Die kwilt

  • 3

Foto: Canva

Die kwilt

Keurig, omsigtig
die materiaal gekies uit
suiwer katoen
patroon gewys uitgelê
gepas,
geweek, gereinig
asof vir nuwe wynsakke
om in te giet die nuwe ontwerp.

Gemeet, weer gemeet
met oop oë
gesny
saamgestik
tot blok vir blok die meesterstuk ontvou.
En ek verwonderd staan
’n gans nuwe skepping
hier voor my oë ontvou.

’n Geskenk aan God,
sy self gestik aan jou,
jy aan haar.
Jul saamwees ’n geleefde kwilt
tot eer aan Hom wat keurig
geduldig met soveel liefde
los moes trek wat ander verbrou,
reg sny, wat ons verkeerd afmeet
opnuut saamstik, dit wat pas en hoort
tot kleurvol ons jubelend
bruikbaar vir Hom is.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top