Die bekroonde visuele kunstenaar, Henk Serfontein, het ter viering van Wilma Stockenström se 86ste verjaarsdag vyf portrette met LitNet gedeel wat hy oor die afgelope twee jaar van haar geskilder het. Die werke is uitgevoer in houtskool en gemengde media op papier. Dit is geskep ná die Winterslaap-reeks wat op haar gedig "Winterslaap" gebaseer is. Hierdie vyf portrette is minder in die media gesien en hul titels is afkomstig uit versreëls uit Stockenström se gedigte.







Kommentaar
Roerend. Aangrypend, Henk Serfontein.
Eintlik onvergeetlik.
PRAGTIGE WERK van H.S.
WILMA, ons eer jou en dank jou vir jou uitmuntende bydrae aan die Afrikaanse literatuur.
HET GAAT JE GOED!
Ontroerende, ondersoekende kyk op die menslike toestand. Asembenemende kuns...