Veertig jaar later: die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium

“Navorsing word deurlopend oor dié skrywers en die daaropvolgende geslagte skrywers gedoen, terwyl strominge soos swart feministiese of queerskryfwerk waarvan daar 40 jaar gelede nouliks sprake was, deesdae toenemend aandag kry.” Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland reël van 9 tot 11 Oktober 2025 die vyfde Sas-byeenkoms.