Die "wat as" van die land

  • 4

Hierdie brief weerspieël die mening van die briefskrywer en nie van die LitNet-redaksie nie.  

Partykeer laat ek bietjie my gedagtes gaan en kyk na die, "wat as"-situasie van die lewe. Ek kyk ook na die "wat as" van my eie lewe. Wat kon gebeur het en wat sou die situasie gewees het, wat as, ek dit of dat besluit het.

Die grootste wat tans op my gemoed kom lê kry het is, "wat as" die spul wat tans in die land regeer met hul, so lyk dit vir my, boewery, geploetery en gestelery so aankarring. Die vet weet so kan dit die f&@?!k weet nie aangaan nie. Met my gesonde verstand en logika het ek nie vir myself antwoorde of oplossings hoe die land uit die kake van totale verwoesting en ondergang gered kan word nie.
 
Wat my egter nog meer ontsenu, is dat daar net gepraat en gewarra-warra word. Die oplossings is voor die hand liggend. Hou op aan die verlede vasklou en -suig, en kyk wat is die huidige probleme en vraagstukke. Almal soek en dring aan op 'n "job". Watse "job"? Die regime is ooglopend nie gekwalifiseer en by magte om 'n land te regeer nie. Ek glo nie een van die bevryders het die vaagste benul van die werking van 'n gestruktueerde land en ekonomiese stelsel nie. Die bende word deur politieke bevrydingsretoriek gelei en gedryf. Die onvolwasse kiesers word aan die neus rondgelei en leë beloftes word gemaak.
 
Ek hou vol dat Afrika weer gekolonialiseer word. Afrika weet nie van demokrasie nie.

Afrikademokrasie werk anders as in die res van die wêreld.

 
Herkolonialiseer Afrika en red haar van haarself. 
 
Gebed en genade van Bo is ons enigste redding en uitkoms.
 
Reusedwerg
  • 4

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    "Wat as"? Dis die ou bobbejane agter bult gaan haal. Die uitdrukking wys onsekerheid, mense wie onseker is oor gevolge van besluite.

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    Kolonialisering en gebed alleen is nie 'n goeie poging nie. Die een is uitgedien en die ander een is met ons so lank as wat ons kan onthou ... sonder enige werklike sukses; wel, minstens tot nou toe in elkgeval. (Die ANC glo in elkgeval dat hulle deur God in die amp geplaas is want die Bybel sê so. Net soos ons maar ook gedoen het). Ook Cyril is nie 'n oplossing nie, mooi maniertjies, toesprake, kommissies en al. Interessant hoe daar nie met dieselfde maatstaaf gemeet word as dit by die miljarder leier van die ANC kom nie. Dis asof die media en politieke kommentators desperaat laer trek om hom. Hoe anders, wonder mens. Hy is dan deur hulle voorgehou as die redder wat SA deur die "Rooi See" sou lei. Om nou toe te gee dat dié se voete ook maar van klei is, is eintlik 'n aanklag op hulle (media en politieke kommentators) se eie oordeelsvermoë en niemand hou daarvan om verkeerd bewys te word nie. Die sinnetjie "maar wie dan anders" is, so glo hulle, vir nou genoeg om nie die debat te ver te rek nie en opponerende stemme se monde te snoer.

    So, maak vrede mense. Daar is nie 'n kitsoplossing nie en die kanse is uiters skraal dat 'n politieke party of dié se leier, ons gaan 'red.' Hulle doel, soos in die res van Afrika, is om ten alle koste aan bewind te bly. Die maklikste (en mees verkeerde) manier om dit te doen, is beloftes om alles verniet, ('mahala') te doen/te gee. Dis hier waar vyfster vertonings gelewer word en waar die idee "om in die sweet van jou aangesig, jou brood te verdien,' nek omgedraai word. En saam met dit, werks-etiek by die venster uitgegooi word. Voeg daarby om so 'n ietsie onder deur die tafel te vat wanneer belastingbetalersgeld uit is op tender vir noodsaaklike projekte, en die toekoms lyk broos.

    Die oplossing? Om eerlik te wees, geen idee wat 'n gewaarborgde, positiewe uitkoms kan verseker nie. 'n Goeie, dalk die beste, poging (al is dit meer langtermyn) is om by die mens self te begin. Om 'n klas mens te vestig met 'n waardesisteem wat kan onderskei wat reg en wat verkeerd is ... en dan daarvolgens te leef en leiers dienooreenkomstig aanspreeklik te hou. Hoe prakties uitvoerbaar dit is en of dit betyds kan geskied, is uiteraard 'n ander vraag.

    Vir nou is daar menslike troos faktore wat help. Dis die drie goue woordjies; geloof, hoop en liefde ... Wanneer ons ophou hoop gaan ons van binne 'dood' en hou ons op om te probeer. Ons en die land kan dit nie bekostig nie. As ons dit toelaat is dit Ikabod, verby, klaar ...

  • China en Bangladesh en Pakistan het ons lankal klaar gekoloniseer. Wanneer laas het jy by 'n onafhanklike, BEE bemagtigde kafee ingestap en melk gekoop? Die dude slaap onder die toonbank, betaal nie belasting nie, beskou jou as klant as 'n infidel en hy vat jou geld. Want as jy nie met melk by die huis aankom nie gaan die kinders en mammie more op jou kop kak.
    Die regime is 'n grap en hul "opposisie" het vingers in elke paai soos hier in die Weskaap waar tenders uitgedeel word aan vriende. Al ooit deur Ashton, George, Oudsthoorn Mosselbaai, ens gery? Kom kyk hoe kan mense wat die regime van korrupsie beskuldig REGTIG korrupteer. Vergeet van die regime. Alle regimes steel. Dis die bliksems wat die regime beskuldig wat die meeste steel. Onder Zille kon ek 'n dranklisensie vir onder 10k kry. Gewaarborg. Nou is daar 'n nuwe sg premier en ek hoor sy prys is ietwat meer as die darling van ons sg Afrikaanse media. Ons het ons politici, media, ekonome en helde vertrou. Ons het gedink hulle gaan vir ons dink en nou kak ons almal want hulle is werfetters.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top