dit word onderstreep deur dalende Afrikaanse skole en eerstetaalleerders.
..............

Dis onmiskenbaar: Afrikaans is met haar rug teen die muur. En haar sprekers kyk toe en swyg. Eerder as om daadwerklik op te tree en druk op universiteitsbestuur te plaas en hand en tand teen die BELA-wetsontwerp te baklei, verkneukel hulle hul eerder in oppervlakkige geselsies oor Hollywood-sterre se spookasemkommentaar. Dieselfde mense wat Charlize kritiseer en kasty, is ook diegene wat geen geluid maak oor die aanstootlike en misplaaste bevindinge van die Khampepe-verslag nie.

Intussen het ons Afrikaanse akademiese leiers so behep met rasgedrewe retoriek geword (dink maar aan die Stellenbosse prof wat wit studente met honde vergelyk) dat ’n goue geleentheid om die diversiteit van Afrikaans op tersiêre vlak te bevorder in die slag bly. In die proses laat ons nie net die Afrikaanse kind in Polokwane en Pretoria in die steek nie, maar veral die kind in Pniel en Pella.

En waar daar dalk nog ’n bietjie salf te smeer is deur die Afrikaanse media en skrywers, skarrel die meeste van hulle rond soos waansinniges, waarskynlik as gevolg van onderlinge woke-ideologie. Kyk net hoe Max du Preez koorsagtig smeek dat besighede Vrye Weekblad van finansiële ondergang red, maar terselfdertyd aanvoer dat Stellenbosch moet verengels.

Ons weet eenvoudig nie wat ons doen nie.

Vergewe my daarom as ek vir ou Charlize in die bresse tree. Al is haar tydsberekening uit, wys sy ten minste die vanselfsprekende uit: die keiser ís kaal, al lag hy almal om hom uit.

Lees ook:

Oor Charlize: Afrikaners is plesierig, of is hulle?

Meer as vier-en-veertig, Charlize

Eeufeesviering van Departement Afrikaans en Nederlands, US: Kanselier Edwin Cameron se toespraak

Race and Transformation in Higher Education Conference raises crucial themes in pursuit of Stellenbosch University’s transformation journey

We cannot go back: my reactions to the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University

The ambiguity of the name Luckhoff: my thoughts at the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University

Universiteitseminaar: Yale onttrek van ’n ranglys

Hoop in die donker: ’n onderhoud met André van der Merwe

Pandemic tales: Making an educational life in a Stellenbosch University residence during the COVID-19 pandemic

Internasionale konferensie: Slow intimacy (Langsame intimiteit)

Some notes from the workshop on "slow violence"

Universiteitseminaar: Die US, rassisme en die toekoms

Universiteitseminaar: Jan Heunis SC beskou die Khampepe-verslag

Aan wie behoort die woorde?

Reclaiming Multilingualism

Monolingualism, not Afrikaans, must fall

Om te twyfel

Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok

Konstitusionele Hof, Gelyke Kanse en Universiteit Stellenbosch

Gelyke Kanse-inisiatief bou momentum: Breyten Breytenbach rig ope brief aan US-rektor

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom

US-taaldebat 2021: Die oortjies van die seekoei

Wat verdedig ons? Die Afrikaanse kampus as fabriek

Stellenbosch language debate: Speech by David Jantjies at the DAK meeting with the SAHRC

Is Afrikaans aan die US ’n spyker ryker in haar doodskis?

DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Baqonde-meertaligheidsprojek: "Laat hulle verstaan" (en laat die tegnologie help)

BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson

A response to Marlene van Niekerk’s contribution to the Stellenbosch University language debate

Persverklaring: Universiteit Stellenbosch is verbind tot meertaligheid

Persverklaring: StudentePlein oorweeg appèlopsies ná hofuitspraak in US-taalsaak

Kan die akademie uitnemendheid oorleef?

Reaksie op Andrew Nash: "Kan die Akademie uitnemendheid oorleef?"

BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia

Justice: A Personal Account by Edwin Cameron

Afrikaans: the language of dissent

  • 2

Kommentaar

  • Francois Verster

    Inderdaad, 'n aanklag teen ons almal, en beslis waar. Die vraag is: wie kan werklik 'n keerwal teen die tsunami bou? Eerstens is daar geld nodig vir die boumateriaal, en tweedens kundigheid om dit te ontwerp, met derdens genoeg werkers om dit te doen en te onderhou - oftewel sakemanne, akademici, en die Afrikaanse publiek.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top