Elders gesien: Oor Kerkorrel en die flipside van “Gee, gee, gee”

  • 1

...
Om te vreet is om te verorber, om morsig te eet, om soveel meer op jou bord te skep as wat jy nodig het, om uit die monde te neem van die wat met ’n skeppie sou kon oorleef.
...

Clinton V du Plessis skryf op Facebook:

Ek luister na drie covers van Kerkorrel se ikoniese Hillbrow: Coenie de Villiers & Francois van Coke, Theuns Jordaan en Stef Bos. Hoe het ons idealisme, ons omgee nie, só voortydig, saam met dié van Kerkorrel, gesneuwel nie?

In aansluiting by daardie, byna heilige, mantra, van “Gee, gee, gee,” onthou ek uit my kleintydse Sondagskooldae ook ’n ander opdrag: “Neem, eet.”

Beide hierdie versoeke roep beelde op van welwillendheid, van vrywillige bereidwilligheid om te deel en met dankbaarheid te ontvang. Die is woorde wat diepstaan in die gees en teken van medemenslikheid, Ubuntu.

Daarteenoor die hedendaagse nuwe leksikon, die era van gryp.

Maar is dit nie maar die wese van enige politieke bestel nie? Gryp en vergryp, sit in die DNS? Die kru kultuur van “vat en vreet.” Om verby bloot die basiese behoefte te wil “bekom”, ten alle koste, ongeag wie daaronder ly.

Onvoltooide stadions, krane (vir weke) sonder water, skole sonder basiese hulpbronne, hospitale sonder sorg, politici sonder integriteit, miljarde spandeer op wasteful and fruitless expenditure (of dan blatante selfverryking), die ligte gaan af in die Chelsea Hotel, en iemand hou aan om ons te vertel: “all is well.”

David Kramer het waarsku: “There are mambas in the gutters and the dogs are on the prowl. Hear the hyenas laughing…”

Om te vreet is om te verorber, om morsig te eet, om soveel meer op jou bord te skep as wat jy nodig het, om uit die monde te neem van die wat met ’n skeppie sou kon oorleef.

Fok, ek verlang na Kerkorrel se drome vir hierdie land, vir al sy mense.

Sien ook:

Mag Suid-Afrikaners kwaad wees wanneer hulle elektrisiteit voortdurend afgeskakel word?

Twintig jaar later

The ANC: Is there hope for a new generation?

’n Bus uit Oekraïne onthul die menslike kant van oorlog

Amanda Strydom se lied aan Johannes Kerkorrel

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top