Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n resensie

“Herhalende kwessies oor gender, kulturele identiteit, politieke vraagstukke en sosiale euwels borrel onverpoosd na die oppervlak om die leser se gewete te verontrus. Ons is ’n samelewing wat steeds siek is, laat Wyngaard ons deurgaans weet. Hier is die medisyne. Hier is die kuur. Gaan jy dit drink of gaan jy die dokter steeds wantrou?”