Vir wie kyk ons uit?

  • 4

Foto: Canva.com

Die dood het die kapasiteit om mense te breek, in duisend stukkies te versplinter.

Soos Tazné se ma wat flou geraak het, of miskien Reagan se ouers wat nie eers kon comprehend wat gebeur het met hulle kind nie. Wat van Bridgenay se ma toe sy moes hoor haar kind is vermoor deur haar vorige kêrel – ’n man wie sy in haar huis toegelaat het, vir wie sy kos gegee het? En wat van die nuutste nuus van die twee kinders in Newton, ’n kind wie maar nounet nog ’n naam is wat ek kan byvoeg op die lys?

Die 3-jarige Diego se lykie is gevind in ’n stukkende kar agter in hul jaart, die meisiekind is swak, maar lewendig en nêrens is daar sprake van wat gebeur het nie. Nog ’n familie wat in rou gelaat is. Maar dis nie die punt wat ek wil maak nie. Ek wil eintlik net weet: is DIT nodig? Sal hierdie nodig wees as ons kinders nie so grusaam vermoor word nie? Ek is kwaad vandag.

Vra jouself af: wat baat dit jy gee chips en lekkers vir Tazné se maaitjies, as hulle die volgende slagoffer van nog ’n predatoor kan wees? Wat baat jou chips en lekkers? Wat baat dit almal is kwaad op Facebook en maak kapsie deur lang paragrawe te post? Wat baat jou videos waarin jy praat van die toestand van die land? Wat baat jou protes?

Dis ’n bewusmakings poging ja, maar hoe help dit?  Wat baat dit ek skryf hier? Hoeveel keer wil julle ouers leer om meer vigilant te wees? BESEF julle dan nog nie, na soveel jare BAAT dit nie hoe vigilant jy of enige ander persoon is nie, want vir WAT en vir WIE is ons spesifiek op die uitkyk?

Die gevaar is dan letterlik orals vir ons mense – jou ma, jou pa, jou broer of neef, jou kêrel, selfs oupa! Die hoof by die skool, jou baas by die werk, so vir wie kyk ons uit? As ons veronderstel is om sekere mense te vertrou. Hoe onderskei ons tussen goed en kwaad as ons nie eers die pastoor by die kerk kan vertrou nie?

Miskien het dit tyd geword om die middelman uit te skakel en direk te gaan tot by die MAN. Maak dan die voorbeeld waarvan almal praat, laat die oortreders BANG wees om misdaad te pleeg. Wat dink julle? Hoekom is hulle nie bang vir tronk toe gaan of selfs om terug te gaan nie?

Want besides die moontlike "rape" en so nou-en-dan se aanranding is die tronk mos eintlik Sun International. Hulle het meer om te eet as die studente en mense by die huis. Kry verniet sielkundige hulp waarvoor jy moet betaal, want jy is nie eintlik geestelik versteurd as jy nie mense moor en verkrag nie, so tot dan sal jy maar geld betaal vir jou sessie.

Die tronk is te luuks, nou nie vir jou wat nog nie daar was nie, maar vir die wat só lank en baie daar was is dit nou al beter as die huis. Nogmaals, remind my wat is die doel van parool?

Party mense verander regtig in die tronk, en ek is BLY vir hulle maar hoekom oortreders tronk toe stuur, basies vir hulle sê gedra jou mooi, want jy gaan parool kry en dan kan jy maar weer kom afbreek. Tronke is vol, laat dit VOL bly.

Ek wens die gereg kon hul ondersoeke beter doen en ophou so slapgattig wees, hoekom so baie hofsake het as jy WEET of selfs gesien het op ’n video dat die persoon skuldig is? Verduidelik vir my, want ek flippen verstaan nie. Ek is KWAAD vir die land en sy regstelsel.

En ons? Wat doen ons, of wat kan ons doen wat nog nie gedoen was nie? Ek vra myself af: hoekom verdien hulle nog menslikheid? Want "oortredings" aside is dit maar net nog ’n mens met "issues", né? Fooitog. Menslikheid se voet, jy moor dan? Hoekom verdien jy empatie?

Hoekom praat julle van dit was ’n fout of ongeluk wanneer iemand dood gesteek word? Wanneer jy ’n kind se kop vergruis met ’n betonblok, verduidelik vir my miskien in ’n ander taal hoe dit ’n fout kan wees?

Die moment as jy jouself bewapen met die intensie om iemand anders leed aan te doen, dan WIL jy mos moor? So hoekom nou simpatie verwag van mense af? Hoekom moet jy nog dieselfde mensregte het? Die land is in sy maai want ALMAL het dieselfde regte. Soveel vir equality. Dankie! Ek is moeg, moeg van skryf oor die goed, moeg van lees oor dit, moeg van dink , praat en huil oor die goed!

Ek is kwaad  vir land, maar my hart bloei. My hart bloei vir ons kinders.

Daar is dan juis mense bo ons geplaas in posisies om hierdie dinge te beheer, en ek sê beheer, want dit kan nie verhoed word nie – maar dalk, net dalk as ons gelukkig is ...

  • 4

Kommentaar

  • Avatar
    Tiens Pretorius

    Al wat sal help is die doodstraf. Dit sal ten minste vir sommiges 'n afskrikmiddel wees, indien dan nie vir almal nie. So verminder ons ook die tronkbevolking van "mense" wat nie verdien om te leef nie en 'n groot las op die belastingbetaler is. Dit kan ook geld vir brandstigters en verkragters en 'n hele reeks ernstige misdade.

  • Hoe onderskei ons tussen goed en kwaad as ons nie eers die pastoor by die kerk kan vertrou nie?
    Ai, tog! Ek voel maar jammer vir jou as die pastoor vir jou moet sê wat goed is en wat kwaad is.
    Daar verskil ons ateïste van julle gelowiges. Ons weet sommer vanself dat moord en diefstal en onreg teenoor jou medeburger verkeerd is. Ons het nie pastore en bybels nodig om dit vir ons te sê nie.

  • Avatar
    Gert R. Rebergen

    I'm sorry 'Angus', the role of the pastor isn't the message of this contribution of Caylie Nutt. You're missing the mark and polarise believers and non-believers because you disqualify the believers for the benefit of the non-believers. I think you know exectly the difference between wat goed is en wat kwaad is. You seem to be a good man and also Caylie looks like a good woman. Why polarise?
    Warm regards, Gert (convinced non-believer, living in The Netherlands)

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, Hammorabe was nie Christen, Jood of Moslem nie. Hy het egter in sy samelewing misdade gekodifiseer/geskep. Ook idee van polis, wat verwys na stad waarin burgers aangestel was om die reg toe te pas en op te pas. Ouers in huishoudings het plig om kinders oor reg en verkeerd op te voed. Hoe gemaak as ouers nie weet wat reg of verkeerd is nie, maar hordes kinders maak?
    Dis dieselfde met persoonlike en algemene higiëne.
    Dis vir my net tekend van die tyd, alles is "staat se plig", in land waar mense aan verskeie afhanklikheidsindrome ly en nie selfbestuur wil toepas nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top