Wil jy graag wiskunde beter verstaan? Het jy al gewens dat ’n wiskunde-onderwyser vir jou begrippe wat jy nie verstaan nie, op jou selfoon- of rekenaarskerm kan verduidelik? LitNet laai deesdae video's op wat skoolkinders van verskillende grade kan help. Lee-Ann West is ’n wiskunde-onderwyser wat sommer al in die wintervakansie gaan begin om jou wiskundelewe vir jou makliker te maak. Van nou af kan jy elke week ’n kort video kyk wat handel oor werk wat julle hierdie kwartaal in die klas gaan behandel. Hier is ’n video spesiaal vir graad ses-leerders, waarin werk bespreek word wat julle in die derde kwartaal gaan behandel. Volgende week kom die volgende een.
Kommentaar
Soek asb graad 6 wiskunde vraestel en memorandum om my kind te laat oefen
Hallo Madeleine, kyk gerus hier: https://www.litnet.co.za/search/?q=wiskunde+graad+6.
Hallo ek soek graad 6 afr eerste add taal vraestel en memo asb. Asook die volgende - van ons onnies het bedank - en het hulp nodig in die volgend vakke maths grade 4-7 Ems grade 7 Ns grade 7 and Tech grade 7. Ons eksamen begin 18 November2019.
Hallo! Hier is 'n indeks van die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dis ingedeel volgens graad en vakgebied. Jy kan deurblaai om te sien of daar is waarna jy op soek is. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Hi, ek soek graad 6 2 de kwartaal 2020 skoolwerk asb.
Hallo! Hier is ’n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied en ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by.
Goeie dag, ek het tans bietjie hulp nodig met Intervalle vir GR6.
Ek wil graag aan my seun verduidelik maar sukkel so bietjie
Graad 6 wisk 4 kwartaal
Hallo! Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Kyk telkens by die graad en klik op die skakel om die gratis vraestel of memo in PDF-formaat af te laai. Groete, die LitNet-redaksie