Met klein bietjies bietjies
pêrels van liefde
het jy die wêreld se ballinge
met hoop aangeraak;
kreupel gepeupel
wat geen ander wou hê
het langs die armste van armes
teen jou boesem gelê
Krotbuurtkinders het bakhand
hoopvol na jou gedraai,
wyl die wesies van Kolkata
(persona non grata)
in moederliefde kon baai
Vir terminaal siekes
was jy ’n halfweghuis
waar jy die pad na die lig
aan die sterwendes kon wys
Heidene se sondes
sou jy goedgunstig afspoel,
al het jy self soms
godverlate gevoel
Geloof ras en status
het jou nimmer geskeel
die liefde vir jou naaste
was fundamenteel
o n b a a t s u g t i g
in humaniteit geseël



Kommentaar
Hartroerend!
Baie mooi...
Pragtig verwoord! Dit skets so 'n mooi beeld!
Pragtige huldeblyk Loretta
Met klein bietjies kan mens groot dinge vermag. Baie mooi verwoord
Baie dankie Anze. xx
Dis baie diep 😢
Baie mooi geskryf. Ons is trots op jou.
Jy het n gawe om met woorde te toor. Pragtige werk.
Pragtig uiteen gelê x
Baie baie mooi Tannie Lolla...
Sterk skryfwerk. Wel gedaan Loretta
Dankie vir die ondersteuning DJ
Baie dankie Elna
Haar verhaal kort en kragtig en baie mooi opgesom. Gee mens so baie oor na te dink.
Baie dankie Suzelle, ek waardeer jou ondersteuning.
Dankie Carla, ek waardeer jou kommentaar en ondersteuning baie.
Dankie vir die inloer en ondersteuning Monique
Dankie Elna, ek waardeer.
Baie dankie vir jou ondersteuning Marsha.
Prentjiemooi vertel.
Baie dankie Annatjie. Ek waardeer die inloer en kommentaar.
Dankie Chani. Ek waardeer die inloer baie. xx
Pragtige werk. Sy was n ware voorbeeld en iemand op wie se nalatenskap ons gerus kan bou.
Baie dankie Ferdie, ek stem 100% met jou saam.
Moeder Teresa sou trots gewees het op so mooi huldeblyk aan haar.
Well done tannie lollie! Weereens uitstekende werk. Mag tannie nooit ophou skryf nie. Ek wens dat Ivahné eendag op skool die geleentheid sal he om tannie se gedite te ontleed en met trots haar ouma se stem daarin sal hoor.
Soveel mooi skryfwerk hier.
Wow, jy maak ons trots. Goeie werk
Humaniteit: n Woord wat soveel die betekenis van nie verstaan nie. Jy gee mens baie om oor na te dink.
Dankie Marinda, ek waardeer die inloer.
Wow dit is baie mooi Loretha. Die huldeblyk is hartroerend.
Baie dankie Rentia
Baie dankie Chantellie, jou woorde beteken ongelooflik baie vir my. xx
Dankie Janna, ek waardeer die inloer
Baie dankie. Bietjies bietjies maak baie en so kan elke klien poginkie ook n groot verskil vir baie minderbevoorregtes se lewens maak.
Dankie Tomtom. Jy is my rots.
Goeie leesstof Loretta
Pragtige skryfwerk Loretta, ons kan almal maar in haar spore probeer loop.
Dankie vir die saamlees en ondersteuning Vica. xx
Dankie baie vir die saamlees PJ Henning. As ek enige iemand kan laat nadink en selfs sover kan kry om net n klein verskil te maak, beryk ek ook n doel vir die beter.
Baie dankie Danielle, ek waardeer die saamlees.
Baie baie dankies Jakkie.
Baie dankie vir die saamlees en mooi kompliment Martin, ek waardeer dit opreg.
Feite Ella, dankie vir die saamlees.
Om met woorde n prentjie te vorm, is n besonderse talent! En jy kry dit reg! Jyt n absolute gawe met woorde! Pragtige huldeblyk
Baie mooi geskryf.
Baie dankie Christelle. Ek waardeer die inloer en saamlees opreg.
Jy bring die beelde baie mooi na vore.
Baie dankie Alta, ek waardeer die inloer en saamlees so baie.
Baie dankie vir jou pragtige kommentaar Ani.
Ek sekondeer vir Ani. Pragtige huldeblyk aan n besonderse mens hier geskets.
Maggies maar jy kan die mooiste prentjies met jou woorde optoor. Ek hoor en voel die seisoene se musiek. Puik geskryf Loretta.
Uitstekende werk Loretta. Ons is trots op jou.
Lofuiting aan 'n ongelooflike mens. Puik gedoen.
Ek waardeer jou mooi weerde opreg, dankie D Goosen
Dankie SH Botha, ek waardeer jou mooi kommentaar baie.
Baie dankie Andre - jou woorde beten baie vir my.
Dankie vir die gereelde inloer FH Henning, dit word opreg waardeer.
Puik geskryf.
Baie dankie Charmaine 😉
Wat n skilderagtige mooi huldeblyk,
Baie dankie vir die inloer en mooi kommentaar R Human.