Vrouedag-skryfkompetisie: Die buitengewone van gewoonweg

  • 2

Sonder ’n trompetgeskal verrys sy uit die oseaan, die berge, die lug, die sand. Soos Sirius – ’n glansende enigma in die duister van die nag. Ritmies transformeer haar vlerke in ’n knusse kokon van geborgenheid.

“Kom,” gly haar stem oor die wind, “Yiza apha mtwana wam.” *

En die dreunende voetval van man en vrou en kind vibreer deur murg en siel en vlees, terwyl hul voortbeur vir ’n plekkie in haar ligkring. Betower deur die euforie van haar liefde vermeng hul pyn, siekte, angs, verwerping tot ’n homogene eenheid vloeistof wat bruisend by haar wang aftuimel tot binne-in haar hart – daar waar niemand (behalwe sy) weer daarvan sal weet nie.

“Who are you?” roep die skare in vervoering wanneer wysheid, kennis in pag, deur haar sinapse tot in die fynste membraan van alles wat leef se weefsel pols.

“’n Engel?”

“Unkulunkulukazi?”*

Haar oorwinningskreet is soos die van ’n feniks wanneer die aarde vir ’n oomblik in sy wentelbaan stol en die universele boodskap van die Almagtige soos sproeireën oor die heelal stort.

“Sy is geen engel, godin, of glanspersoonlikheid nie. Sy is ma, ouma, suster, vriendin, vrou. ’n Doodgewone vrou. ’n Vrou om te onthou.”

*“Yiza apha mtwana wam.” Kom, hier my kind.

*“Unkulunkulukazi?” Godin.

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 2

Kommentaar

  • Antoinette, ek gee jou 'n staande ovasie! Dit is puik en besonders. Jislaaik, wat 'n buitengewone aanslag!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top