Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

Skryfkompetisie! Op 9 Augustus vier ons Vrouedag en LitNet nooi jou uit om deel te neem deur jou skryftalent in te span. Is daar ’n vrou in jou persoonlike lewe of in die geskiedenis wat jou inspireer? Stuur vir ons ’n gedig of vonkfiksie oor die tema “’n Vrou wat ek onthou” en jy kan R2 000 kontant en ’n geskenkpakkie van ses boeke wen.