in gesprek

  • 2

Foto: Canva.com

in gesprek

god sit êrens en staar na ons 
doen en late in Afrika-strate – ek voer 
gesprekke met hom

hondsbrutaal vra ek:

wat van Hillbrow en die Kaapse Vlakte?

Hou jy daar ook ’n oog en hand            
of net voet in die mond?

ek dink hy aanskou alles 
of dalk sit hy nes ons 
starend na ’n verligte 
foonskerm iewers in die donker.

  • 2

Kommentaar

  • Jasper Toutatoi

    In die maag, voortande uit, pyn wat steek in die oog - 'n spieelbeeld (hier uit die donker).

  • Ek is seker God skud ook Sy kop, 'n traan loop oor Sy wang oor die mens se brutale wreedheid teenoor mekaar en hul vernielsugtighed teenoor Sy skepping.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top