Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 28

Die kompetisie is nou gesluit. Dankie aan almal wat deelgeneem het!

Op 9 Augustus vier ons Vrouedag en LitNet nooi jou uit om deel te neem deur jou skryftalent in te span. Is daar ’n vrou in jou persoonlike lewe of in die geskiedenis wat jou inspireer? Stuur vir ons ’n gedig of vonkfiksie oor die tema "’n Vrou wat ek onthou" en jy kan R2 000 kontant en ’n geskenkpakkie van ses boeke wen. Inskrywings in Afrikaans, al die variante van Afrikaans, en Engels word aanvaar. Die wenner word deur die LitNet-redaksie aangewys.

Jy kan oor enige vrou skryf – daar is geen beperkings nie. Dit kan ’n geskiedkundige of politieke figuur wees, of sommer net ’n onbekende wat ’n impak op jou lewe gehad het. Dalk het jou dogter, suster of ma jou geïnspireer? Of miskien fassineer die krag en deursettingsvermoë van ’n vroue-atleet jou? Of die leierskap van ’n openbare figuur? Die waagmoed van ’n avonturier?

Dink ’n bietjie na, maak jou potleed skerp en laat waai. Ons sien uit na jou inskrywing!

Hier is belangrike riglyne:

  • Slegs gedigte en vonkfiksie (kort-kortverhale) word aanvaar.
  • Vonkfiksie mag nie 500 woorde oorskry nie.
  • Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.
  • Slegs een algehele wenner word aangewys.
  • Soos altyd sal geen laster, persoonlike beledigings of andersins onpubliseerbare inskrywings geplaas word nie.
  • Die kompetisie open vir inskrywings op Vrydag 26 Julie en eindig 9 Augustus.

Om in te skryf: Die kompetisie is nou gesluit. Dankie aan almal wat deelgeneem het!

Stuur jou inskrywing per e-pos na litnetskryfwerk@gmail.com.

Stuur dit slegs as ’n Word-dokument of in ’n ander redigeerbare formaat.

Wen dié 6 boeke met die vriendelike vergunning van Lapa en NB-Uitgewers: Smit Motors deur Réney Warrington, Die Edik van Nantes Kookboek deur Nataniël en Erik Le Roux, Lira deur Chanette Paul, Donatello & Volksie deur Marion Erskine, Maaltye deur Christine Capendale en Cul-de-sac deur Elsa Joubert.

Maak seker jou inskrywing sluit die volgende in:

  • Jou naam en van
  • Jou telefoonnommer
  • Jou e-posadres

As jy in die buiteland woon, moet jy ’n Suid-Afrikaanse posadres/bankrekeningnommer verskaf.

Wie sê wie wen?

Die LitNet-redaksie kies die wenner.

Algemene riglyne en reëls

  • Geen laster sal toegelaat word nie. Die besluit oor wat lasterlik is, sal by die LitNet-redaksie berus, en LitNet behou die reg voor om lasterlike bydraes aan die kompetisie te onttrek. Geen debat sal deur die redaksie met die skrywer daaroor gevoer word nie.
  • Elke persoon mag slegs een inskrywing tydens die verloop van die kompetisie instuur.
  • Jou inskrywing moet ’n gedig of vonkfiksie wees. Vonkfiksie mag nie 500 woorde oorskry nie.
  • Jou inskrywing moet in Afrikaans / Afrikaaps / enige variant van Afrikaans / Engels wees.
  • Deur in te skryf, stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet (en LitNet se sosiale mediaplatforms) en op verwante ruimtes gepubliseer mag word, hoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Kopiereg bly joune en LitNet word nie die eienaar van jou inskrywing nie. Na die kompetisie mag jy jou inskrywing op enige plek publiseer.
  • Jy stem daartoe in dat jou inskrywing in mediaberigte of -uitsendings oor die kompetisie gebruik kan word.
  • Jou inskrywing moet jou eie werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie – insluitend op sosiale media.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • LitNet behou die reg voor om nie die prys toe te ken nie.
  • Die kompetisie open op 26 Julie en loop om middernag op 9 Augustus ten einde.
  • Daar word ’n enkele wenner aangewys, wat R2 000 kontant en ’n geskenkpakkie van ses boeke wen.
  • 28

Kommentaar

  • Arnold van Zyl

    Ek sal graag wil deelneem, gedig.

    Net 'n vriendelike versoek; waarom nou al die bank rekening no. deurstuur?
    Ek dink dat dit 'n redelike versoek is om die Bank-Nommer te vra aan die finale wenner.

    • Nie jou bankrekeningnommer nodig nie. Net genoem dat deelnemers wat oorsee woon, 'n Suid-Afrikaanse bankrekeningnommer sal moet verskaf.

  • Christine Simon

    Hi daar. Ek skryf dadelik in, maar ek is van Namibië so bank sal nie probleem wees nie, ons is gelink met Suid-Afrika.

    • Gedigte is selde so lank, maar as jy dan 'n lang gedig wil skryf, nie meer as 500 woorde nie, asb.

    • Hi Paul, you do need access to a South African postal address or bank account in order to take part in the competition, Naomi Meyer, content manager

  • Arnold van Zyl

    As die deelnemer nie aan die volgende vereistes voldoen nie:

    "You do need access to a South African postal address or bank account in order to take part in the competition," Naomi Meyer, content manager

    Wat staan die deelnemer te doen om wel deel te neem?

    • Dis in geval jy wen, Arnold. Ons het geen bankbesonderhede of posadres nodig vir deelname nie. Maar as jy die kompetisie wen, betaal ons slegs na 'n Suid-Afrikaanse bankrekening.

  • Litnet is gemaklik met maksimum 500 woorde. Toegeeflik! Interessantheidshalwe: Afrikaanse Skrywersgids, p. 73, sê dat "vonkfiksie" presies 100 woorde moet wees.

  • Arnold van Zyl

    Wat is die prosedure om aan die; Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou, deel te neem en waar word geplaas?

  • Charleine Olivier (Collins)

    Gaan daar nog gedigte geplaas word? Ek het op 10 Augustus 'n e-pos ontvang dat my gedig aanvaar is, maar daar is nog geen nuwe gedigte sedert 15 Augustus geplaas nie.

    • Goeiedag Charleine
      Al die aanvaarde inskrywings sal tydens Vrouemaand (Augustus) geplaas word.
      Groete

  • Ek is seker almal wat ingeskryf het is ook nuuskierig om te weet hoeveel inskrywings daar was? Vonkfiksie en gedigte. Of sit ek alleen in die hoek?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top