Kommentaar

Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening

Sarie 2020-11-02 Uitstekend gestel.

Charismatiese Christene en netwerkbemarking

Angus 2020-11-02 Beste FC Boot, Jy is weer alte gou by om my van twakskrywery te beskuldig. dis nie ek wat sê daar bestaan iets soos erfsonde nie. Ek is ‘n ateïs en vir vir my bestaan daar nie iets soos sonde nie. Beskuldig maar liewer vir Augustinus, Calvyn en Luthe

As bikers brood breek

Amanda 2020-11-02 Weet jy hoeveel beteken jou skrywe vir my. Ek en my man het ons eerste "bike" gekoop. Ons leerbaaidjies en kopdoppe lê gereed vir ons eerste groot "run".

As bikers brood breek

Gert 2020-11-02 Blerrie mooi gedoen

Gerrit Schoonhoven: Hofnar en filosoof

Johan E 2020-11-02 Wat Gerrit met 'Piekniek by Dingaan' verrig het kon net hy regkry. Sy beginselvastheid, eerlikheid as mens en kunstenaar het respek by ons almal ingeboesem. Hy het geweet wat en waarom die werk op die planke moes kom en ek eer hom daarvoor. Dankie, Schalk

As bikers brood breek

Driekie Grobler 2020-11-02 Baie raak en mooi gestel.

Makataan se anner naam

Leonie van der Westhuizen 2020-11-02 Olivia, ek het hier beland omdat ek die woord "karkoer'' opgesoek het. Ek het soveel meer gekry. Ek het 'n les van iemand gekry wat in stilte waarneem, en uit die hart uit kon sê wat eintlik pla. Jy's reg, so reg!

Charismatiese Christene en netwerkbemarking

F C Boot 2020-11-02 Beste Angus Nou praat jy weer 'n bietjie twak. Wanneer 'n boogskieter wat van God en sy gebod niks weet nie sy teiken mis - dan het hy die woord gebruik. Lees gerus die volgende waar ek met erkenning aan "https://www.jewishvirtuallibrary.org/sin" hier pla

Kuberklas: Afrikaans Huistaal, Graad 8, November 2014

Tristan Grundling 2020-11-02 Hi, ek is 'n graad 8-student by Marais Viljoen. Sal dit moontlik wees as ek November-graad 8 vraestelle kan kry, asb?

Professor Burger en Crito trap oor die tou

Raed-na-Gael 2020-11-01 Prof Burger, onthou tog, 'n mens mag nie kinders tugtig nie, om boonop die mes uit te haal ... "In die tweedelaaste paragraaf is die wrede messteek. Prof Burger verwys na ’n gids vir beginnerskrywers en sê dat Conradie basies elke reël van ’n goeie

Professor Burger en Crito trap oor die tou

Karin Behrens 2020-11-01 Ek stem saam. Dit was on onnodig venynig, veral deur iemand wat veronderstel is om van beter te weet.

Charismatiese Christene en netwerkbemarking

Angus 2020-11-01 Beste FC Boot, Ek het wel deeglik my eie raad gevolg en die woord "sonde" deurtrap en fyngetrap. Hier volg ‘n opsomming, aangesien jy dit blykbaar nie gelees het nie. Dit kom van Sanskrit "satya" wat "werklik skuldig" beteken. (Sanskrit is die oorsprong

Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver

Henning Janse van Vuuren 2020-11-01 Ek ken min mense wat iets sal sê soos: “Sien julle aan die anderkant. Waar dit ook al is, wanneer ons ook al daar sal uitkom.” In Karel Schoeman se slot van die dag lees ek, 'When lilacs last in the dooryard bloom’d' (Whitman) Come lovely and

The dualistic approach to labour relations in contemporary South Africa: A systems theory perspective 

K.B.van Niekerk 2020-11-01 Gevangenes moet groentetuine maak. Dit was lankal terug by Leeukop en nog ander gedoen om die tronkkombuise van groente te voor sien. Die gevangenes betaal sodoende vir hul tronkverblyf. Iemand in 'n tronk het self sy/haar menseregte verloor.

Jakarandastad

Driekie Grobler 2020-11-01 Dit is hierdie jaar vir my besonder mooi, dankie Desmond, waardeer jou lees en kommentaar.

Ode aan ’n plaaswerker

Nico Schamrel 2020-11-01 Jammer, maar jou van verskyn nie in die bogenoemde nie.

Jakarandastad

Desmond Gird 2020-11-01 Baie mooi gedig, Driekie. Ek is teruggevoer na my grootworddae in die Moot waar die Jakarandas van weerskante oor strate gegroei het en lieflike lang tonnels gevorm het. Baie dankie.

Ode aan ’n plaaswerker

Coen Vollgraaff 2020-11-01 Baie dankie Nico. Ek waardeer jou woorde. Jy het egter my van foutief. My van is Vollgraaff

The changing meaning of the Voortrekker Monument: heritage gain or heritage loss?

| Liz at Lancaster Guest House Blog 2020-11-01 […] The changing meaning of the Voortrekker Monument: heritage gain or heritage loss? […]

Pop

Desmond Gird 2020-11-01 Spaarsamig soos 'n Toulouse-Lautrec skets word die seermaak van verslawing uitgebeeld: Pop met leë oë en lyf vol dwelms, hy verknog aan pornografie en sy verval in wynvat. Amanda, jy het die essensie van 'n plaag reguit en oortuigend geskets. Welgedaan!

Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver

Marietjie 2020-11-01 Marita, dankie, ek lees so graag jou stukkies en het nou per toeval op die een afgekom. Jy het so dikwels in my gedagtes opgekom met die vorige lockdown, seker as 'bekende' in ’n vreemde land. Bid vir julle. Bid dat julle die verloop ook sal kan hardloo

Professor Burger en Crito trap oor die tou

André 2020-11-01 Ek stem! Dit was bloot ‘n wrede en verkleinerende geskrif deur iemand wat as hoof van Afrikaans by UP juis simpatiek moet wees teenoor eerste boeke en die bestaan van die taal.

As bikers brood breek

Nicolaas 2020-11-01 Netjies & raak!

Taxi’s en busse en treine

Ja swaer 2020-11-01 Honderde miljoene van staatsgeld wat geleen en rondgeskuif is in die begroting is gesteel deur staatsamptenare die afgelope 6 maande onder die dekmantel van die covid (oordrewe) pandemie. Grootskaalse korrupsie en diefstal van staateeiendom en geld was ni

Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver

Alicia Nel 2020-10-31 Liewe Marita, ek dink aan jou... en ek wonder wat ek sou neerpen as ek die moed gehad het...

Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver

Esther Snyman 2020-10-31 Marita dankie. Vanaand het jou skrywe my besonder geraak. Ek wat gewoond is om afgesonder te leef, is hard getref deur die vorige lockdown... Sterkte, seën en liefde in die tyd wat voorlê. Vir jou en jou wederhelfde... mag julle saam die donkerte tees

Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver

Estelle Neethling 2020-10-31 Marita se ontboeseming is veel meer as aandoenlik. Elke keer, het ek al ondervind, wat 'n mens in alle egtheid die hart oopmaak, word ander gehelp. Met haar kragtige profiel, glo ek, het sy hiermee tallose mense in hierdie onnatuurlike lewenstydperk gehel

Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver

Gustaf Claassens 2020-10-31 Soms kom daar skrywes uit 'n ander windrigting wat soos 'n opslagwind 'n mens se kuif laat wip. Dis soos 'n mini kortverhaal....... met klank, wat verder kleur gee aan 'n storie wat tref. Hierdie is so een. Baie gaan baat vind hierby. Dankie.

Chanette Paul (1956–)

Elize Cerfonteyn 2020-10-31 Chanette, ek het altyd my neus opgetrek vir romanses, maar ek het so pas jou drie Vywervroue VERSLIND. So opreg, so menslik, so ongefokkenlooflik lekker en sonder literêre pretensie. Skryf nog, asseblief.

Jakarandastad

Driekie Grobler 2020-10-31 Aaaah, baie dankie Nico, opregte dank vir jou bemoedigende woorde, word opreg waardeer.

Steinheist: Markus Jooste, Steinhoff and SA’s biggest corporate fraud by Rob Rose: book review

David Meades 2020-10-31 Hierdie boek van Rob Rose is verreweg die beste wat nog in Suid-Afrika oor skandale in die korporatiewe sektor uitgegee is. Dat Jooste nog op vrye voet is, is onverstaanbaar. Ook dra van die ander belangrike spelers in hierdie skandaal baie meer skuld as

Kommadagga-opinie: Hou ons begrafnis of show ons af?

Gamida Soeker 2020-10-31 So praar ’n bek, Theolla! Luke jou style van Skye...jy herrit! Sal hou daarvan on nog van jou sprokies en setjies te lees. ♡ Hou so aan! Mooi werk!

Taxi’s en busse en treine

Chris Erasmus 2020-10-31 Elke land verdien die regering vir wie daar gestem word.

Filmresensie: Wesens

Susan le Roux 2020-10-31 Het fliek gesien. Verseker innoverend en stof tot nadenke.

Die dominium of eiendomsreg van ’n bestorwe boedel op die oomblik van die erflater se dood

Chris Marnewick SC 2020-10-31 Ai, het ons nie met hierdie onderwerp gesukkel toe ons in 1969 Erfreg by Frik van Zyl op die PUK geloop het nie! Van Zyl het vir ons gepreek oor 'n sogenaamde "boedelbestuursverband", as ek die naam reg onthou, wat by die afsterwe van 'n persoon onmiddell

Taxi’s en busse en treine

Johann Basson 2020-10-30 Iewers moet die regering verantwoordelikheid neem vir die maniere waarop hulle hul burgers faal. Ons verdien beter.” Iewers moet die ANC-stemvee verantwoordelikheid neem vir die maniere waarop hulle hul medeburgers faal deur herhaaldelik vir die vrot

Senekal

Anna 2020-10-30 Dankie vir hierdie woorde, Johann.

Brendin Horner

Anna Weideman 2020-10-30 Sê sy naam: #BrendinHorner

Pop

Berdéhan Brand 2020-10-30 Skitterend.
Top