Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2024

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Junie

Resensie: Tussen Nigella en Hannibal
Sonja van der Westhuizen resenseer Butter deur Asako Yuzuki

Resensie: Lees met vlugsout, snesies
Anschen Conradie resenseer Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard

Resensie: Mevrou Smit vat weer voor op Aronspoort
Francois Bekker resenseer Die nege lewens van mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman

4 Junie

Onderhoud: Hedley Twidle besin oor betekenis van die wêreld in essaybundel
Hy gesels met AJ Opperman.

6 Junie

Kyk: Skrywers deel staaltjies in nuwe reisboek

7 Junie

Onderhoud: ‘Ons sorg vir jou in ruil vir jou regte en die doodstraf’
Murray la Vita in gesprek met Nick Clelland oor sy politieke riller Good Hope

8 Junie

Reisbundel: Afdwaal is nie noodwendig sleg nie
AJ Opperman in gesprek met die samestellers oor dié reisbundel

10 Junie

Resensie: Om te reis is op alle vlakke ‘verre-gaande’
Joan Hambidge resenseer Draaie, swaaie en afdwaalpaaie, saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen

Resensie: Vir elkeen wat boer in sy bloed het
Ilza Roggeband resenseer Diddly Squat: Pigs Might Fly deur Jeremy Clarkson

Resensie: Gebrekkige redigering is dalk die grootste ‘doodsonde’
Frederick Botha resenseer Sewe keer sondig, saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie

Resensie: Schimmel gaan jou behoorlik inkatrol
Jonathan Amid resenseer The Finish Line deur Gail Schimmel

12 Junie

Boeke: Beleef Karel Schoeman opnuut deur Willie Burger se lens

Onderhoud: Danie Marais: Ek dig onderweg na ’n tuiste
Danie Marais gesels met Daniel Hugo oor sy nuwe bundel

14 Junie

Boeke: UJ-debuutprys nie vanjaar toegeken, UJ-prys wel

20 Junie

Kyk: Olivier se tweede is ’n gevolvolle roman oor geheime

21 Junie

Boeke: SJ Naudé ontvang UJ-prys 3de keer

22 Junie

Boeke: Nuwe gloeiende stem uit Vrystaat laat lesers regop sit
Elretha Britz praat met Henda Olivier oor haar tweede Afrikaanse roman, Onder water.

24 Junie

Boekevat: Oor die duiwel en Van Wyk Louw se wingerd
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé

Resensie: ‘King Multiverse’ betower
Anschen Conradie resenseer You Like It Darker deur Stephen King

Resensie: ’n Moordraaisel gelaai met sardoniese humor
Francois Bekker resenseer Oor jou dooie liggaam deur Francois Bloemhof

Resensie: ’n Skrywer met potensiaal
Frederick Botha resenseer Op die kantlyn deur Marnus Kok

28 Junie

Onderhoud: ‘Hier is die towerpil waarop vet mense gewag het’
Murray La Vita praat met Johann Hari, skrywer van Magic Pill

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

Wat sê Bettina?: ’n Gesprek tussen Bettina Wyngaard en Trisa Hugo

Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers: ’n skrywersonderhoud

Stefaans Coetzee in gesprek met Graham Coetzer, skrywer van Hunting with the Hawks

Vertellings uit die vergetelheid: Die opkoms en val van Bophuthatswana, 1977–1994 deur Danie Schoeman: ’n lesersindruk

Grenselose genade en Die heiligheid van hier: Chris van der Merwe en Cas Wepener ruil gedagtes uit

Al wat tel deur Irma Venter: ’n resensie

Draaie, swaaie en afdwaalpaaie. Reisstories saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen: ’n resensie

FMR-resensie: Claremont Daisy deur Willie Hoods

FMR-resensie: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck

Die groot Afrikaanse blokraaiboek, saamgestel deur Gerda Engelbrecht: ’n resensie

Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n resensie

Reënboogrant Maats deur Maritha Snyman: ’n jonglesersindruk

Ek sal vir jou veg deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Bokdrolletjies en boeke: 'n Jong leser se indruk van Springboekie deur Fanie Viljoen

FMR-resensie: Anoniem deur Chanette Paul

Leer om te vergewe met ’n blikkie samboksalf: ’n lesersindruk van Alene Mari Holder se jeugroman Samboksalf en ’n draaktraan

Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: ’n onderhoud met Corlia Fourie en Annelize van Rooyen

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

2 Junie

Resensie: Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart deur Nicole Engelbrecht (resensent: Theunis Engelbrecht)

Resensie: Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square – ’n memoir deur Portchie (resensent: Annelise Erasmus)

Resensie: The Child deur Alistair Mackay (resensent: Michiel Heyns)

9 Junie

Artikel: George Orwell se klassieke distopiese roman Nineteen Eighty-Four is 75, skryf Loftus Marais.

Resensie: The City is Mine deur Niq Mhlongo (resensent: Frederick Botha)

Resensie: Sankind lees die wind deur Wendy Maartens, met illustrasies deur Dedré Fouquet (resensent: Magdel Vorster)

16 Junie

Resensie: Onder water deur Henda Olivier (resensent: Trisa Hugo)

Resensie: Die nege lewens van mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman (resensent: Jonathan Amid)

Resensie: Emigrating successfully: The Insider’s Guide deur Johan Oldenburg (resensent: Annelise Erasmus)

23 Junie

Resensie: Helm Field Guides: Birds of Greater Southern Africa deur Keith Barnes, Terry Stevenson en John Fanshawe (resensent: Andrew de Blocq)

Resensie: Hunting with the Hawks deur Graham Coetzer (resensent: Stefaans Coetzee)

Resensie: The Wolf Hunt deur Justin Fox (resensent: Joan Hambidge)

30 Junie

Resensie: Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: Reisstories, saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen (resensent: Paul Boekkooi)

Resensie: Crash and burn: A CEO’s crazy adventures in the SA airline industry deur Glenn Orsmond

Resensie: Good Hope deur Nick Clelland (resensent: Annelise Erasmus)

Die volgende resensie het in Junie op Maroela Media verskyn.

Die volgende resensies en onderhoude het in Junie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

 5 Junie

Koninklike spore lê diep in Suid-Afrika
Koninklikes is mense wat soveel armer as ons gewone sterflinge is omdat hulle gebore word met die lading van die geskiedenis en die plig van “noblesse obligue” op die skouers.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/koninklike-spore-le-diep-in-suid-afrika/

12 Junie

Het jy al só ’n goor week beleef?
Natuurlik sal hierdie boek kinders aan die lag en die lees kry.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/het-jy-al-so-n-goor-week-beleef/

16 Junie
Koester ‘knuffeltyd’ saam met die kroos
“Lindie se stories is inspirerend, omdat dit vir kinders vertel dat daar hoop in ’n gebroke wêreld is.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/koester-knuffeltyd-saam-met-die-kroos/

 19 Junie

‘Kaptein Onderbroek’ is terug vir ’n derde keer
Hier is net die regte boek vir kinders wat nie hou van lees nie.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/kaptein-onderbroek-is-terug-vir-n-derde-keer/

 25 Junie

Boek van die maand: ‘Draaie, swaaie en afdwaalpaaie’

As jy self ’n gesoute reisiger is bring die vertellings, sketse en reisverslae meer as net herinneringe – dit blaas ook die vlammetjie van Wanderlust aan wat altyd in die agtergrond by flakker om nuwe bestemmings te gaan verken.
Lees die resensie: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-van-die-maand-draaie-swaaie-en-afdwaalpaaie/

26 Junie

G’n avontuurlustige kind sal dié boomhuis kan weerstaan

Dit is pure avontuur en vrolike illustrasies in Andy Griffiths se jongste “Boomhuis”-boek.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/gn-avontuurlustige-kind-sal-die-boomhuis-kan-weerstaan/

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.

8 Junie

Onderhoud: Annemarié van Niekerk gesels met Ronelda S Kamfer en Nathan Trantraal

Onderhoud: Elzanne Coetzee praat met Jaco Barnard-Naudé oor sy langverwagte poësiedebuut

19 Junie

Onderhoud: ’n Filosofiese ontsporing met Tom Dreyer
Onderhoud deur Natasha Harmse

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

7 Junie

Joan Hambidge: Goosen: ’n rare voël wat met woorde goël (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Hoe om oor seks te skryf (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Hoe om boekwurms sonder moerbeiblare te kweek (vryeweekblad.com)
Mercia Burger: Die Internasionale Booker: ’n ryk literêre roadtrip (vryeweekblad.com)

 14 Junie

Deborah Steinmair: Jy wou maar net klou waaraan almal klou (vryeweekblad.com)
Diane de Beer: Om onder ’n brug in die middestad te slaap⁤ (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Intimiteit-connoisseur, fantasie-virtuoos en eksponent van die meervoudige orgasme (vryeweekblad.com)
Nadine Petrick: ’n Roman oor private en openbare verraad (vryeweekblad.com)

21 Junie

Deborah Steinmair: Meneer se skoolmeisie en vier misdaadrillers (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Katvis, ware liefde en oorgewig (vryeweekblad.com)
Mareli Stolp: ’n Papegaai as enigste metgesel in ’n weerlose seisoen (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Paradoksale Pynchon met ’n knypie sout⁤ (vryeweekblad.com)

 28 Junie

Deborah Steinmair: Leef, jag, hyg, moor en lag⁤ (vryeweekblad.com)
Linza de Jager: Reeksmoordenaar, botterbroodjies en reise⁤ (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: ’n Hongerte na vaardige vryverhale (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Digbundels: die klankbaan van ons bestaan⁤ (vryeweekblad.com)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 5 Junie

Jy het seker al die naam Rumi iewers raakgelees, maar wie was hierdie digter en filosoof wat ook al die Shakespeare van die Midde-Ooste genoem is? Ilse Salzwedel gesels met dr. Dietlof van den Bergh, wat ’n keur van Rumi se werk in Afrikaans vertaal het. Die joernalis AJ Opperman vertel waar sy belangstelling in skrywers en boeke ontstaan het, en gesels oor sy gunstelinge. Johan Myburg het nuus oor die wenner van die Dublin-letterkundeprys, en hy bring hulde aan die skrywer, Shirley Conran, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname uit 1962 waarin die digter, Robert Frost, een van sy eie gedigte voordra.

Woensdag 12 Junie

NP Van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 gebore, en op 18 Junie 1970 oorlede. Ter herdenking hiervan kan jy luister na ’n argiefopname oor sy lewe en werk. Dis in 2006 saamgestel deur Daniël Hugo, en bevat baie interessante inligting oor die digter. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedkundige en skrywer, Karen Horn, oor haar boek, Prisoners of Jan Smuts – Italian Prisoners of War in South Africa in WWII, wat handel oor Zonderwater se Italiaanse krygsgevangenes. Johan Myburg het nuus oor ’n handgeskrewe manuskrip van Albert Camus wat onlangs vir R13,4 miljoen op ’n veiling in Parys verkoop is, en nuwe internasionale boeke wat hy kan aanbeveel.

Woensdag 19 Junie

 Ilse Salzwedel gesels met Hettie Scholtz, een van die staatmakers in die Afrikaanse uitgewersbedryf – eers as uitgewer, later as boekjoernalis en vir die laaste dekade as die sameroeper van die KykNET/Rapportboekpryse, die belangrikste Afrikaanse letterkundepryse. Hettie was vir jare aan die hoof van HAUM-Literêr en was die stigter-eienaar van Queillerie Uitgewers. Skrywers soos Marlene van Niekerk se Triomf en verskeie van Jeanne Goosen se werke is deur Hettie uitgegee, en sy was instrumenteel in talle bekende skrywers se loopbane. Johan Myburg vertel meer oor Dusklands, J.M. Coetzee se eerste roman wat vanjaar 50 jaar gelede verskyn het. Jy kan ook luister hoe Coetzee ’n kort stukkie voorlees uit sy 2013-roman The Childhood of Jesus.

Woensdag 26 Junie

Corlia Fourie en Annelize van Rooyen gesels oor hulle reisbundel, Draaie, swaaie en afdwaalpaaie, waarin 46 skrywers oor hulle eie reise (met kinkels!) skryf. Annemarie van der Walt van die Innibos-kunstefees vertel waarna boekliefhebbers die volgende paar dae kan uitsien. Kerneels Breytenbach gesels oor twee internasionale boeke wat hy kan aanbeveel (Kairos, die Booker International-wenner, en Parasol Against the Axe). Johan Myburg gesels onder andere oor die polemiek wat ontstaan het oor ’n stelling wat die Indiese skrywer Arundhati Roy veertien jaar gelede gemaak het, die wenner van die eerste Women’s Prize for Non-Fiction, en ’n nuwe roman uit die pen van die skrywer Rachel Cusk.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 4 Junie

In die tweede aflewering van ’n reeks oor die ouderdom, lees Marion Holm en Nic de Jager, onder meer gedigte van Elisabeth Eybers en Antjie Krog voor.

Dinsdag 11 Junie

NP van Wyk Louw is 118 jaar gelede op Sutherland in die Bo-Karoo gebore. Ons vier hierdie groot legende in Afrikaanse literatuur se lewe en werk. Pieter van Zyl lees verse voor uit dié digter se bundels. Tussendeur luister ons na Riku Lätti en ander musikante van Die Wasgoedlyn-projek se toonsettings van Louw se verse.

Dinsdag 18 Junie

Die digter NP van Wyk Louw is op 18 Junie 1970 oorlede. Ons vier dié groot legende in die Afrikaanse literatuur se lewe en werk. Pieter van Zyl lees van sy bekende verse voor.

Dinsdag 25 Junie

Ons gedenk die winter met mooi gedigte oor hierdie seisoen. Die voorleser is Eben Genis.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Dinsdag 4 Junie
Hierdie unieke program is in sy geheel gewy aan skrywers wat in Kaapse Afrikaanse of AfriKaaps hulle sonderlinge stories en ervarings met ons deel.  Ons bied vier onderhoude aan. Luister na Nathan Trantraal, Charmaine Africa, Ronelda Kamfer en Gaireyah Fredericks. Hierby voeg ons Antoinette Coetzee se bespreking van Bettina Wyngaard se roman, Die loutering van Grietjie.

Dinsdag 22 Junie
Twee ateljeegaste is aan die woord: Emma van der Walt praat oor haar boek Sy is veilig en die bekroonde skrywer Sidney Gilroy gesels oor sy jongste misdaadroman, Bloedsomer. Riette Rust se jongste boek, Die geskenk, het pas verskyn. Antoinette Coetzee bespreek Anoniem deur Chanette Paul. Ineke Slabbert bespreek Elrien Scheepers se distopiese roman, Waar jakkalse huil, en Joan Hambidge resenseer Draaie, swaaie en afdwaalpaaie, ’n bundel reisverhale saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Resensie: Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: reisstories 

Resensie: The Wolf hunt deur Justin Fox

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

6 Junie

Resensie: aalmoes vir die bootman deur Andries de Beer (Resensent: Amanda Swart)

12 Junie

Resensie: wanneer woorde asemhaal deur Maritha Broschk & swartland deur Rudolph Willemse (Resensent: Joan Hambidge)

28 Junie

Resensie: Kinderlê deur Lynthia Julius (Resensent: Marni Bonthuys)

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Junie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jana du Plessis Müller oor Borrelgom

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Madelein Rust oor Bessie se hangkasbiblioteek

Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer Small Mercies deur Dennis Lehane

5 Boeke oor onkonvensionele vroue:

  • Marzanne Schoemann resenseer Lessons in chemistry deur Bonnie Garmus
  • Nadia de Jongh resenseer Fight Night deur Miriam Toews
  • Danica Gouws resenseer A Family Affair deur Sue Nyathi
  • Antoinique van Staden resenseer Weyward deur Emilia Hart, en Brida deur Paolo Coelho

Drie boeke oor komplekse verhoudings:

  • Irma Steffens resenseer My favourite mistake deur Marian Keyes
  • Rina Gous resenseer The man who loved crocodile tamers deur Finuala Downing
  • Alma Liebenberg resenseer The family holiday deur Elizabeth Noble

Vyf boeke waarin sosialemedia ’n rol speel

  • Deidre Reinhardt resenseer The List deur Yomi Adegoke; Idol deur Louise O’Neill
  • Antoinique van Staden resenseer The Hive deur Scarlett Brade
  • Nadia de Jongh resenseer How to kill men and get away with it deur Katy Brent
  • Alma Liebenberg resenseer When we were young deur Karen Kingsbury

10 Vakansieboeke vir kinders

  • Gert Venter resenseer ’n Skewe, Skurwe Sirkel deur Rudi Venter
  • Lana du Plessis resenseer Bella en Sebastiaan deur Mari Grobler; Die groot koelte deur Leon de Villiers; Die waarheid oor visvingers deur Sarina Dönges
  • Retha Kotzé resenseer Deur die vuur deur Alita Steenkamp; Girl, Goddess, Queen deur Bea Fitzgerald; Luntu Masiza Tells the Truth deur Penny Lorimer; Mosela en die Drie Koningkryke deur Luke Calder; Sea Star Summer deur Sally Partridge; Teen die Reëls deur Trevor Noah

Uittreksel: Draaie, swaaie en afdwaalpaaie deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen

Uittreksel: Hemel en Aarde en Ons deur Zirk van den Berg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top