Wat sê Bettina?: ’n Gesprek tussen Bettina Wyngaard en Trisa Hugo

“Daar is altyd mense wat persoonlike aanvalle loods. It comes with the territory as jy ’n vrou met ’n mening is, dink ek. Aan die begin het dit my vreeslik ontstel. Met verloop van tyd het ek begin besef dat mense lees deur die lens van hulle eie ervaringe. Hulle haat nie wat ek sê nie, hulle word getrigger op grond van hulle eie ervaringe.”