Geestelike narsisme en politieke militante

  • 6

Ek het met Senekal gevoel dat landbouers hul reg uitgeoefen het met betoging. Tog was die geleenthede deur narre oorheers, wat hulself beskermers noem van die spektrum. Die punt is gemis, want een verdagte het borgtog gekry. Die punt wat ek wil maak, is dat as ’n man vir gesinsgeweld of verkragting toegesluit is, sal hy geen borg kry nie, tensy die hof buitengewone omstandighede op rekord het.

Moord word deesdae as mindere misdaad gehanteer as gesinsgeweld en verkragting (wat op bewering gegrond is). 

So ’n moordverhoor kan oor jare strek met die beskuldigde op vrye voet. Die geestelike narsiste sal aanvoer dis sy grondwetlike reg of dat jy nie ’n oog vir oog kan vat nie. Die politieke militantes maak dit rassisme. My vraag is: waar is links en regs in hierdie politieke spektrum en is hierdie stokou bokse nie nou uitgedien in SA nie? As ’n groep vir geregtigheid betoog, maak dit die groep polities regs of links? Akademici se redenasies raak belaglik deesdae. 
 
Hans Richardt, Orania
  • 6

Kommentaar

  • Jan ek sit ook met die wroeging wat deesdae voor die reg, reg of verkeerd is. My kop is te plat om dit te verstaan.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, dit gaan oor bewyslas wat verskil in moord vs gesinsgeweld/geslagsgeweld. In moord is die bewyslas op staat teen verdagte, wat onskuldig geag word, tot skuld bo redelike twyfel bewys is. In geslagsgeweld/gesinsgeweld is verdagte skuldig en is bewyslas van onskuld op verdagte in saak.
    Skuld vs moontlik waarskynlik, is bewyslas wat van staat na werkgewer skuif in arbeidssake.

  • Avatar
    Hans Richardt

    In SA pleit jy net rassisme as jy bedreig voel, by MRK, solank jy net nie wit is nie. Jy as witte moet jouself gelukkig ag om in reënboognasie nog toegelaat te word om jou wit kleur te behou...

  • Avatar
    Hans Richardt

    Ek het 'n buurman, wat sê hy het Goddelike inspirasie in sy godsdiens, maar wonder ek, hoekom hy nie sy eie kinders kan beïnvloed tot wedergeboorte nie? Hy was ongelukkig waar hy gebly het, nou is hy ongelukkig waar hy nou bly tussen ons "sondaars"?
    Ek glo aan eenvoudige genade en geloof en probeer nie ander oordonder met meerwaardigheid oor my eie geloof nie. Terselfdertyd erken hy, dat hy nie kan onthou wat die predikant Sondag gepreek het nie of wat hy vanoggend gelees het nie.
    Is dit geestelike narsisme of bejammeringswaardige geheue probleem agv ouderdom? Daar is tog 'n wesenlike verskil tussen godsdienstige en gelowige met naasteliefde, soos jy jouself lief het??

  • Avatar
    Schalk van der Merwe

    Ek vermoed dat die hele terme wat links of regs uitgedien is. Ek is ook nie meer seker of ekself links of regs is nie. Polities is ek dalk links, ten opsigte van waardes en norms dalk weer regs. Is ek dan nou links of regs?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Schalk van der Merwe, ek weet nie van links en regs in geloof nie. Ek verstaan nederigheid of geestelike narsisme in geloof.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top