Veldsoirée 2026: Die sewende, die einde van die waarheid, die sterfte van fiksie, die grafrede by die laaste boek en laaste leser.
2026-07-28"Maar sewe laat my ook onmiddellik dink aan Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins. En ja, tussen die fiktiewe ruimte van Welgevonden en die werklikheid van die sarkofaag op Buffelshoek is daar steeds die groot soeke. Dit is waarmee daar dié naweek deur sessie na sessie geworstel is. Dié soeke, die stoei met sin, maniere om opnuut te 'disrupt', soos Mphuthumi Ntabeni dit gestel het."
Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn: ’n resensie
2025-07-16"Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels fatalistiese val van die dice sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon."
Madibaland @ Bookbedonnerd 2024: Geliefdes, kom laat ons lees
2024-11-06"Lank lewe die saliges, dié wat lees, die Bookbedonnerd-familie, want aan hulle behoort die biblioteeksaal op Richmond en die verbeelde Melkweg besaai met verse en stories."
Elders gesien: Oor Kerkorrel en die flipside van “Gee, gee, gee”
2023-01-12"Onvoltooide stadions, krane (vir weke) sonder water, skole sonder basiese hulpbronne, hospitale sonder sorg, politici sonder integriteit, miljarde spandeer op wasteful and fruitless expenditure (of dan blatante selfverryking), die ligte gaan af in die Chelsea Hotel."
“Ek haat die kollig,” sê Clinton V du Plessis aan Jo Els
2022-11-30"Skryf kom sit in jou bloed, jy bly hoer met jou spoke, van boek na boek. Daar is nog woord- en versverset in my oor."
Arch (Desmond Mpilo Tutu)
2021-12-29"Jy
bou ’n brug oor die kloof
tussen Casspir, suburb en township,
maak geloof, gebed en God weer hip en relevant"
Elders gesien: Die illusie van normaliteit
2021-10-02"die doringboom bonsai in die voorportaal,
dié republiek is ’n lugborrel,
’n ballon wat wag dat die werklikheid,
soos ’n naald,
kom prik."
Elders gesien: Poolshoogte
2021-09-12"Hy’t sy kanse gevat
op resiesperde en jokkies
geskryf, bly skryf"
Elders gesien: Moerig, die uwe
2021-05-06"In die stemseisoen
in die tyd van blatant witvoetjie soek
die kruis en die vloek
die loslaat van die lekhonde
die gatkruipers en die bekruipers"
Elders gesien: Inname
2020-09-08"alles
wat, heilig ommuurd, tot besit vir beperkte gebruik verklaar is
wat goedgelowig omvattend gedek is deur versekering
alles sal onteer word."
Elders gesien: Stelwerk
2020-05-28"Die aarde is branding
en oral is klip, het jy juis gewaarsku.
Ook digters sal brand, soos fakkels in ’n donker land."
Elders gesien: "’n Klein handleiding vir die geliefde"
2020-01-14"daar was seisoene vol somers
hoofstukke soos uit Hooglied
hoe besete het ons gelewe,
hoe verruklik die bestaan, só saam"
Eindes
2019-12-12“Ook die geheue sterf uiteindelik – die onthou van die goeie, maar ook van die ongemaklike slegte aspekte van ’n bestaan. Hy wonder waar het die lewe vir Annerlik Jaans uitgespoeg?”

