
Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn (Protea Boekhuis, 2024)
Titel: Karooseun van Vosburg
Skrywer: Franklin Sonn
Uitgewer: Protea Boekhuis (2024)
ISBN: 9781485315667
In ’n tweede voorwoord by hierdie publikasie skryf Willie Esterhuyse oor sy vriendskap met Franklin Sonn en dié se rol as “leidende figuur” binne die groep bekend as “middelgronders”. Esterhuyse vertel van die dreigement deur die destydse president, PW Botha, oor wat hy met Sonn sou doen indien hy (Sonn) “nie sy negatiewe kommentaar oor die regering staak nie” (16). Botha het egter nie sy dreigement uitgevoer nie en Sonn oorleef om buitengewone hoogtes te bereik.
In 1984 word Sonn 85 en kyk met hierdie boek (246 bladsye) terug op ’n lewe wat begin het as arm Karooseun, die wêreld ingehelp deur “’n ongeskoolde, maar bedrewe vroedvrou”, grootwoordjare in ’n huis met waardes en reëls, sy tyd in en deur die onderwys met die gepaardgaande onstuimige jare van die KPO (Kaaplandse Professionele Onderwysvereniging), die verset en daaropvolgende politieke veranderinge, Washington se ambassadeurspos en nugtere besinnings oor identiteit en ons gemeenskaplike “Quo vadis?”.
.......
Hy begin sy verhaal aan die hand van C Louis Leipoldt se gedig “Sekretarisvoël” oor die verwarring rondom bruin mense se plek in hierdie land, maar verklaar dat hy nou, uiteindelik onomwonde kan sê: “[E]k weet wie ek is en is gemaklik daarmee. Histories-kultureel is ek ‘Coloured’, maar polities is ek ‘Black’” (17).
.......
Hy begin sy verhaal aan die hand van C Louis Leipoldt se gedig “Sekretarisvoël” oor die verwarring rondom bruin mense se plek in hierdie land, maar verklaar dat hy nou, uiteindelik onomwonde kan sê: “[E]k weet wie ek is en is gemaklik daarmee. Histories-kultureel is ek ‘Coloured’, maar polities is ek ‘Black’” (17).
Vir baie sal hierdie uitspraak aanvegbaar wees, gegewe die verskillende skakerings en ideologies-semantiese inkledings van “black” waaragter die staatsmasjinerie tans gerieflikheidshalwe skuil.
Ook ’n baie sterk sin vir die nou weg, vir die eensame en korrekte pad loop, aan die hand van sy beginsel van “Dit is nie genoeg om nie korrup te wees nie, mens moet onkorrupteerbaar wees” (17) – al voel dit asof hy die spreekwoordelike roepende stem in die woestyn is.
Sy ouers verhuis vroeg in sy lewe na Komani (voorheen Queenstown) en hier maak hy kennis met die Xhosa se kultuurgebondenheid, en hulle manier van rou maak ’n diep indruk op hom. Daarteenoor onthou hy die toevloei post-1948 van “werkersklas-Afrikaners” en hulle “sterk sin vir rassisme” en gepaardgaande “skelwoorde” (22, 23).
Met beide sy ouers in die onderwys (destyds was daar min geleenthede vir persone van kleur, dus het jy in die onderwys, die polisie of verpleging beland) word hy van vroeg respek geleer vir dissipline, ordentlikheid, korrekte Afrikaanse taalgebruik en die waarde van onderrig. Ook aan hierdie ander kant is die lyne tussen skool, kerk en geloof glad nie duidelik onderskeibaar nie.
Hy begeef hom in die onderwys, word geskors, trou, studeer na-uurs en verwerf twee universiteitsgrade asook ’n onderwysdiploma, word betrek in werksaamhede van die KPO, ’n pos aangebied as skoolhoof by ’n “moeilike skool” in Manenberg, is aanvanklik skepties en teensinnig, maar word tog oorreed om dit te aanvaar. Op ble 51–3 vertel hy hoe hy die gangsters wat ’n skrikbewind in die woongebied en by die skool gevoer het, uiteindelik laat inkoop by sy pogings om omstandighede gunstig te maak vir opvoeding.
Sonn skryf onderhoudend oor die jare van verdagmakery (KPO) en openbare verset teen apartheid, die verhaal van die Cradock Vier (Fort Calata, Matthew Goniwe, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkonto) en die gemeenskapsorganisasie Cradora (93).
Toe Nelson Mandela hom vra – of dan liewer opdrag gee – om die ambassadeurspos in die VSA te aanvaar, het hy nie vir ’n oomblik gehuiwer nie. Tydens sy jare daar bou hy bande op met van die invloedrykste organisasies en persone, en sy vrou raak by ’n hele rits projekte betrokke.
In die middel van die boek is verskeie foto’s (kleur sowel as swart-en-wit) van ’n agtjarige Sonn tot by dié saam met onder andere eertydse president Bill Clinton, Nelson Mandela, en by die ontvangs van sy 13de eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch.
.......
Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels fatalistiese val van die dice sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon.
.......
Teen die einde van die boek besin Sonn oor ons pad vorentoe. En op bl 233 vra hy die moeilike vraag waarop die leiers eerlik sal moet antwoord.
Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels fatalistiese val van die dice,sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon.
Lees ook:
Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern
Franklin Sonn op 80 oor Oos-Kaapse menslikheid en waardigheid
Book review: In Our Own Skins: A Political History of the Coloured People
Veertig jaar later: die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium
Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

