Ons het op 24 Februarie gevra: “Wat wil jy vir Anderson Cooper sê oor die Afrikaner?” Julle het geantwoord. Klik hier om te sien wie is die wenner.
Lees meer oor die kompetisie hier onder. Let wel: hierdie kompetisie is nou gesluit.

In ’n program wat enkele dae gelede uitgesaai is, het Anderson Cooper in Suid-Afrika kom kuier om die mite van ’n wit volksmoord te weerlê. Hy het met verskeie boere, wit en swart, gepraat. Daar is ook gesprekke met Max du Preez en Kallie Kriel uitgesaai. Die volledige uitsending kan hier gesien word.

Darryl Brown, Tienes Nel en Renee Nel (Skermgrepe uit die video)
Diegene wat geweld beleef het, soos Darryl Brown, Tienes Nel en Renee Nel, verskyn in die uitsending.

Talle Suid-Afrikaners het egter ook gesien dat die TV-span se beeld van die “Afrikaner” taamlik eenogig is. Enkele videogrepe uit die uitsending word hier gedeel.

Dié beelde het ook voorgekom in kort videogrepe wat 60 minutes op hul Instagram-blad gelaai het.

Maar hoe lyk die Afrikaner?

Wat wil jy vir Anderson Cooper en die vervaardigers van 60 minutes sê oor die Afrikaner?
Ons by LitNet wil baie graag van ons lesers hoor. Stuur vir ons jou mening na webvoet@litnet.co.za en ons sal dit graag as ’n SêNet-brief plaas.
Wen dalk R500 met jou brief!
LitNet se redaksie sal ’n wenbrief aanwys en die wenner sal R500 ontvang.
Alle briewe aan Anderson Cooper wat LitNet teen 1 Maart 2026 bereik, sal in aanmerking kom vir die prys.
Die oordeel van die redaksie is finaal en geen korrespondensie sal hieroor plaasvind nie.
Sou daar geen goeie briewe inkom nie, sal geen prys toegeken word nie.
Redaksionele nota
Anderson Cooper is ’n nuusverslaggewer op CNN en was vir baie jare deel van CBS se tydskrifprogram 60 minutes.
CBS, wat deel is Paramount, is tans gewikkel in ’n moontlike oorname deur Netflix. Na berig word, is onlangs begin om redaksionele beperkinge op CBS se inhoud te plaas. Cooper se weerlegging van Trump se aantyging rakende ’n wit volksmoord het skynbaar ook in die gedrang gekom.
Cooper het nou aangedui dat hy nie meer vir 60 minutes gaan werk nie. Hy sal egter steeds vir CNN werk.
Ons vraag staan dus: Wat wil jy vir Anderson Cooper sê oor die Afrikaner?
Meer oor SêNet
Sê jou sê op SêNet! LitNet wil graag menings vanoor die hele politieke spektrum plaas. Moenie terughou nie. Ons wil jou hoor.
Ons behou wel die reg voor om nie kwetsende persoonlike aanvalle, laster en valshede te plaas nie.
Briewe sal geredigeer word en voorkeur sal gegee word aan briewe wat in terme van spelling en grammatikale korrektheid goed versorg is. Briewe wat te swak is om te redigeer, sal nie gepubliseer word nie.


Kommentaar
LitNet, lees gerus ook die volgende verbandhoudende vars artikel deur dr Danie Langner, besturende direkteur van die FAK en die Voortrekkermonument: "Die fases van volksmoord (1)" - https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/die-fases-van-volksmoord-l/