Ek hoor hoe vier viole
in tale met my praat
Klanke van ʼn simfonie
wat deur die snare
van ’n stringkwartet
my hárt se taal ook praat.
Soos dansense strykstokke
haastig oor die snare
van vier viole gly,
druis vier seisoene se vibrasies
vuurwarm deur my!
Stringkwartet van vier seisoene
herfs en lente vars –
somerdonderstorms
wat klinkend deur die are
van ʼn houthart bars
Wyl winterkoue hale
my hart deurboor met smart
vertel Le quattro stagioni die storie
van vier seisoene in my hart.
Ook deur Loretta Szikra:
Is daar whisky in die hemel? Loretta Szikra skryf twee nuwe gedigte



Kommentaar
Is dit nie juis dat viole (een vir elke seisoen) so onverhoeds met mens praat – in tale wat elk op eie wyse ’n noot vir daardie seisoen spreek nie?
Pragtige gedig Loretta
Baie dankie liewe Driekie.xx
Net soos jy daar sê Elza, die goed praat met n mens. Baie dankie vir die saam lees.
Dankie Loretta
Hierdie gedig praat met my hart
Baie dankie Estelle. Waardeer jou inloer opreg.
Toe ek die titel sien toe dink ek: Four cheeses pizza
😉 Dit kan ook werk. Dankie vir die saam lees.
Dit praat werklik met die hart. 'n Pragtige gedig hier neergepen Loretta.
Jou skryfwerk is vars en vol verrassings.
Pragtige kwartet met woorde en passie neergepen.
Baie dankie vir die mooi woorde Ferdie.
Baie dankie vir die saamlees Amanda. Ek waardeer.
Baie dankie vir die mooi kommentaar Amanda.
Voor jy oor die vier viole skryf: The Four seasons deur Vivaldi, is nie 'n strykkwartet nie. Dis vir 'n leidende viool en strykorkes gekomponeer
Dankie vir jou eerlike en opbouende krikiek Regsteller, ek waardeer. Dis waar wat jy sê maar, alhoewel Vivaldi se komposisie wel so geskryf is, en my ewig in vervoering sal bring, hoor en skryf my hart n strykkwarter. 😉
Four seasons mooi... Pragtige gedig
Jou gedig is pragtig geskryf. Dit praat met my hart ook.
Baie dankie vir die mooi kommertaar Ella. 😉
Uitstekende werk.
Weereens baie dankie vir die saamlees SH Botha. Ek waardeer
Jy het n gawe met woorde, pragtige werk.
Sjoe maar dit is n pragtige gedig.
Baie dankie Tanya en D Goosen vir die mooi kommentaar. Dit word opreg waardeer.
Uitstekend. Jy verbaas mens met jou talent.
Ek kan die donderstorms hoor.
Jou seisoene druis en praat in my ook.