Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern

“Gerwel se deurlopende tema in sy rubrieke was hoe ons die openbare gesprek met en oor mekaar voer. Hy het altyd in sy rubrieke beklemtoon: ‘Die wyse waarop ons van en met mekaar praat, is tekenend van en vormend vir die patrone van saamleef in hierdie veranderende samelewing wat homself in soveel opsigte nog moet vind en definieer.'”