Kuberklas: Afrikaans Huistaal, Graad 8, November 2014

  • 31

Klik hier om Paul Roos Gimnasium se November 2014-vraestel vir Afrikaans Huistaal Graad 8 af te laai. Hier kan die memo afgelaai word.

Hierdie vraestel bevat die afdelings "Begripstoets en taal" en "Digkuns en roman".

Die vraestel is opgestel deur Hesti van der Mescht. Lees hier 'n onderhoud met haar.
 

  • 31

Kommentaar

    • Ons is stelselmatig besig om vraestelle by te werk. Op die oomblik begin ons met wiskundehersieningsvraestelle vir leerders van alle ouderdomme. Daar is vandag graad 5-vraestelle geplaas. Hou LitNet se skoleafdeling dop vir vraestelle van ander vraestelle, aangesien ons dit byvoeg as dit tot ons beskikking is.

    • Goeiedag, ons het onlangs 'n graad 8-wiskundevraestel en -memo opgelaai en voeg nuwe hersieningsmateriaal by soos wat dit beskikbaar is.

    • Hallo Ingrid, ons werk vraestelle by soos wat ons dit ontvang. Hou ons notas, toetse en vraestelle-afdeling dop vir nuwe hersieningsmateriaal. Groete, die LitNet-redaksie

  • Marianne Erasmus

    Goeie dag ek is dankbaar vir hierdie hulp en sal graag Gr 7- 11 Afrikaans Add Taal vraestelle wil kry op n gereelde basis. Groete

  • Opsoek na Gr8 Afrikaans November eksamen vraestelle, en graad 7 Afrikaans en EBW November vraestelle. Kan iemand asb help?

  • Goeie môre, ek is op soek na die basiese beginsels wat betrekking het op Tegnologie gr 8, veral op driedimensionele tekeninge.
    Baie dankie,
    René

  • M van der Berg

    Volgens my rekenaar kan ek nie die Graad 8 November vraestel aflaai nie omdat dit nie 'n secure link is nie. Is daar 'n moontlikheid dat ek dit op 'n ander manier kan aflaai. Gr 8 Nov Afr Huistaal.

    • Hallo! Jy kan enige inhoud gratis aflaai en dalk is dit 'n verstelling op jou rekenaar wat aandui dat dit nie veilig is om dit af te laai nie. Al die inhoud is egter skoon en moontlik om af te laai sonder dat dit 'n probleem veroorsaak. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • Tristan Grundling

    Hi, ek is 'n graad 8-student by Marais Viljoen. Sal dit moontlik wees as ek November-graad 8 vraestelle kan kry, asb?

  • Goeidag dit is Chanelle Pretorius ek is in graad 8 en het Covid gehad , ek het my hele eksamen gemis en soek graag 'n Afrikaanse vraestel om myself te toets
    Groete.
    Chanelle

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top