
Ouers, loop die eksamenspook? LitNet het vraestelle en memorandums om te help.
Eksamen skryf is helaas nie ’n toeskouersport nie. Hoe meer jy oefen, hoe makliker word dit. Daar is geen beter manier om te oefen vir ’n eksamen as om eksamen te skryf nie. Daarom plaas LitNet gereeld nuwe vraestelle, memorandums en oefeninge op ons skoleportaal. Klik gewoon hier.
LitNet se oefeninge, vraestelle en memorandums is:
- gratis;
- belyn met die KABV; en
- opgestel deur onderwysers en kundiges wat in die praktyk met die kurrikulum te doen het.
Elke graad is duidelik gemerk, en ons dui ook aan watter gedeelte van die vakgebied of watter tydperk van die jaar se werk gedek word. Nuwe materiaal word gereeld bygevoeg.
LitNet plaas ook verrykingsmateriaal, video’s en ander artikels wat moeilike begrippe verduidelik.
Daar is meer
Soek jy tekste om lees- of luisterbegrip te oefen? Gaan loer by LitNet se afdeling vir nuwe skryfwerk geskep vir die klaskamer, of klik hier vir alle nuwe skryfwerk.
Soek jy nuus oor kos, kuns of musiek? Wat van boeke en skrywers? LitNet het iets vir jou.
Wil jy meer weet oor die akademiese debatte oor die onderwys? Lees wat die kundiges sê in LitNet Akademies en op ons skoleportaal.
LitNet is 21 jaar gelede gestig en is ’n gratis, onafhanklike internetjoernaal.
Vir LitNet is die toekoms van Afrikaans as onderrig- en akademiese taal baie belangrik. Ons ondersteun die kunste, aktuele debatte, kritiese gesprekvoering en die bevordering van nuwe skryfwerk.


Kommentaar
Ek is baie bly oor die gratis oefenvraestelle! Dit was 'n moeilike jaar en die kinders het min tyd gehad om op te vang! Baie dankie!
Ons gebruik al lank LitNet se oefenvraestelle. So dankbaar daarvoor. Kids baie rustiger tydens eksamens, omdat hulle beter voorbereid is. Kort nog net bietjie Tegnogie en NW vir Gr 7's.
Dankie vir die positiewe terugvoer! Ons gaan kyk of ons gou kan help met vraestelle. Ons vraestelle word deur kundiges opgestel, maar ons doen ons bes om so gou moontlik en voortdurend nuwe inhoud by te voeg. Ons hou jou op hoogte! Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Baie dankie! Dit sal so baie help!
Gr. 5
Ons dateer gereeld ons databank op, soos die vraestelle inkom. Het jy op die graad 5-gedeelte gaan soek?
Die is wonderlik!
Ek stel belang asb? Graad 5 en Graad 9.
Melissa. Klik gerus op graad 5 en 9 en loer wat daar is. Ons werk ons databasis gereeld by.
Ek stel belang, Gr. 4 asb.
Klik net op graad 4, asseblief!
https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Gr5 Afr 1ste Taal en Engels Addisionele tall vraestelle, asb.
https://www.litnet.co.za/wp-admin/edit.php
Hou maar ons ruimte dop by graad 5, ons probeer dit gereeld bywerk.
Step belang in graad 8.
Klik op die indeks en dan op Graad 8.
Sal bitter graag meer wil weet oor die vraestelle.
Klik net op die skakel...
Kan ek asb toegang tot hierdie webwerf kry?
Dit is oop vir almal, Malinda.
Dankie
Wil graag alle Wiskunde vraestelle gr 6-12 deurwerk met leerders
Hallo! Jy is baie welkom om al die vraestelle en memo's op LitNet gratis af te laai en saam met jou leerders deur te werk. Hier is 'n indeks van die vraestelle: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder