Pantonieme?

  • 4

Iets klop nie met staatsbeheerde besighede nie, wat voor 1994 winsgewende besighede was. 

  • 4

Kommentaar

  • Hans dit gaan my verstand ten bowe. Ek het nie 'n antwoord vir jou nie. Jare terug, net na 94 staan ek een dag by 'n vriend van my se werkswinkel. Ek sien 'n Merc 380SE en 'n minibus in die werkswinkel. Die eienaar van die voertuie en ek knoop toe geselsie aan. Hy is vies omdat hy nie boukontrak in Noordwes "suksesvol" kon beding nie. Ek vra hom hoeveel taxi's het hy waarop hy antwoord 'n hele paar. Ek vra toe heel onkundig hoe weet hy om die belasting op die bedryf te bepaal. Hy vra wat is belasting. Ek sê niks. Korrupsie kom ter sprake. Hy sê julle wittes steel slim. Julle vat vandag bietjie, volgende week maand julle vat nog bietjie. Ons mense hulle vat alles op een slag en dan word hulle gevang. Hierdie diefstal kon niemand voorsien of voorspel nie. Ek het nie 'n ander beskrywing daarvan nie as krimineel. Wie die moer gee jou die reg of eien die reg daartoe om nie jou geld nie, belastingbetalers se geld te steel. Dit skree ten hemele. My woordeskat is te beperk om my misnoeë in die gepaste taal uit te druk sonder om onwelvoeglik en of platvloers te raak.

  • Avatar
    Tiens Pretorius

    Raak maar gerus platvloers en onwelvoeglik, ek sal jou steun. Die omstandighede vereis dat ons so optree...

  • As lid van die personeel van die destydse drankraad het ek ene Patrice Motsepe se naam vele kere teëgekom met die toekenning van wat destyds Spesiale dranklisensies was. Hy was toe 'n gerekende in die Taxibedryf (alle belange moes verklaar word). Hy het verskeie vingers in nuwe "taverns" gehad. Nooit gedink hy sou homself tot een van die rykste mense in Afrika kon verhef in so 'n kort tyd nie. Wel, ons het die lisensies uitgedeel soos suigstokkies want dit was pre-1994 en die gerugte was dat die ANC en spesifiek Mandela drankuitlate drasties gaan inkort na oorname (om logiese redes want die taverns was destyds in wese wat die Duitse biersale was pre-Adolf Hitler) Een dronk ou is 'n ergernis. Tien dronkes is 'n probleempie maar 'n honderd kan 'n regime verander Voeg by die buiteband en jy sit met iets wat hierdie regime baie goed weet katastrofies kan wees. En eens uitgereik is 'n lisensie baie moeilik om terug te trek nè?

    Dit is dalk deels die probleem. Waar lê die kern? Die feit dat ons toegelaat het dat mense hulself regte toe-eien. Die dude in sy laekoste huis kry danksy ons parlement en ESKOM krag teen 'n fraksie van wat dit jou kos. Want netnou brand hy dalk die burgemeester se huis af? Ek stel dit as 'n feit dat elke laekoste huis se kragmeter toegerus is om sy kragrekening af te bring tot 'n fraksie van wat joune is. Ek sit tewens met 'n paar van die "toestelle" wat ek te bang is om self te gebruik.

    Jy kan net vir so lank dinge verniet uitdeel. Dinge is besig om in te plof omdat ons sit met 'n "liberation before education"-generasie wat dink alles moet hulle toekom anders brand of betoog of kerm of kla hulle.
    Wat my stomverbaas laat is ons eie media se absolute stilswye. Waarom plaas ons koerante berigte oor 'n vakbondleier (nou president) wat bulle kan koop vir miljoene? Waarom vra niemand hoe de hel hy dit kan regkry as selfs Oppenheimer dit nie eens kon doen nie? Entitlement. Presies die rede waarom almal vrae vra oor Nkandla maar niemand 'n woord uiter waarom meer as 'n R100 miljoen spandeer is op 'n donnerse pad (wat niemand gebruik) na ons eie IKOON se huis by Qunu nie.

    Hulle (en ek sluit spesifiek ons media in) gebruik kulkunsies. Hulle trek jou aandag af met Nkandla en Rugby en intussen lieg hulle oor jou brandstofkoste alte lekker saam met die regime. Terwyl jou aandag op die trui is, steel hulle jou kind se fiets. Terwyl jy jouself bekommer oor die prys van petrol gooi hulle global warming (of nou is dit klimaatsverandering!!!) voor. En einste Taxi kry op elke liter petrol wat hy ingooi 'n groter rabat as die boer wat kos moet produseer.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg en Tiens Pretorius, dis lagwekkend skokkend hoe geld "wettig" gesteel word deesdae.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top