FMR-resensie: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck

“Soms lees ’n mens ’n roman wat soos ’n stel Russiese houtpoppies ineenpas. Elkeen vertel sy eie storie. Maar in hierdie geval kom ons poppe uit die harde wêreld van Namakwaland en die Richtersveld. En hul praat Afrikaans. In streektaal so eie aan hierdie deel van Afrika dat die skrywer dit met voetnotas vir die leser toeganklik maak.”