Charismatiese Christene en netwerkbemarking

  • 30

Foto: Canva.com

In my latere jare op universiteit het ek al genoeg vakke gedop en nie meer agtuur in die oggendklas te hê nie. (Dit is seker die definisie van ’n silwer randjie.) Ek het nog in die koshuis gebly en saam met my, in die selfde seksie, was ’n paar charismatiese Christene. Hulle het wel agtuur in die oggend klas gehad en deel van Pieter (nie sy regte naam nie) se oggend roetine, om homself op te sweep vir die dag, was om kliphard saam te sing met net sulke harde geestelike rock. Ek onthou dat ek wakker sou word van die musiek en sou wonder of ek die moeite moet doen om op te staan, in die koue gang af te stap en te vra om die musiek sagter te sit. As ek op sou staan sou ek maar net sowel op kon bly so ek het probeer deurdruk en ore toe druk. Aan die einde terwyl Pieter vir God loof en prys sou ek tot die selfde God bid en vra dat Hy Pieter gou sou opsweep vir die dag sodat Pieter die musiek kon afsit.

Die charismatiese kerk van Pieter-hulle was oop vir besoekers, maar dis presies wat jy gebly het – ’n besoeker. Om as waardig beskou te word moes hulle spesifieke kerk jou doop en net dan het iets in hulle koppe geskuif dat jy nie meer net ’n besoeker was nie. My verstaan van God is anders en oor die verskil kan ek ’n boek skryf, maar dit sal so sinneloos wees soos om ’n grappie te verduidelik. Kom ek spaar jou dit. Wat ek wel dan sê is dat die “ons-en-hulle” skeiding was so sterk dat een meisie van die kerk nie eers saam met my na ’n dans wou gaan nie omdat ek nie in die kerk gedoop was nie.

Pieter en sy groepie het toe op ’n manier betrokke geraak by netwerk-bemarking. In kort, dis nou een van daai skemas wat aandring dat jy jou tandepasta by hulle koop en nie by ’n ander winkel nie en as genoeg mense by hulle en by jou tandepasta koop dan kry jy “dubbel-diamant-status” en wêreldse rykdom. Ek dink Pieter en sy groepie het al gesien hoe hulle ’n seiljag kon koop en dit “God is goed” kon doop.

En hier was die paradoks: Op ’n manier is ek goed genoeg om by hulle tandepasta te koop, maar God se genade is selektief tot ek presies hulle interpretasie volg. Natuurlik kon ek nie die punt opper nie, want om te stry met iemand wat sê “die Bybel sê” beteken dat enige ander opinie mos verkeerd moet wees.

Dis omtrent twintigjaar na my koshuisdae (dank Vader) en ek het die selfde mentaliteit in ander variasies ook teegekom. En al wat ek kan dink is dat ons, myself inkluis, meer selektief moet wees aan wie ons tandepasta probeer verkoop en minder selektef te wees aan wie ons waardig beskou om God se genade te ontvang.

  • 30

Kommentaar

  • 'n Blou tandeborsel midde-in die maand van die vrou? Waar is inklusiwiteit, wat van die GBV-inisiatief?

  • Dankie, tog! dat jy ons jou grappie gespaar het. Niemand stel belang in die verskil tussen die heppie-kleppies en die blourokke nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, nee. Dit verwys na manne soos FC Boot oa. Hy weet wat sonde is, hy weet wat nie sonde is nie en hy preek vir ander daaroor.
    Ek weet alles is genade en niks is vanselfsprekend nie.

  • Ai Hans
    Waar kom jy aan die wysheid? Ja dit is genade, maar as iemand benadig word, moet hy darem weet wat sy oortredings dws sondes was, waarvoor hy genade ontvang.
    God vergewe omdat Hy genadig is, en omdat sy Seun uit liefde die straf op ons sonde gedra het.

  • Hans, is jy seker dis geestelike narsisme? Dit lyk vir my meer na so effens oorboord gegaan met die Gerin Oil.

  • Beste Angus
    Die enigste een wat oorboord gegaan het is jy, toe jy uit onkunde uit die Sondagskoolklas gestap het. Ek kan dit nogal op 'n manier verstaan, want die onderwysers was vasgevang in 'n eeue oue prentjie van 'n kitsgod wat alles poefpaf geskep het en hul netjies in 'n 6000 jaar oue kassie toegesluit het en net Sondae laat ontsnap het.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, geestelike narsisme het FC Boot die eerstemaal in jare stemmig.
    Ek gaan my bydrae hieroor afsluit, deur my stelling, dat meeste sg geloofsnetwerke openlik hul eie Jerusalem-sindroom in geestelike narsis bemark, dat hul die meeste en beste weet, oor geloof. Eenvoud is my benadering, omdat ek weet alles is genade ongekend.

  • Beste FC Boot, natuurlik het ek uitgestap omdat ek my as onkundig beskou het. My onkunde vra vrae en dinge moet getoets word voordat my onkunde bevredig kan word. In die Sondagskoolklas is vrae, en sommer die antwoorde ook, vir jou klaar daar. Jy mag nie jou eie vrae vra nie, nog minder jou eie antwoorde gee.

  • Beste Angus
    Dit is nou 'n growwe veralgemening. Uit my dae as Sondagskoolonderwyser weet ek dat leergierige leerlinge maar swaar sluk aan die ontstaan van veral Eva. 'n Diaken se kind het reguit gesê hy sou eerder 'n potjie golf saam met sy pa speel asom na die storie te luister.
    Natuurlik mag jy jou eie vrae vra en geen onderwyser wat sy sout werd is, sal die onderwerp vermy soos in my 'armydae' toe elke moeilike vraag beantwoord is met: 'kak vraag, sit'.
    Jou probleem is dat jy besluit het dat die Christus-storie is ook maar net 'n storie is.

  • Beste FC Boot,
    Jammer, maar ek glo nie jou storie nie. Dit bewys net dat jy kinders nie verstaan nie. Hulle is gek na stories soos Jan en die boontjierank, en skree van die lekkerkry as ouma uit die wolf se maag gesny word. Bybelstories is hulle versot op, veral waar Jona uit die vis se maag kom, waar Simson duisend Filistyne met ‘n stuk been platslaan, en waar Jesus so lekker op die water loop. Vra hulle uit, en hulle sal jou sê dat dit alles stories is, behalwe die Bybelstories, waar hulle gedwing word deur hulle ouers en dominee om dit as waarheid te sien.
    Wat die Bybel betref, het jy en al die ander Christene en Islams nog nie julle kinderskoene ontgroei nie. Of moet ek liewer sê, is die kinders se denke julle vooruit. Julle kan nie besef dat die Bybelstories mites en legendes is nie.
    Dominees en ouderlinge wat by my kom besoek aflê het, het my vrae altyd “dom vrae” genoem.

  • Beste Angus
    Jou antwoord is maar net weereens 'n bewys van hoe min jy weet. Ek praat nie van kleuters nie, maar van jongmense. Dit is duidelik dat jy geen idee het en nou agter 'n sotlike kommentaar wegkruip.
    Jy wil net nie erken dat jy verkeerd in jou opvattings is nie. Daar is talle argeologiese bewyse gevind wat die bestaan van persone en gebeurtenisse in die Bybel bewys.
    Al wat jy en talle ander doen, is om die bestaan van Christus te ontken, want jy weet dat as Christus nie bestaan het nie, verdwyn die bestaanreg van die Christendom en Christelike kerk.
    Natuurlik is dit sou, want hoe so ’n geharde ateïs soos jy nou erken dat jy verkeerd is en almal jouself, vriende en gesin op 'n dwaalspoor geplaas het?

  • Beste FC Boot,
    Dis waar wat jy sê, ek weet maar min, daarom leer ek elke dag so ietsie meer by, veral by iemand wat so alwetend is soos jy. Vergeet nou maar hoe sleg en onwetend en dom en onnosel en sotlik ek is. Lewer liewer kritiek op wat ek skryf en bewys waar ek verkeerd is.
    Verstaan een ding goed: ek is ‘n skeptikus, en ondersoek self skepties dit wat ek beweer. As jy vir my kan bewys waar ek verkeerd is, is ek die eerste wat dit sal erken.
    Natuurlik is daar argeologiese en historiese bewyse van mense en plekke wat in die Bybel genoem word. Fiksie gebruik juis dit om die skyn van waarheid te skep. ‘n Skrywer doen navorsing oor die omgewing waarin hy sy fiktiewe karakter skep. Selfs gebeure word so deur ‘n skrywer herskep, maar dit bly nog fiksie. Daleen Matthee het bv. die Knysna-omgewing geneem vir haar roman “Fiela se kind”. Dit beteken nie dat Fiela werklik bestaan het nie. Daar kon selfs iemand soos Fiela bestaan het, en miskien het ‘n kind daar in die omgewing so weggeraak, maar Daleen Matthee se boek is nog fiksie.
    Miskien was daar iemand soos Jesus, maar die hele manier waarop die verhaal in die Bybel geskryf is, moet al vir jou sê dat dit fiksie is: sy geboorte, hy loop op water, kan water in wyn verander, kan dooies opwek, kan saam met die duiwel rondsweef van woestyn tot by Jerusalem, tot op die top van ‘n hoë berg, met sy kruisiging storm geraamtes uit hulle grafte op Jerusalem af, hy staan self op uit die dood, en vaar lewendig op na die hemel.
    Jy staan skepties teenoor ander gelowe, soos bv. die Mormoonse geloof, die Islam, die Rooms-Katolieke. Waarom kan jy nie ook dieselfde skeptisisme openbaar teenoor jou eie geloof nie? Dink daaraan: jy is Christen omdat jy as kleuter jou ouers geglo het. Was jy in Pakistan gebore, was jy ‘n Islamiet, of in Indië, dan was jy ‘n Hindu. Mormone maak Mormone groot, Jode maak Jode groot. Om skepties te wees, is nie aangebore nie, dit moet aangeleer word. Ek leer my kinders om skepties te wees, om dinge te ondersoek, om nie sommer voetstoots google te aanvaar nie. Moenie sommer net glo nie, ondersoek, bevraagteken, doen navorsing met alles tot jou beskikking. As jy dit ‘n “dwaalspoor” noem, kan ek jou nie verder help nie. Ek kan nie sommer wat in die bybel staan, vir soetkoek opvreet, en soos ‘n skaap agter ‘n skim aanhardloop, net omdat jy en ander Christene dit doen nie.

  • Beste Angus
    Alwetend nee glad nie. Jy sluit af met" Moenie sommer net glo nie, ondersoek, bevraagteken, doen navorsing met alles tot jou beskikking. As jy dit ’n “dwaalspoor” noem, kan ek jou nie verder help nie. "
    Dit is goeie raad wat jy net self moet toepas. As jy dit gedoen het sou jy nie klei getrap het met die oorsprong van die woord 'sonde' en 'mite' nie en afgestap het van jou ou gesangetjie dat is alles net mites en legendes is.
    Op die ou einde kom jou verweer daarop neer dat alles net fiksie is, maar dit kan slegs waar wees as die Bybel op 'n gegewe oomblik binne 'n enkele jare van samespannende skrywers tot stand gekom het.
    Dit is natuurlik nie waar nie en die bewys lê daar in dat daar meer Bybels dwarsoor die eeue verkoop is as enige ander boek.
    Reeds in 1995 is daar beraam dat 'According to Guinness World Records as of 1995, the Bible is the best-selling book of all time with an estimated 5 billion copies sold and distributed' .
    Nou wat kom nou naaste daar aan? "A Tale of Two Cities", Charles Dickens. English. 1859. 200 million [Historical fiction]"
    Daar is verder bevind dat: "Most estimates place the number of Bibles printed each year at over 100 million. 20 million Bibles are sold each year in the United States alone. Nov 13, 2017"
    Dit kan alleen wees omdat daar in die Bybel is iets wat jy in geen ander boek kan vind nie, nl jy word bekend gestel aan jou 'Skepper' - jy weet die een waarvan jy konstant sy bestaan ontken het. Ek let op dat jy darem al sover gekom het om te erken dat Christus wel kon bestaan het. Dit alleen is 'n stap in die regte rigting.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Ek het wel deeglik my eie raad gevolg en die woord "sonde" deurtrap en fyngetrap. Hier volg ‘n opsomming, aangesien jy dit blykbaar nie gelees het nie.
    Dit kom van Sanskrit "satya" wat "werklik skuldig" beteken. (Sanskrit is die oorsprong van alle tale.) Dit kom voor in Indo-Germaans in die woord "sunjo". (Alle Europese tale kom van Indo-Germaans, Latyn ingesluit.) Die Duitse woord "Sünde" en die Nederlandse woord "zonde" tot gevolg. Dit word ook gekoppel aan die Latynse woord ‘sons’ wat skuldig beteken.
    Dit wat die oorsprong betref.
    Vir duisende jare het die woord "sonde" ‘n religieuse betekenis, nl die oortreding van die gode of God se wette. In al die mitologieë word sonde deur die gode gestraf, soos bv in die Griekse mitologie waar welvaart ‘n euwel is in die oë van Zeus. Die Orakel by Delphi speel ook ‘n groot rol met voorspellings wat bewaarheid word ongeag wat die persoon doen. (Vergelyk Oedipus wat sy vader vermoor en met sy ma trou.)
    Die Joodse mitologie, soos vervat in die Bybel, het as grondtema, die sonde. Die mens is in sonde gebore en deur God bestraf word. Met die byvoeging van die Nuwe Testament is Jesus die bemiddelaar, die redder van sondes. Die hele Heidelbergse Kategismes handel oor die sonde van die mens en Jesus daardie sonde wegneem. Die hele Christelike geloof berus op die erfsonde en die vergifnis daarvan deur Jesus Christus se Kruisiging.
    Nou beweer jy die woord "sonde" het geen religieuse betekenis nie. Volgens jou gebruik ons die woord volgens die oorspronklike Latynse betekenis. As jy nie die dwaasheid daarvan kan insien nie, kan ek jou nie help nie.
    Die Bybel is fiksie. Dit het ek oor en oor bewys. Die inhoud daarvan, die manier waarop dit geskryf is, en die gebeure dui op fiksie. Fiksie of nie-fiksie word nie bepaal deur “samespannende skrywers” nie.
    Ek is nie verbaas dat die Bybel die topverkoper is nie. Die mens is bereid om duur te betaal vir die ewige lewe, en waar is daar ‘n groter bewys dat jy die eige lewe gaan beërf as om op ‘n Sondag so kerk toe te stap met die Bybel onder die arm.

  • Beste Angus
    Nou praat jy weer 'n bietjie twak. Wanneer 'n boogskieter wat van God en sy gebod niks weet nie sy teiken mis - dan het hy die woord gebruik.
    Lees gerus die volgende waar ek met erkenning aan "https://www.jewishvirtuallibrary.org/sin" hier plaas.
    "In biblical Hebrew there are about 20 different words which denote "sin." It may be inferred, therefore, that the ancient Israelites had more concepts expressing various nuances of sin than Western thought and theology. A study of the biblical concept of sin, therefore, cannot disregard the diversity of words denoting sin. These words must be examined in their context, i.e., in the formulas and literary units in which they occur. An analytic study of the three most commonly used terms – ḥeṭʾ, peshaʿ and avon (ʿawon) – has been undertaken by R. Knierim. As these are often found together (Ex. 34:7; Lev. 16:21; Num. 14:18; Isa. 59:12; Jer. 33:8; Ezek. 21:29; Micah 7:18–19; Ps. 32:1, 5; 51:3–7; 59:4–5; Job 7:20–21; 13:23; Dan. 9:24; cf. Isa. 1:2, 4; Ezek. 33:10, 12), even in poetic parallelism, there cannot be an appreciable difference of meaning among them, yet they are not simply synonymous"

    Lees gerus die hele stuk, dan het jy darem iets gedoen. Jy kan nie sonde erf nie - sonde is nie erfgoed nie. Jy ly aan die gevolge van sonde - soos kinders gespot word, want kinders kan so genadeloos wees as iemand se pa dalk in die tronk beland as gevolg van 'n misdaad.
    Die gesin sit sonder 'n broodwinner en is gevolglik in 'n haglike finansiële posisies.
    Wat Christus kom doen het is om die gevolge van geslagte en jou eie oortredings wat hul oorsprong in jou gedagtes het - dink kom voor daad - op Hom te neem -omdat jy vanweë jou natuur nie instaat om God se wet of die wat regeer te gehoorsaam nie.

    Nou dat ek jou onsin ontbloot het hoop ek jy sal met iets meer as dit antwoord.

    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Jy is weer alte gou by om my van twakskrywery te beskuldig. dis nie ek wat sê daar bestaan iets soos erfsonde nie. Ek is ‘n ateïs en vir vir my bestaan daar nie iets soos sonde nie. Beskuldig maar liewer vir Augustinus, Calvyn en Luther van twakskrywery, en lê die twak ook voor die deur van die Christelike kerke. Gaan google gerus https://bybelskool.com/die-erfsonde/ en word wys.

    Net ‘n woord van waarskuwing: as jy desperaat gryp na grashalmpies, moet jy darem eers loer of die grashalmpies sterk genoeg is. Jou aanhaling hierbo, weerspreek nie die begrip erfsonde nie; inteendeel, dit word net daardeur bevestig. Gaan lees maar die Bybelse aanhalings.

  • Beste FC Boot,
    Dit het my eers verbaas dat jy nog nooit van die erfsonde (original sin) gehoor het nie, aangesien jy so lief is vir ellelange kwotasies uit die bybel. Ek het bietjie nageslaan en besef nou dat jy òf Mormoon òf Blourok is. Hulle siening van sonde is presies soos joune.

  • Beste Angus

    Jy is bietjie deurmekaar. Wat staan in die 10 gebooie?

    1ste gebod.
    “Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
    Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenismaak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hullenie neerbuig en hullenie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierdegeslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat my liefhet en my gebooie onderhou.”

    Nou wat is die misdaad Angus waarvan God praat? Die Israeliete het hul rug op God gekeer en valse gode aanbid en dikwels sommer klein afgodbeeldjies saam met hul gedra. En die gevolge daarvan sal tot in die derde en vierde geslag gevoel word. Die Israeliete het ongehoorsaam geword.

    Nou wat nou van erfsonde? Toe die Jode in ballingskap die verhaal neerskryf so 538 vC en dit aan die Babiloniërs vertel is dit ’n verhaal van ongehoorsaamheid. Adam en Eva het nie getrou gebly nie. Ontrouheid is dus ’n kenmerk van die begin af en dit is vanweë ons natuur iets wat van geslag tot geslag oorgedra en dus geërf word.

    Ons natuur verhinder ons om in getrouheid aan ons Skepper te leef, woon en handel. Dit stel ons ook instaat om ook die meeste gruwelikste misdade te pleeg en ons planeet te verwoes asof daan geen more is nie.

    As dit nie so was nie, was die koms van Christus onnodig. Om die ingebore natuur aaan bande te lê moet ons geestelik weergebore word sodat ons ingebore natuur sal verdwyn en Christus meer gestalte in ons doen en late kry.

    Wanneer Dawid en Paulus dus oor dit praat en skryf gaan dit oor ontrouheid, ongehoorsaamheid, ’n onwilligheid, oor ‘n rebelse ingebore natuur.

    Omdat Christus vry van dit was kon Hy die hoogste offer bring en ook die straf van die ongehoorsaamheid dra en die dood oorwin, sodat ons wat Hom as enigste Verlosser en Saligmaker ook daardeur aangenome kinders van God kan word.

    Maar dit bly ’n stryd van loop en val, tot uiteindelik daar ’n nuwe hemel en aarde is waar ons verlos van die natuur kan bly voortbestaan soos ons Skepper dit van die begin af bedoel het.

    Jou hele siening omtrent wat ek is, is onsinnig en het sy oorsprong in jou uitstap waaroor jy so graag op LitNet spog.

    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Jy beweer ek is bietjie deurmekaar? Is dit nie dalk jy wat na grashalmpies gryp nie? Toe ek van erfsonde praat, het jy gesê ek praat onsin; ‘n mens kan nie sonde erf nie. (So asof ek die skepper van die begrip is.) Jou kommentaar op die skakel waar die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Dordtse leerreëls, Calvyn en Luther se kommentaar oor Erfsonde uiteengesit is, is dat ek ‘n bietjie deurmekaar is. Dan skuil jy agter aanhalings uit die 10 gebooie en ‘n verdere gebrabbel.
    Jy verstaan nie dat die hele Bybel handel oor die sondeval en verlossing van die mens nie
    Jy verstaan nie dat die woord sonde slegs ‘n teologiese begrip is nie.
    Jy verstaan nie dat slegs gelowiges kan sonde pleeg nie. ‘n Ateïs gehoorsaam nie Bybelse wette nie. Hy het nie ‘n Bybel en predikant nodig om vir hom te sê wat reg en verkeerd is nie.

  • Beste Angus
    Wanneer gaan jy leer om iets in konteks te lees? Dit gaan nie oor reg en verkeerd nie. Dit gaan nie oor die skepping van begrippe nie. Dit gaan oor die mens se natuur wat van so ’n aard is dat hy nie instaat is om die gebooie van God en dit wat oor hom regeer konsekwent te gehoorsaam nie. Dit gaan daaroor wat die mense van die ou testament daarmee bedoel het wanneer hulle na oortredings, wat in die mens se verstand sy het, verwys. Ek pos die weggelate gedeelte met erkenning hier:
    In biblical Hebrew there are about 20 different words which denote "sin." It may be inferred, therefore, that the ancient Israelites had more concepts expressing various nuances of sin than Western thought and theology. A study of the biblical concept of sin, therefore, cannot disregard the diversity of words denoting sin. These words must be examined in their context, i.e., in the formulas and literary units in which they occur. An analytic study of the three most commonly used terms – ḥeṭʾ, peshaʿ and avon (ʿawon) – has been undertaken by R. Knierim. As these are often found together (Ex. 34:7; Lev. 16:21; Num. 14:18; Isa. 59:12; Jer. 33:8; Ezek. 21:29; Micah 7:18–19; Ps. 32:1, 5; 51:3–7; 59:4–5; Job 7:20–21; 13:23; Dan. 9:24; cf. Isa. 1:2, 4; Ezek. 33:10, 12), even in poetic parallelism, there cannot be an appreciable difference of meaning among them, yet they are not simply synonymous.
    The root ḥṭʾ occurs in the Bible 459 times. The original meaning of the verb ḥaṭaʾ is "to miss" something, "to fail," as can be seen from Genesis 31:39; Leviticus 5:15–16; Numbers 14:40; Judges 20:16; Psalms 25:8; Proverbs 8:36; 19:2; and Job 5:24, which indicates that sin as denoted by ḥṭʾ was originally viewed as a failure, a lack of perfection in carrying out a duty. The root ḥṭʾ signifies a failure of mutual relations and corresponds, then, to the modern idea of "offense" rather than to that of "sin," which is a theological concept. One who fulfills the claims of a relation or an agreement is righteous, ẓaddik (ẓaddiq); one who does not, offends (ḥṭʾ l-) his partner. "What is my offense that you have so hotly pursued after me?" Jacob asks Laban (Gen. 31:36). David puts a similar question to Jonathan in connection with his relation to Saul (I Sam. 20:1). This relation was of such a nature that it required of David that he devote all his abilities to the service of Saul, and of Saul that he treat David as his loyal subject. The obligation was mutual as long as it was upheld by both parties. When Saul and David were in the same cave, and David was content to cut off the skirt of Saul's robe, he called out to Saul that it was now clear that he had not "offended" him (I Sam. 24:12). Then Saul acknowledged that David was righteous and that he himself was the offender (cf. I Sam. 26:21), since he had not fulfilled his obligations. All lack of obedience toward superiors is "offense," because in the relations between subordinates and superiors the former are expected to obey the latter. The Egyptian baker and cupbearer who were in prison with Joseph had been sent there because they had "failed" to obey the orders of Pharaoh (Gen. 40:1; 41:9). The people of Pharaoh were accused of "failing" (ḥṭʾ) in their duty, when they did not give any straw to the Israelites so that they might make bricks (Ex. 5:16). The same applies to every deed that is in conflict with, or causes the dissolution of, a community. So Reuben acknowledged that his brothers "sinned" against their brother Joseph (Gen. 42:22). When the king of the Ammonites attacked Israel, Jephthah sent him word explaining that there had always been a relation of peace between the two peoples, and he addressed to him the following reproach: "I have not 'sinned' against you, but you do me wrong to war against me" (Judg. 11:27). The "sin" is here a breach of the covenant relation between the peoples. When Sennacherib threatened Judah in 701, King Hezekiah sent a messenger to him, saying: "I have 'sinned'" (II Kings 18:14). The "sin" of Hezekiah consisted in a violation of his vassal duties. A "sinful" act, i.e., one of dereliction of duty, is thus a matter between two parties. The one who does not fulfill his obligations in relation to the other is a sinner with regard to the latter; he "sins against him," i.e., "he fails him," and so gives the other a claim upon him.
    According to I Samuel 2:25, failure in carrying out one's duty can concern the relations between men or between God and man: "If a man offends against (ḥṭʾ) a man, God will mediate, but if a man offends against (ḥṭʾ) God, who shall act as mediator?" This passage indicates that the "sin" against God was conceived as an "offense," as a failure to fulfill one's obligation toward God. Since the root ḥṭʾ denotes an action, that failure is neither an abstraction nor a permanent disqualification but a concrete act with its consequences. This act is defined as a "failure," an "offense," when it is contrary to a norm regulating the relations between God and man. So, for instance, the infringement of the law of ban (ḥerem) appears in Joshua 7:11, 20 and I Samuel 15:3–19 as an "offense" or "sin" against God in view of the traditions partially recorded in Deuteronomy 20:10–18. That adultery is a "sin" against the Lord (Gen. 20:6, 9; 39:9; II Sam. 12:13) results from a law such as Exodus 20:14. Social mischiefs stigmatized as "sins" by the prophets (Isa. 58:1ff.; 59:2ff.; Jer. 2:35; 5:25; Ezek. 14:13; 16:51; 33:14; Hos. 12:9; Amos 5:12; Micah 3:8; 6:13) are, in fact, contrary to commandments of the divine law such as Exodus 20:16 (13); 23:1–9; Deuteronomy 27:17–19. The concept of ḥṭʾ extends not only to juridical, moral, and social matters, but also to cultic obligations, and even to involuntary infringements of ritual prescriptions (Lev. 4–5) or of occasional divine premonitions (Num. 22:34).
    The root pshʿ occurs in the Bible 136 times, and it too is found in early texts as Genesis 31:36; 50:17; Exodus 22:8; I Samuel 24:11; II Kings 8:20, 22; Amos 1–2; Micah 3:8; and Proverbs 28:24. Its basic meaning is that of "breach." In terms of international law, the breach of a covenant is thus called peshaʿ (I Kings 12:19; II Kings 1:1; 3:5, 7; 8:20, 22; Hos. 8:1). In the realm of criminal law, peshaʿ is the delict which dissolves the community or breaks the peaceful relation between two parties (e.g., Gen. 31:36; Ex. 22:8; Prov. 28:24). This is also the meaning of pshʿ when used to express the sinful behavior of man toward God (e.g., I Kings 8:50; Ps. 25:7; 51:3). The verb ʿawah, found in the Bible 17 times, basically expresses the idea of crookedness, and thus means "to wrong" (Lam. 3:9), and in the passive form (nifʿal), "to become bent" (Ps. 38:7). The noun ʿawon, from the same root, is found 227 (229) times, and designates "crookedness." The use of these words in a figurative sense to denote the transgression, the guilt incurred by it, or the punishment, is of popular origin. The metaphor does not belong to the juridical terminology, but was assumed by the theological language. Isaiah 59:2, for example, says that the ʿawonot set up a wall between the Lord and the sinner.
    The nouns ḥeṭʾ, haṭaʾah or ḥaṭṭaʾt, peshaʾ, and ʿawon, and also the corresponding verbs, denote a "sin" in the theological sense of the word when they characterize a human deed as a "failure," a "breach," or a "crooked" action with reference to prescriptions that proceed finally from the stipulations of the Covenant. It is not the external nature of the act that makes it sinful. In biblical thought, the relation that creates the right to God's protection also creates the sin. There would be no sin if there were no covenantal law. The sinner is one who has failed in his relation to God, insofar as he has not fulfilled his obligation to God. In other words, it is a "sin" to violate, or to break, the Covenant (cf. Jer. 14:20–21). The biblical doctrine of sin is thus described in Jeremiah 16:10–12 in the following way: "When you tell this people all this, and they say to you: 'Why has the Lord threatened us with such terrible misfortune? What is our crime? What is the offense (ḥṭʾ) we have committed against the Lord our God?' – then answer them: 'It is because your fathers forsook Me. They followed other gods, worshiping them and doing obeisance to them, and forsook Me and did not keep My law. And you have done even worse than they did, each following his own stubbornly wicked inclinations and refusing to listen to Me.'" Even the sin of Adam and Eve, although not described as such in the Bible, was an act that destroyed a special relation between God and man (Gen. 3). The original sin does not appear in the Bible as an innate depravity common to all human beings in consequence of the fall of the first parents. Rather, the biblical tradition knows that "there is no man who does not sin" (I Kings 8:46; cf. Eccles. 7:20). The hyperbolic language in which the psalmist describes his own sinfulness, "I was even born in iniquity, my mother conceived me in sin" (Ps. 51:7; cf. Gen. 8:21), only stresses the ineluctable character of sin. Nobody can escape from it, as the sin can also be involuntary (Lev. 4–5) or proceed from ignorance (Gen. 20:6; Num. 22:34). A man is responsible for all his actions. Therefore sick people may conclude that their illness is a punishment for having offended God (Ps. 38:4, 19; 41:5). This does not mean, however, that the ancient Israelites did not make a distinction between an inadvertent sin and one that is committed willfully. This distinction clearly emerges in Numbers 15:27 and 30. The psychological sentiment of guilt is also expressed in various texts (Ps. 51; 78:17, 32; Prov. 21:4; 24:9; Job 31:30; cf. Gen. 4:7; Deut. 15:9; 22:26). The subjective aspect of a deed is even taken into account by the law, especially in Exodus 21:13–14 and Deuteronomy 19:4–5.
    The idea of "deadly" or "mortal" sin originates in biblical expressions connecting ḥṭʾ with mwt ("to die," "death"; Num. 18:22; 27:3; Deut. 21:22; 22:26; 24:16; II Kings 14:6; Ezek. 3:20; 18:4, 20; Amos 9:10; II Chron. 25:4). The oldest text connecting the two is probably Amos 9:10, dating from the eighth century B.C.E.: "All the sinners of my people shall die by the sword." The connection of the formula expressing the death sentence with such an indefinite word as "sin" or "offense" cannot be original. It must be regarded as a generalization proceeding from theological reflection. Its original "setting in life" (sitz im leben) is still visible in Deuteronomy 21:22 and 22:16, which refer to the proceedings of the civil tribunal. Numbers 18:22 and 27:3, both of which belong to the Priestly tradition, reflect instead the sphere of sacral law. The remaining passages use the concept of "mortal sin" in a context of "prophetic" preaching.
    In a certain sense, every sin may be regarded as "deadly"; for, if all people die, it is because all have sinned, and not in consequence of "the original sin." That the sinner must die is stated or assumed by many texts (Ex. 32:33; Lev. 20:20; 22:9; 24:15–17; Num. 9:13; 16:26; 17:3; 18:22, 32; I Sam. 15:18; I Kings 13:34; 14:11–18; 15:29–30; 16:12–13, 18–19; Isa. 13:9; 38:17; 43:27–28; 64:4–5; Jer. 8:14; Ezek. 3:20; 18:24; Amos 9:8, 10; Ps. 104:34). Stereotyped formulas say even that "each man shall die because of his sin" (ḥṭʾ: Num. 27:3; Deut. 24:16; II Kings 14:6) or "because of his transgression" (ʿawon: Josh. 22:20; Ezek. 4:17; 7:13, 16; 18:17, 20; 33:6, 8, 9; cf. Gen. 19:15). The sinner must indeed "bear (nsʾ) his sin." The expression means practically "to take the blame upon oneself," and it normally refers to the sinner himself (Gen. 4:13; Ex. 28:43; Lev. 5:1, 17; 7:18; 19:8, 17; 20:17, 19, 20; 22:9; 24:15; Num. 5:31; 9:13; 14:34; 18:22, 23, 32; Ezek. 14:10; 44:10, 12). The law of retaliation demands, in fact, that the offender should be punished according to his sin. However, the same expression also occurs in early pleas for forgiveness (Gen. 50:17; Ex. 10:17; 32:32; I Sam. 15:25; Hos. 14:3; Ps. 25:18), in doxological formulas (Ex. 34:7; Num. 14:18; Micah 7:18; Ps. 32:1; 85:3), in a thanksgiving psalm (32:5), in a predication (Josh. 24:19), and in a Song of the Suffering Servant in Deutero-Isaiah (Isa. 53:12). In these texts, the one who takes the blame upon himself is God, the offended person, or a substitute of the sinner (cf. II Sam. 12:13–14). There are still other cases when one's ʿawon is borne by another person: by the priests (Num. 18:1), by Aaron (Ex. 28:38), by the husband (Num. 30:16), by the prophet Ezekiel (Ezek. 4:4–6), by the community (Lev. 22:16), by the scapegoat (Lev. 16:22), or even by a sacrificed goat (Lev. 10:17). It means that there was a possibility that the sin might not work its consequences upon the sinner. Accordingly, there was sense to the prayer for the forgiveness of sin (cf. I Kings 8:30, 34, 36, 50; Ps. 51:4; 79:9) or the intercession of a prophet (Gen. 20:7; Ex. 9:27–29; 10:17; 32:30–33; Num. 21:7; Deut. 9:18–20; I Sam. 7:5; 12:19; Jer. 14:11; 15:1). The ancient remedy, the sin-offering (ḥaṭṭaʾt), also worked both for the purification of the person and to obtain the forgiveness of the Lord. It is probable that the killed animal was originally regarded as a substitute for the sinner (cf. Lev. 10:17). The confession of sins was another means of winning forgiveness. In this way the sinner expels the sin from his heart; he shows at the same time that he does not intend to conceal his sin and to deceive the Lord.
    The formula of the individual's confession of sins, ex-pressed by the verb ḥaṭaʾti ("I have sinned"), is found in the Bible 30 times. It has beyond any doubt a ritual character, even if it is used twice in a rather colloquial way (I Kings 18:9; Neh. 6:13). In the other instances, it is employed with reference to sacral judicial proceedings, as shown by the juridical terminology of the context. It is used not only when someone has sinned against God (Gen. 39:9; Ex. 9:27; 10:16; Num. 22:34; Josh. 7:20; I Sam. 15:24, 30; II Sam. 12:13; 24:10, 17; Jer. 2:35; Micah 7:9; Ps. 41:5; 51:6; I Chron. 21:8, 17; cf. Job 7:20; 10:14; 33:27) but also against man (Gen. 20:9; 43:9; 44:32; Judg. 11:27; I Sam. 24:11; 26:21; II Sam. 19:21; II Kings 18:14; Jer. 37:18). More than half the occurrences are in ancient texts. The oldest form of the proceedings is most likely the one in Joshua 7:13–23, on the occasion of *Achan's sin at Jericho; it seems to be presupposed in Leviticus 5:5 and also Psalms 32:5. After the sinner was designated by the sacred lots, Urim and *Thummim, he had to present a public confession of his sin, which was confirmed by an inquiry. The sin could be forgiven or not, it could be expiated by a sacrifice or by putting the sinner to death. On the other hand, in I Samuel 15:24 and II Samuel 12:13 (cf. II Sam. 24:10–19), the casting of lots and public confession are dispensed with, the sin being confessed before the cultic prophet who accused the sinner in God's name. This procedure was probably characteristic of the early monarchical period. The individual confession of sins is also expressed by the words peshaʿai (Ps. 25:7; 32:5; 39:9; 51:3, 5) and ʿawonotai (Ps. 38:5; 40:13), by the singular pishʿi (Micah 6:7; Job 7:21; 14:17) and ʿawoni (Gen. 4:13; Ps. 32:5; 38:19), or else by various locutions using one of these words (Gen. 44:16; I Sam. 25:24; II Sam. 14:9). These confessions occur in many different contexts: prayer, praise, interrogation, etc.; the confession of sins is thus often indirect.
    The formula of the national confession of sins is expressed by the verb ḥaṭaʾnu ("we have sinned"). This verbal form occurs in the Bible 24 times, but only twice in texts that are definitely ancient – Numbers 12:11 and 14:40, which seem to belong to the Elohistic tradition of the Pentateuch. However, the first of these two passages does not actually contain a national confession of sins, since the sinners are Miriam and Aaron; thus an individual confession of sins is applied to two persons at once. None of the remaining 22 attestations of the form can safely be dated before the late seventh century B.C.E. (Num. 21:7; Deut. 1:41; Judg. 10:10, 15; I Kings 8:47; Isa. 42:24; Jer. 3:25; 8:14; 14:7, 20; 16:10; Ps. 106:6; Lam. 5:16; Dan. 9:5, 8, 11, 15; Neh. 1:6 (twice); II Chron. 6:37). All these texts have a cultic or sacral character. Other formulas of national confession of sins, expressed by the word peshaʿenu ("our sins") can be found in Isaiah 53:5; 59:12; Ezekiel 33:10; Psalms 65:4; 103:12; and Lamentations 1:14, 22. As far as these texts can be dated, they were all composed in the sixth century B.C.E. The term ʿawonenu, or ʿawonotenu, also occurs with that meaning, namely, in Isaiah 53:5–6; 64:5; Psalms 90:8; Daniel 9:13; and Ezra 9:6, 13 – texts which are all Exilic or post-Exilic. It seems, therefore, that, contrary to the individual confession, the national one is a relatively late innovation in Israel's penitential liturgy (cf. E. Lipinski, La liturgie pénitentielle dans la Bible (1969), 35–41).
    When God "forgives" one's sin, He "covers" or "hides" it (Micah 7:18; Ps. 32:1, 5; 85:3; Prov. 10:12; 17:9; 19:11; 28:13; Job 31:33), He "does not remember [i.e., that He overlooks]" it (Isa. 64:8; Ps. 25:7), He "bears" it Himself (Ex. 32:32; 34:7; Num. 14:18; Josh. 24:19; Hos. 14:3; Micah 7:18; Ps. 25:18; 32:1, 5; 85:3). Though it is merely said that the sin is forgotten, covered, not imputed to the sinner, God's forgiveness of sins is identical with the curing of the man and with the regeneration of his strength. It means, indeed, that God will not take him away "in the middle of his days" (Jer. 17:11; Ps. 55:24; 102:25), but will permit him to spend on earth the full span of human life, i.e., "70 years" (Isa. 23:15; Ps. 90:10). Then He will cut him off by death, for "there is no righteous man on earth who does good and never sins" (Eccles. 7:20).
    Jy moet dit waarna jy verwys, nl. Nederlandse Geloofsbelydenis, die Dordtse leerreëls, Calvyn en Luther se kommentaar oor Erfsonde, teen die agtergrond lees en verstaan.
    In die skeppingsverhale kom die ongehoorsaamheid, sy onvermoê om sy deel van die ooreenkoms na te kom van die mens na vore, maar daar is ook ’n ander speler, nl. Satan die teenstander van God wat verwarring veroorsaak, om die Skepper se beeld af te kraak deur ’n ander beeld te skep van wie die Skepper nou werklik is.
    Nou ja dit gaan vir jou geen sin maak nie, want volgens jou bestaan Christus nie.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Jy skuil nog steeds agter ‘n gegorrel, en ellelange aanhalings wat niemand lees nie. Erken nou maar dat jy die hoeksteen van die Christelike dogma, nl die erfsonde, òf nie van geweet het nie, òf dat jy dit verwerp. Ek raai dat jy gesit en slaap het in die katkisasieklas. Dit kan ook wees dat dit bokant jou begrip was.
    Die begrip ‘sonde’ het absoluut geen betrekking op my nie, of dit nou twintig betekenisse het in die Bybel die Koran of die Mormoonse bybel nie. Jy het ook beweer dat dit nie ‘n teologiese begrip het nie; tog haal jy die Bybel aan om te bewys wat die betekenis daarvan is. Hoe onlogies kan ‘n mens wees?
    Hou op twak skryf en verdedig jou standpunt dat die woord ’sonde’ nie ‘n teologiese begrip is nie, maw dat niks met die oortreding van God se wette te make het nie. Bewys vir my dat erfsonde nie Christelike dogma is nie, soos jy beweer.

  • Beste Angus
    Dit is jou probleem. Jy lees niks nie. Die begrip "sonde" soos reeds bewys met ellelange aanhalings wat jy gerus moet lees word gevind in die ou testament. Jy kan nie uit 20 begrippe oor dit, een aanhaal en dan sê dit is wat dit beteken nie. Erfsonde verbind twee begrippe, nl erf en sonde wat ek reeds breedvoerig behandel het.

    Dit is duidelik dat jy geen benul het waarvan jy praat nie, want jy verstaan nie die Genesisskeppingsverhale waarop die begrip ‘erfsonde’ gegrond is nie. As jy nou nie uitgeloop het nie en ‘n bietjie langer gebly het sou jy agtergekom het dat in die verhaal onder die invloed van Satan Adam en Eva die ooreenkoms tussen God en hulle verbreek het. Adam het nie geprotesteer en gesê: ”Jammer, maar ek kan dit nie aanvaar nie." Hy het uit vrye keuse homself daaraan onderwerp. Wat Satan doen is om ‘n ander beeld van God te skep net soos jy hard probeer om ‘n ander beeld van my te skep.

    As jy nou mooi die stuk gelees het sou jy agtergekom het dat dit ook in die ellelange aanhaling voorkom. Verbreking van ooreenkomste is dus ‘n begrip wat jy sowel in die ou en nuwe testament sal aantref. Daar is egter veel meer begrippe oor "sonde" soos aangetoon en jou gesanik oor een wat beide in die ou en nuwe testament voorkom toon duidelik aan hoe gebrekkig jou kennis werklik is.

    Die sogenaamde erfsonde waarop jy so hamer is dus verbreking van ‘n ooreenkoms. As jou nou nog nie verstaan dat dit veel meer as net ‘n nou teologiese begrip is. Dit is veel meer as dit. Teologie is nie net ‘n die studie van godsdienstige geloof, praktyk en ervaring nie maar ook die studie van God en van God se verhouding tot die wêreld.

    Teologie (Theos en Logos) is vir die Christen die openbaring van God teenoor die mens soos dit ook in die geskiedenis wat ook die ou testament insluit geopenbaar word. Daaruit is dit duidelik dat die mens, ook jy vanweê sy natuur, ‘n verbond(ooreenkoms)verbreker is.
    Lekker dag.

  • Beste Angus
    Jy beweer dat dit onlogies is om uit die Bybel aan te haal. In 'n Bybel kry 'n mens ’n verskeidenheid van boeke, prosa, digkuns, liedere, gebede, geskiedenis, volksoorleweringe, sages, wysheid, briewe, gelykenisse, spreuke, profesieë ens.
    Is dit verkeerd om uit hul aan te haal?

  • Beste FC Boot,
    Waar het beweer dat dit onlogies is om uit die Bybel aan te haal? Enige mens kan enige iets aanhaal uit watter bron dit ookal, en hy wil wat ookal daaruit bewys. Ek kan bv uit die Koran of die boek van Mormon of Shakespeare of Eline Vere of Jan en die Boontjierank of of Die Evangelie van die Spaghettimonster aanhaal, Waarom nie? Miskien moet jy iemand vra om jou te help met die woorde ‘onlogies’ en ‘logika’.
    Ek kan darem nie uit bv die Koran of die Boek van Mormon aanhaal en sê FC Boot, jy moet hierdie wette gehoorsaam nie. So kan jy nie uit die Bybel vir my wette voorskryf wat ek moet gehoorsaam nie, want ek is nie ‘n Christen nie.

  • Beste FC Boot,
    Erfsonde is 'n teologiese begrip soos uiteengesit is in die Rooms-Katolieke geloof, en verder deur Calvyn en Luther. Dit word vervat in die geloofsbelydenis van die Christelike kerk. Of FC boot daarmee saamstem of nie, hy kan niks daaraan verander nie, hoe breedvoerig hy dit ookal wil doen nie. Die kern is: die mens is 'n sondige wese, en dit kan alleenlik deur Jesus Christus van hom weggeneem word. (Dis nou waar jy in die katkisasieklas gesit en slaap het, en ek uitgeloop het, want ek is nie 'n sondige mens nie.)

    Jy beweer dat erfsonde "veel meer as 'n teologiese begrip is". Nou moet jy vir my verduidelik waar die begrip erfsonde buite die teologie gebruik word. Augustinus het oorspronklik vorm daaraan gegee, en miskien weet jy dat die heilige Augustinus 'n teoloog was. Volgens hom het erfsonde die vrye wil van die mens verswak. Erfsonde is slegs Christelike dogma, niks minder nie en niks meer nie. As jy 'n Christen is, is dit deel van jou geloofsbelydenis, finish en klaar. Jy is 'n sondige mens, en slegs Christus kan die sonde van jou afwas. As jy 'n ateïs is, vee jy jou daaraan af.

  • Beste Angus

    Na alles wat ek reeds geskryf het bly jou begrip van 'sonde' maar beperk. Die begrip van 'sonde; het nie in die nuwe testament sy oorsprong nie maar in die ou testament.
    Dus as jy nie die begrip van 'sonde' soos dit in die ou testament en in ellelange verduidelikings wat jy duidelik nie gelees het nie, verstaan nie sal jy dit ook nie in die nuwe testament verstaan nie.

    Onthou 'sonde' is nie net 'n gedagte of daad wat deur 'n enkel mens gepleeg word nie,maar daar is ook kollektiewe 'sondes' en dit het juis mense van ander gedagtegange instaat gestel om bv. 'apartheid' as 'n 'misdaad -'n daad wat sy doel gemis het - teen die mensdom 'te beskryf.

    'Sonde' begin tussen jou twee ore en die die daad wat daarop volg is slegs 'n uitvloeisel daarvan-dink kom voor daad. Dus as jy 'n ander verwens het jy reeds oortree, dus gesondig.

    Luister nou wat Jesus-wat jy sê nie bestaan het nie-oor dit sê:'MATTEUS 5:28
    "Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg."

    Dit is dus duidelik dat jy nie oortredings hoef te pleeg om 'n sondaar te wees nie.
    Nou wat nou van erfsonde. Dit het sy oorsprong in die paradysverhaal.wat het Adam en Eva nou eintlik gedoen wat so erg was?

    Was hul diewe? Het hul iets gevat wat nie hulle s'n was om te vat nie. Dit was net die daad. Hulle het hul eers 'n gat in die kop laat praat en toe gedink en deur hul denke die band en ooreenkoms tussen hulle en hul Skepper verbreek.

    Dit is dus die 'erfsonde' / verbreking van ooreenkomste, ook jy, want ek neem aan jy is gedoop, was dus ingelyf in 'n verbond, waaruit jy pad gegee het.

    Die mensdom kollektief is 'n ooreenkomsverbreker -in die paradysverhaal word die mens aangestel as bewaarders en nie verwoesters van planeet aarde nie. En kyk hoe lyk die planeet nou.

    Daarom die versugting:ROMEINE 3:10
    Dit is soos die Skrif sê: “Niemand is goed nie – selfs nie een nie.

    Finish en Klaar: jy is 'n oortreder, want jou ontkennende houding is 'n bewys daarvan, of jy nou daarvan hou of nie. Erfsonde verswak nie jou vrye wil nie, dit beperk jou keuse. Jy is of vir of teen Christus.

    Dit is duidelik wat jou keuse is want 'n ateïs is iemand wat per definisie glo'God bestaan nie'. Dus om op te som of jy nou 'n Christen is of nie, almal is sondaars, want as hul nie die wet van God verbreek nie-verbreek hul die wette van diegene wat oor hul regeer. Finish en Klaar.

    Lees nou weer die aangehaalde stuk oor die 20 begrippe en dalk sal jy begin verstaan wat 'sonde' werklik is.

    Lekker dag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top