
Foto: Canva
Kaalvoetstories
Ek het ’n storie in my hand
Met lang bene en krulhare
En sy baard waai sag
En hy skree nie
En hy juig nie
En hy hardloop nie
Hy sug eenmaal en wag
En sy storie krul om sy krulkop
En hy kam met sy langtandkam
En stryk die stories glad
Soos silwer visse
In ’n goue dam
Ek pluk my storie uit sy hoed
En steek dit deur ’n naald
Dan werk ek dit deur my are
En soek die punt, verdwaald
Trek ek stywer
Dan word hy ligter
En klou al minder vas
Maar los ek hom
Kan ek vergeet
Hy kruip weg in my tas
En of jy dalk my hand wil vat
En saam met my verdwaal
Ek pak alreeds en los my vere
My hande leeg, my voete kaal


Kommentaar
Catherine is 'n talentvolle jong vrou.
Ek vertrou haar talent sal wyd bekend word.
Baie dankie! Xoxo
Jy laat my in verwondering. Ek moet lees en weer lees, want jy weef met woorde en ek moet telkens 'n nuwe draad optel om daarme saam te loop.
Catherine, dankie!
Baie, baie dankie.