Vrouedag-skryfkompetisie: Ma, imagine net

  • 5

Sê nou net jy kon lees, ma
dink net,
dan kon jy met my bundels in die
son sit en spog
"dié het my laaitie self geskryf,
ek wonder waar kry hy die talent,
aard seker na sy pa – baie gedink."

Sê nou net jy kon skryf, ma
dink net,
dan kon jy aantekeninge maak van jou eie lewe:
vrugtefabrieke se hande-arbeid
joernale van vloerskrop
en bekhou en aanhou en uithou
’n bestaan met bitter min keuses:
ter wille van oorleef,
ter wille van ons.

Ma, imagine net, hoe wyd en oop jou wêreld sou kon wees
maar, hierdie munt het ook ʼn flipside
nou onthou jy disse sonder resepteboek,
oorleef jy, minus handleiding vir begeleiding van bejaardes.

Hier, skuins voor 93
durf jy daagliks die lewe en die dood aan
só sonder pretensie,
sonder pen,
sonder papier.

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 5

Kommentaar

  • Met min woorde neem jy my op ñ verbeeldingsvlug in jou ma se lewe Clinton. So intens innig. Jou pen en papier....... vir my die luukse dat ek dit kan lees!!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top