Elders gesien: Poolshoogte

  • 0

Darkmoon Art | Pixabay

 

Clinton V du Plessis skryf op Facebook:

Poolshoogte

Bukowski het deur bottels en bywywe
bestaan probeer verstaan,
soveel lywe,
soveel insigte,
soveel ontnugtering

met sy kat, iewers in ’n woonstel
vuil sokkies en frokkies
klassieke meesters op middernagradio
rejections slips in die posbus
rekeninge en briewe met onsedelike voorstelle
van wannabe poets
’n tjek van ’n uitgewer
’n uitnodiging om voor te gaan lees
die foon wat ontydig lui
en sy tikmasjien wat
hoer en moer en rumoer en boer
met die woord,
die woord móét die knie buig
die gedig as gestig

hy onthou,
aknee
’n kragdadige vader
sy worstel met sin van werk,
onwillig om te hoort,
gemaklik buite die dampkring
van die skrifgeleerders
die fariseërs aan fakulteite
literary lynch mobs
saligmakers en poortwagters.

Hy’t sy kanse gevat
op resiesperde en jokkies
geskryf, bly skryf
die teks, kaal en nakend
verval, opset en mens
ontbloot tot waar
pyn en genot weerloos paar.

Groot in little magazines
’n reus van ’n middelvinger
buite die binnekring.

Eenkant.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top