dodelike drange
wynvlek waardeloos
die triomftapyt
afskuwelike afrodisiakum
emigreer energiek
(sonder stop)
esoteries erotiek
bruisend, bloeddorstig
en verwoestend vloei
die godslasterlike gif
soos Gomorra grimmig groei
slingerend en smekend
dronk van dwasedrank
pertinent pleitend
in beskuldigdebank
speel 'n sagte simfonie
op jou harp se laaste snaar
en strooi my sondes
langs 'n soutpilaar
Kommentaar
Wat 'n uitstekende gedig!
Meesterlik soos altyd Francois Meyer.
Harde gedig met 'n sagte, tog hoopvolle slotstrofe ... Baie goed verwoord!
UItstekend!
Puik gedig!
Briljant geskryf!
Pragtig!
Baie dankie aan elkeen wat kom saamlees het! 🙂
Wow! Groot applous vir hierdie woordkuns!
Hygend hert. Lanklaas so iets gesien. Net woorde versamel in een hopie.
Inderdaad strooi jou sondes langs 'n soutpilaars.
My jinne, Gysie. Lees dieper. 😉
Ak gehoor van abstraksies/. Verwarde beeldspraak? Ek dink die digter moet meer goeie poësie lees. Watter diepte sou skuil in
afskuwelike afrodisiakum
emigreer energiek
(sonder stop)
esoteries erotiek
Ek het twee interpretasies van die spesifieke gedig. Albei afleidings regverdig die abstrakte beelde. Miskien omdat dit ‘n baie persoonlike en sensitiewe boodskap versteek. Ek is ‘n aanhanger van abstrakte poësie. Sover my en vele ander lesers (aangesien die digter ‘n paar topverkoper e-boeke vrygestel het) se kennis strek is daar nie ‘n reël wat bepaal dat poësie nié abstrak mag wees nie. Daar is tog iets soos vrye vers en digterlike vryheid. Jy mag dus jou opinie lug en en jou smaak mag van myne en ander verskil, maar dit beteken beslis nie dat alle poësie so op die man af moet wees soos die poësiepolisie se kommentaar nie. 🙂
Nee dis nie reëls van die poësiepolisie nie. Tog die moderne digkuns maak die voorstelle: Skryf konkreet, vermy abstraksies, vermy mooiskryf . Digterlike vryheid is nie 'n paspoort na swak gedigte nie.
Hier is 'n paar wenke van Johann de Lange (let op wat abstraksies is):
Spel: Daar is vir my altyd ’n element van spel in poësie; uitdagings
wat die digter vir homself stel. Dis in die eerste plek ’n spel met taal
en met die moontlikhede van taal, ’n poging om disparate dinge saam
te dig, om paradokse op te los. Woorde is nie net daar om idees oor
te dra nie. In die poësie moet die woorde op sigself ook die aandag
van die leser vasvang.
• Skryf konkreet: Gebruik jou sintuie, hulle is nuttige werktuie. Vermy
abstraksies, woorde wat eindig met -heid. Leer hoe om te kyk, hoe om
skerp waar te neem, en hou in gedagte wat Wallace Stevens by
geleentheid gesê het: "Accuracy of observation is the equivalent of
thinking”. Of nader aan eie bodem, Hennie Aucamp se opmerking dat
helderheid altyd styl moet rig. Die gedig sê nie, hy wys. Frances
Mayes stel dit soos volg: "We respond immediately to language that
seems to be experience, rather than language that seems to describe
experience”.
• Mooi reels: Wantrou mooi reels. Hulle is óf te mooi, óf nie jou eie nie.
Dis 'n lang PDF wat jy sal kry deur te Google: Hoe om (soos iemand anders) te skryf
'n Mens is mos nooit te oud om te leer nie (smiley)
🙄🙄🙄