Madeleine2019-07-28Ek het hierdie film vandag gesien. Die swak resensie is deur ‘n persoon gedoen wat die hele doel van die film heeltemal mis. Diaan se spel is fantasties. Ek het ook ‘n GOK-kind (god only knows) grootgemaak en haar moedeloosheid en verslaenheid word sp
LitNet2019-07-28Nie jou bankrekeningnommer nodig nie. Net genoem dat deelnemers wat oorsee woon, 'n Suid-Afrikaanse bankrekeningnommer sal moet verskaf.
Arnold van Zyl2019-07-27Elke mens het seker die reg wie hy in sy lewenskring gaan toelaat. Baie mense handhaaf hulleself sonder enige wette. Diegene wat hulleself nie kan handhaaf nie is diegene wat agter die wet skuil.
Arnold van Zyl2019-07-27Ek sal graag wil deelneem, gedig.
Net 'n vriendelike versoek; waarom nou al die bank rekening no. deurstuur?
Ek dink dat dit 'n redelike versoek is om die Bank-Nommer te vra aan die finale wenner.
Maudie2019-07-27Much ado about nothing... Tragies dat die sg helde so kan sink. Vraag: kan die ouens na al die kopwassery, die mannery, die getroetelry, die steroïde, uiteindelik daarsonder leef? Nope, Kerneels, slegs ferme persoonlikhede kan sukses en aanvaarding van a
Kleine nederige Krimpvarkietjie2019-07-27Erdvark, ek stem saam met jou.
George Orwell het reeds 70 jaar gelede ongelooflike insae in die wese van die mensdom getoon met sy werke “Animal Farm” en “1984”.
Ek sien uit na die dae dat die volgende publikasies sal verskyn: “The ANC Nat
Jeffrey2019-07-27Ek wil sommer op my seepkissie klim en op Die Braak in Stellenbosch voor al die geleerdes én politici van die dag "Ek het julle mos gesê!" uitroep! Ek deel die sentiment van #Jitsvinger dat die regering deur 'n onderduims modderige onsigbare regering b
Jaco2019-07-26Weet die Henn dat Jesus nooit 'n woord gerep het oor homoseksualisme nie? Was blykbaar nie vir Hom 'n issue nie. Paulus, die ongetroude, alleenlopende, saam-met-jong-ongetroude-mans-toerende-doring-in-die-vlees man en mensemoordenaar, het wel sy mond die
Andre2019-07-26Gaan kyk in die spieël en sien die gootste rassis. Ek het nog nie 'n stuk van jou gelees wat nie dieselfde trant het as die skrywe van jou nie. Die "whiteys" het jou jou vryheid gegee in 1991 met die "Ja" stem, hulle is die mense wat uitreik na die "non-
Colette2019-07-26Goeiedag Bettina. Wat jy hier as rassisme ervaar, is nie altyd as rassisme bedoel nie. Ek dink die vrou van wie jy praat is meer seergemaak deur die implikasie dat sy rassisties is as enigiets anders. Ek het ook al op 'n punt vir 'n swart meisie gesê dat
Tom2019-07-26Is dit nog dieselfde as 'n swart persoon teenoor 'n wit persoon opmerk dat laasgenoemde die betrokke Bantoetaal so suiwer en sonder aksent praat? Vra maar net.
Herman Meulemans2019-07-26Zulk prachtig Zuid-Afrikaans winterlandschap te zien krijgen is nu werkelijk surrealistisch. Het doet koude rillingen krijgen. In Vlaanderen en Nederland is het absolute temperatuurrecord gisteren geklopt. Nog nooit in de geschiedenis was het warmer dan 4
Erdvark van Animal Farm2019-07-26Uitstekende artikel. Dankie.
Die bron van die ellende is die inherente sondige aard van die Homo sapiens sapiens: die eie ek, ekke en myne. Ten einde sy kans op oorlewing te verhoog, skaar die mens hom by sy soort: soort soek soort, die “ons”, ten k
Jacques le Roux2019-07-25Ek vind die opmerkings oor die tegniese skryfaspekte waardevol. Die tipografiese versorging en redigering is die verantwoordelikheid van die uitgewer. Die gebrek aan deeglike tegniese versorging deur die uitgewer is teleurstellend, en doen afbreuk aan ’
Ou Bosvark van die SA Soogdiergenootskap2019-07-25Vanoggend lees ek Bybel en kyk in die inleiding waar dit gedruk is. Natuurlik in Sjina! So, terwyl SA-ners vir 13 dekades van die vet van minerale verkope geleef het, het Sjina geleer om drukwerk op DUN ryspapier te maak. Vandag is hulle die wêreld se dr
Hans Richardt2019-07-25Ek weet nie mooi van dinge warm maak in media nie. Daarvoor het hul vooropgestelde agenda, van wat polities korrek is.
Ek sit nou die oggend in die flou Karooson op my voorstoep en kyk na dassie so groot soos 'n hond in Witgatboom en dink by myself, dis
Ralph Barnard2019-07-25Sodomie is beslis 'n gruwel, Delien. Maar dan die Ou-Testamentiese profete se verklaring van sodomie, nie die Afrikaanse woordeboeke s'n nie.
Reusedwerg2019-07-25Soos Margo Luyt sê, gee jou my adres. Ek soek ook so lofgesang op my begrafnisbrief. Ongelukkig was/is ek nie beroemd nie. Wat my die vieste in maak is die sensasie waarmee oa Joost en nou James tot "'n val gekom" het. Weet nie wat de hel die sensasieskr
Matthys J. Strydom2019-07-25In vandag se Die Burger (25/07/2019) is ook 'n artikel deur dr Theuns Eloff oor die MOS-inisiatief. Uitstekende nuus en hóóg tyd. Elke Afrikaanse ouer behoort dit, nie net te verwelkom nie, maar ook te ondersteun. Ek self sal navraag doen oor hoe ek daa
Barend van der Merwe2019-07-25Ek verbeel my Andre P Brink het groot rugbywedstryde vergelyk met letterkunde, veral met drama. Sport is darem ook deel van 'n kultuur. Dink maar aan Mannetjies Roux en Frik du Preez, meer eg Suid-Afrikaans sal jy beswaarlik vind!
Nico K2019-07-25Ek wil met F C Boot saamstem dat "rassistiese" woorde nie noodwendig 'n rassistiese betekenis of oorsprong het nie. Om te keer dat enige woord rassisties word is onmoontlik solank daar verskillende groepe op aarde is. (Want almal veralgemeen maar graag.)
Vlakvark2019-07-25Geagte Gustaf,
Na my beskeie mening sal die 1994-geslag asook ‘n verdere twee geslagte Suid-Afrkaners moet uitsterf. Hier dink ek aan die Anglo-Boereoorlog as analoog. Feit is dat geen volk of nasie heilger as heilig is nie en derhalwe met klippe ka
LitNet2019-07-25Hallo! Hier is 'n indeks van al die vraestelle en eksamenhulp wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Dis ingedeel volgens graad en vakgebied en dis gratis besk
Fanie Olivier2019-07-24Ek het vanmiddag eers by die lees van jou artikel uitgekom. Baie dankie vir die nugter evaluering van 'n moeilike en dapper biografie en die wyse waarop jy aantoon dat die werk inderdaad baie meer waardering en minder sensasie verdien. Dis 'n artikel wat
Hannah Jansen van Vuuren2019-07-24Ek is 28 jaar getroud - buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling. Ek wil nou van my man skei, maar ek wil weet, inaggenome die tydperk van ons huwelik, of ek daarop aanspraak kan maak dat hy vir my moet betaal vir verblyf.
Gustaf Claassens2019-07-24Rassisme neem verskillende vorme aan. Dit is dikwels blatant (die moedswillige opset om te krenk of te na kom), in ander gevalle is dit subtiel (wanneer dit 'suiker' om het maar die innuendo is dieselfde, naamlik om te na te kom of om 'n soort meerderwaar
Vlakvark van toekomstige rooskleurige SA2019-07-24Geagte Bettina
Wie of wat is die meerderheid Suid-Afrikaners as nasie se grootste vyande?
1) Die “liberal whiteys”, wat dit ook al beteken?
2) Die ANC se sosialisties-kommunistiese ideologie?
3) Die grootskaalse ongeletterdheid onder ‘n groot de