Kommentaar

Op soek na Heinz Konsalik

Koos 2025-12-10 Goeie dag almal. Ek versamel nie die boeke nie, maar lees dit slegs. Uit die 105 vertaalde werke het ek 104 gelees. Ek kort slegs "Die donker sy van roem". Kan iemand my dalk help? Sal dit koop ook of lees en terug besorg. Ek is in Noordwes.

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Anoniem 2025-12-10 Jy moet glad nie verplig voel om op my te reageer nie. Ek reageer op die stellings wat gemaak word, en my reaksie is nie op jou gemik nie. Dit is op al die ander lesers gemik wat sou belangstel, om vir hulle 'n alternatiewe perspektief te gee. Die belang

Briewe van heldinne is ’n skitterende vertaling deur WJ Henderson: ’n lesersindruk

Barend Taute 2025-12-10 Baie dankie, Cas, vir jou insiggewende en verrykende resensie oor WJ Henderson se Briewe van Heldinne, Ovidius se Heroïdes. Dit getuig van jou eie entoesiasme en bemeestering van die tale, vertalings en die kuns van poësie, en jou vermoë om konsepte r

Die rommelkrapper

stefaans coetzee 2025-12-09 Baie dankie 🌹

Elders gesien: ’n nuwe gedrukte Afrikaanse koerant in die Noorde

Nico M Ferreira 2025-12-09 Aan al die vegters in die verlore stryd teen die gebruik van anglisismes, kyk gerus na die volgende juweel: die hoofopskrif van Maroela Media op 30 Okt 2025 lui as volg: Dwelmlaboratorium in Volksrust ontmantel. (Bietjie over the top, of hoe?).

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Luan Staphorst 2025-12-09 Anoniem, indien jy/julle so besonders trots is op jou/julle argumente en prestasies, wees minder lafhartig en skryf onder jou/julle eie naam. Ek het nie die NHN as sodanig "aangeval" nie, eerder krities met die diskoers wat telkens op en deur die Facebook

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Anoniem 2025-12-08 Die NHN vervul 'n uiters noodsaaklike behoefte. As mens iets wil verstaan waar die NHN vandaan kom, lees Jean Oosthuizen se boek "Die opkoms en ondergang van die NG kerk" (2018), waarin die Woordfees-debakel van 2013 uiteengesit word, waar die NG kerk har

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Karla Spamer 2025-12-08 Debbie, slagofferskap gaan beide kante toe. Hoekom het die ANC ontstaan? Dit was weens kwessies soos stemreg en grondeienaarskap. Weens mense wat gevoel het hulle is slagoffers. Ek hoef jou sekerlik nie te trakteer op die verhale van die Anglo-Boereoorlog

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Hendrik Viviers 2025-12-08 Dankie Sakkie vir 'n insiggewende reis deur Prediker, Hooglied en latere eggo's by Breyten Breytenbach. Soos hulle stuur jy ons ook "terug lewe toe" (Hennie Aucamp), hier en nou, al loer die dood.

Om weg te breek

Leonie Delport 2025-12-08 Wat 'n uitstekende tong-in-die-kies beskrywing van die tipiese trots-arrogante Afrikônse 'couple'tjie! Die kat-in-die-donker knypende Waldo en sy liefie-lyfie-vonkelvroutjie, Chantall! Whaaaaahahaha! Ek herken hulle en giiggel in my mou...

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die wêreld op sy kop gekeer – Gilles Kepel oor 7 Oktober 2023 en die voortslepende konflik in die Midde-Ooste

Waldemar Gouws 2025-12-08 Baie dankie, prof Rossouw, vir die deel van hierdie inligting en insigte en standpunte. Waar anders sou ek te wete kon kom van die $40 miljoen per maand Kataarse subsidie vir Hamas, of die heersende onmin tussen Iran en die VAE?

Die Lasarus-effek: Deneys Reitz (1882–1944)

Stel Belang 2025-12-08 Ek weet nie of "agterlik" korrek is nie. Die volgende is 'n aanhaling uit Reits se Kommando: "Dit het donker geword en swaar begin reën. Ons het ’n entjie van die kruin af afgesak om skuiling vir die nag te soek. Dit was te koud om te slaap en ons m

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Debbie Annas 2025-12-07 Steeds bly die sogenaamde Afrikaner se beheptheid met slagofferskap klaustrofobies en vervreemdend en die verdelende faktor. Die klompie wat Amerika toe is, is maar dié wat opgetree het, gedryf deur daardie gevoel. Dit bly verstommend dat die eenvoudige

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Francois Verster 2025-12-06 Persoonlik onderskryf ek nie die worsteling oor identiteit nie – jy is wat jy is en dit gaan oor hoe jy daarmee omgaan, soos met enige uitdaging in die lewe. Hoekom wil jy iets anders wees? Dink jy tog nie dat Afrikaner al groep met geraamtes in die kas

Die Lasarus-effek: Deneys Reitz (1882–1944)

Willem Dreyer 2025-12-06 My oupa, Willem Stefanus Conradie (Willie Conradie), was 'n Kaapse rebel wat in die Vryheidsoorlog geveg het. Hy was afkomstig van die plaas Koelfontein in die Ceres-omgewing. Hy was 'n rapportryer vir Generaal Smuts en Denys Reitz was sy agterryer. My Pa

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Martin Labuschagne 2025-12-06 Nog altyd my gunsteling Bybelboek gewees.

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Annelize van der Ryst 2025-12-05 Dankie vir u uitstekende, insiggewende skrywe, prof!

Praatjie oor Vlam in die sneeu: U3A Hermanus, 21 Augustus 2017

Marie Ashpole 2025-12-04 Sjoe, wat ‘n interessante en indrukwekkende uiteensetting. Nou waardeer ek die boek nog meer.

Afrikaner?

Wynand Viljoen 2025-12-04 Uitstekend!

Graad 11: Wiskundevraestel en memo, eerste kwartaal

Allesandra Haskins 2025-12-04 Ek wil beter doen in die skool en goeie punte ontvang.

Elders gesien: ’n nuwe gedrukte Afrikaanse koerant in die Noorde

Max Bruwer 2025-12-03 Uit die staanspoor lyk "Die Papier" pure hensopper. Hoe snood onnosel! Delf asb. vir 'n ander naam.

Al die swendelaars deur Chris Karsten: ’n resensie

Susan van Zyl 2025-12-03 Die agterplat sê: dié vermaaklike dog ongewone speurroman.... Inderdaad! Vanaf die karakters se eenvouige, bedrieglike name (dankie tog, nie weer 'n gesukkel met Hongaarse of Tjeggiese name nie), die onverbloemde spot met berugte Suid-Afrkaanse swendel

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Theo 2025-12-03 Alles reg met my. Ek probeer om my presiese herkoms te dokumenteer. Ek het drie neefs en een kleinneef wat ook dieselfde name as ek dra. Ek is bewus dat twee van die neefs reeds oorlede is.

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Hans van Heerden 2025-12-03 Die skrywer van die artikel maak my trotsbly om te weet ek ken hom! So ver van die hedendaagse politiekery en bedrogberigte. Welgedaan, Sakkie!

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Karla Spamer 2025-12-03 Niks is nuut onder die son nie. Die Potgieter-trek en die Martiz-trek kon nie met mekaar huishou nie, of dalk eerder laertrek nie. Die Rustenburgers en die Pretorianers het lelik kopgestamp. So ook later die Henshoppers, die Joiners en die Bittereinders.

’n Karoo-gebed

Carlie Schiel 2025-12-03 Dankie Madely.

’n Karoo-gebed

Carlie Schiel 2025-12-03 Dankie Nelia.

Onweer

Carlie Schiel 2025-12-03 Dit eggo diep met my. So waar verwoord.

Baai van gebroke harte

Carlie Schiel 2025-12-03 Wow. Dankie. Mooi verwoord.

Frederik van Zyl Slabbert: Soekende profeet by Albert Grundlingh: a review

riaan de villiers 2025-12-03 Excellent review. And Grundlingh's book is also excellent on many levels, its major virtue being that it pulls together a basic story about the many strands and themes in Slabbert's complicated life. However, it is not a full biography - this would requir

Die laaste karretjiegraf deur Athol Fugard

Mona Kumalo 2025-12-03 Ek wonder of die vyfdetaalspreker van Afrikaans die boek sal kan verstaan. Is die taal leesbaar en verstaanbaar vir die townshipleerder?

Elders gesien: ’n nuwe gedrukte Afrikaanse koerant in die Noorde

Waldemar Gouws 2025-12-02 Baie geluk en baie dankie aan Barnard Beukman vir hierdie bewys van gesonde ondernemingsgees. Maar in hemelsnaam, gooi die anglisisme as titel terstond oorboord. Dan eerder "Op Papier" of "Met Ink"!

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Luan Staphorst 2025-12-02 Sakkie, ek is g'n Afrikanerverklaring-apologeet nie. Ek is nie 'n lid van AfriForum of Solidariteit nie, en het ook nie 'n begeerte om by hulle aan te sluit nie. Dit daar gelaat. Jou stelling dat "[d]aardie verklaring ... Afrikaners weer in twee kampe ing

Elders gesien: ’n nuwe gedrukte Afrikaanse koerant in die Noorde

Hanno Visagie 2025-12-02 "Die Papier"? Hoekom toenemend Engels navolg? Stel Afrikaanse joernaliste en uitgewers nie meer belang om eiesoortige Afrikaanse woorde te gebruik nie? Neem dan van die volgende LitNet-blad kennis asb. - https://www.litnet.co.za/gespierde-afrikaans/

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Douw Krüger 2025-12-02 Die olifant in die kamer waarop Jean die spotlight skyn is dat Afrikaners, dalk meer die wit Afrikaners, nog nie daar is waar ons stamlande se mense is nie. Dit het my lankal reeds opgeval dat in Nederland en Duitsland het die vraag of jy 'n gelowige, ong

Kleintryn

Corne v Niekerk 2025-12-02 Wat 'n roerende storie.

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Johan Coetzee 2025-12-02 Sê nou net die gemiddelde Afrikaanssprekende kan hierdie tipe artikels lees eerder as die kortstondige en oppervlakkige posts op sosiale media. Hoe insiggewend is hierdie nie!

Elders gesien: ’n nuwe gedrukte Afrikaanse koerant in die Noorde

Martin Labuschagne 2025-12-01 Ek sal graag vir julle iets uit Brittanje will skryf. Hoe kan ek julle kontak?

Internasionale Moedertaaldag

Vinette 2025-12-01 Afrikaans is wondering. Kan ek asb Willem Fransman Jr se toestemming kry om sy teks van 'n Kerrspel virrie kind op te voer deur ons dramagroep Sound Effects?

Hier kom die aliens ... of dalk nie?

Raed-na-Gael 2025-12-01 Dis 'n lekker braai-onderwerp hierdie: Die ouens by NASA sê dis 'n komeet – finish en klaar: https://ts2.tech/en/interstellar-comet-3i-atlas-nasa-confirms-natural-visitor-as-un-turns-it-into-a-planetary%E2%80%91defense Ander prominente wetenskaplikes
Top