Antoinette Venter

Antoinette woon in die pragtige Jeffreysbaai-omgewing. Haar ouers het haar grootgemaak met ’n storieboek in die hand en die liefde bly haar by. Om stories uit te dink en neer te pen, is ’n direkte uitvloeisel van haar liefde vir lees.

Siembamba

Antoinette Venter Fiksie 2025-10-30

"Die diens is skaars verby of Mavis druk verby die tros adders by die kerkdeur. Sy het niks lus vir die gefluister om die teetafel waar hertzogkoekies en koeksisters die bitter waarheid moet versoet nie. Sy het haar belofte aan Sarina nagekom – sy was hier. Maar nou is dit tyd om die stof van Adderfontein van haar voete af te skud."

Toeskouer

Antoinette Venter Fiksie 2025-09-25

"Iets in die kind se weerbaarheid nooi Marna in. Sy raak één met die produksie. Sy ís die dekor, die choreografie, die klankbaan. Sy ruik die ou vrou se vrees. Sy voel die kind se háát, woede, weemoed, verwarring, verwerping. Sy is nie meer ’n toeskouer nie. Sy is Marna en sy is hier."

In gesprek met Antoinette Venter oor die Kinders van die gode-reeks

Louise Viljoen (JBay), Antoinette Venter Skrywersonderhoude 2025-08-20

"Mitologie is nie net ou stories nie. Dis ’n spieël vir die menslike hart. Dit help ons verstaan hoe mense dwarsdeur die eeue heen sin probeer maak het van lyding, liefde, dood en hoop. Dis die soort dinge wat ek glo kinders regtig laat nadink, selfs tussen al die aksie en avontuur."

Droomvanger

Antoinette Venter Fiksie 2022-10-13

"Sy verbeel haar die droomvanger wat sy bo die matras vasgemaak het, knipoog toe sy sê: “Seun, van vandag af is ek en jy nie meer niemand nie. Ons is Nickie en Jan-Frederik Bothma van Kamp Daisy."

Elders gesien: Koronavirus en higiëne

Antoinette Venter Elders gesien 2020-03-16

"Ek dink almal, wat dit kan bekostig, moet probeer om vir ten minste een mens wat dit nie kan bekostig nie, ’n bottel of twee vitamienaanvullings en seep te skenk."

Vrouedag-skryfkompetisie: Die buitengewone van gewoonweg

Antoinette Venter Skryfkompetisies 2019-08-06

LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie  – Vonkfiksie deur Antoinette Venter: “Sy is geen engel, godin, of glanspersoonlikheid nie. Sy is ma, ouma, suster, vriendin, vrou. ’n Doodgewone vrou. ’n Vrou om te onthou.”

Weerwraak

Antoinette Venter Fiksie 2017-11-16

"Haar liggaam voel nog steeds rou van al die geskroppery wanneer haar vriendin ’n bietjie later ’n koppie Earl Grey-tee in haar rukkende hande druk."

Gegroet, ons gister

Antoinette Venter Skryfkompetisies 2015-05-14

Van Pretoria tot by die Kaap se punt ...

Top