Gegroet, ons gister

  • 0

In memoriamplase.
Van Pretoria tot by die Kaap se punt
(en oral tussenin)
Rus hulle – ons helde (of nie) van gister
onder ’n stofkombers.
Verenig deur marmer; klip; beton,
herinner hulle ons nageslagte
aan wat kón, móés en nog sál wees.
Jan Smuts; Gandhi; Paul Kruger; Madiba
en nog vele ander ...
Sjalom – wederom – totsiens.
Wees gegroet.
Totdat ons eendag weer ontmoet.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top