Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2022

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Oktober

Boeke: Skrywers en digters besin oor toekoms op literatuuraand
’n Nuusberig oor die US se Departement Afrikaans en Nederlands se kollokwium

Boeke: Wyle Paul Eilers se vrou reis met kortverhaalbundel
Oor Marina Eilers se reis(e) met haar debuutkortverhaalbundel, Wyle.

3 Oktober

Resensie: ’n Hardegat ‘roadtrip’-riller
Sonja van der Westhuizen resenseer No Country for Girls deur Emma Styles

Resensie: Neem kennis van dié Lester
Jonathan Amid resenseer Elton Baatjies deur Lester Walbrugh

Resensie: Roman ‘restoureer’ die hede met die verlede
Anschen Conradie resenseer Murasie deur Chanette Paul

Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir September

4 Oktober

Boeke: Mandla Langa wen UJ-prys vir beste Engelse kreatiewe skryfwerk

Profielonderhoud: Clinton V. du Plessis se syfers en woorde bring balans
Wilna de Klerk in gesprek met die skrywer.

Boeke: ‘WAT’ kry nuwe hoofredakteur
Dr. Phillip Louw is in dié posisie aangestel

5 Oktober

Boeke: Wiskundeprof gee digter ‘nuwe respek’ vir Afrikaans
Cheréne Pienaar berig oor ’n gesprek by die Vrystaat Kunstefees se Literatuurfees

Boeke: Skrywers en digters meet die toekoms aan die hede
Candice Jantjies oor die US se Departement Afrikaans en Nederands se jongste seminaar

6 Oktober 

Kyk weer: ’n Boekgesprek met Irma Venter oor haar nuwe boek

8 Oktober

Boeke: Krog druk die ‘onvermoë van menswees’ uit
Oor die huldiging van Antjie Krog by die Tuin van Digters

Profielonderhoud: Marié Heese vat dit rus-rus, maar het op 80 nog nie tyd vir stilsit nie
AJ Opperman gesels met die skrywer.

9 Oktober

Boeke: Afrikaanse digkuns in al sy vorme op 11de Tuin van Digters gevier

10 Oktober

Resensie: Sekuur, slim en lekker aksie
Jonathan Amid resenseer The Stranded deur Sarah Daniels

Resensie: Verbeeldingsvlug bars behoorlik uit die nate
Willemien Aukema resenseer Die Waterplek: Afrika deur Carina Stander

Resensie: ’n Roman vol pragtige prosa
Joan Hambidge resenseer Nagouers deur Saskia de Coster (Vertaal deur Wium van Zyl)

Boekevat: ‘Silverview’ ’n terugkeer na Le Carré se beste
’n Rubriek deur André Krüger

Boeke: Vroue se begeertes en plesier – skrywers praat prontuit
Candice Jantjies skryf oor ’n gesprek by die Woordfees

11 Oktober

Boeke: Rompslomp nie waarvoor hy in polisie was – Labuschagne
Maygene de Wee skryf oor ’n gesprek by die Woordfees

17 Oktober

Resensie: Verse die distillaat van ’n lewe se kreatiwiteit
Louise Viljoen resenseer Moerstaal deur Loit Sôls

Boekevat: Om met hoop deur ’n leë landskap te reis
’n Rubriek deur Koos Kombuis

18 Oktober

Boeke: Amore Bekker nou beskermvrou van Borg ’n woord-projek

19 Oktober

Kyk weer: Lindie Stander gesels oor haar boek, ‘Agter my glimlag’

Boeke: Luister na Antjie Krog in Gauteng

20 Oktober

Boeke: Nuwe uitgewer wil gehalteboeke in Afrikaans uitgee
Candice Jantjies in gesprek met Leonie van Rensburg

21 Oktober

Profielonderhoud: Antjie Krog: ‘Mens leer leef met wat sterwende is’
Murray la Vita het met Krog gesels.

24 Oktober

Resensie: ’n Boeiende speurverhaal
Sonja van der Westhuizen resenseer The Tattoo Murder deur Akimitsu Takagi

Resensie: ’n Teer verhaal van heling
Anschen Conradie resenseer Heimwee deur Sophia Kapp

Resensie: Naslaanbron vir taalliefhebbers en windorrels
Joan Hambidge resenseer Spreekwoorde en ander segswyses

Resensie: Die spook van Gert Bloubaard Swanepoel
Jonathan Amid resenseer Roman deur Cas Wepener

25 Oktober 

Kyk: Antjie Krog lees haar verse voor in Pretoria

Boeke: Winterbach, Galgut onder benoemdes vir literatuurpryse
Oor die kortlyste vir die SALA-pryse

27 Oktober 

Boeke: Skrywers, lesers gaan kuier en braai by boekefees
Oor die Sanctuary-boekefees in Klerksdorp

Boeke: Prins Harry se memoires na verwagting Januarie op die rakke

28 Oktober

Boeke: Vredefortkoepel is meesterskrywer se skilderdoek in nuwe roman
Oor Hans du Plessis se jongste roman, Inkommers

Boeke: ‘Waarom is dié boeke weggelaat van bekroningslyste?’
’n Rubriek deur Joan Hambidge

29 Oktober

Boeke: Rocco se digbundel nog ’n manier om eiesoortigheid uit te leef

31 Oktober

Resensie: SD Fourie se reis van begrip
Trisa Hugo resenseer Die reis deur SD Fourie

Resensie: ‘Sisters’ ’n boeiende verhaal
Jonathan Amid bespreek Sisters of the Circus deur Laila Manack

Resensie: Groot lof vir roman waaraan Chris Karsten 10 jaar werk
Francois Bekker resenseer Op pad na Moormansgat deur Chris Karsten

Boekevat: Die fantastiese ding om verveeld te wees
’n Rubriek deur Jaco Jacobs

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:

Deesdae word opkomende skrywers met Brad Thor vergelyk, ’n lesersindruk van Near dark

Moederland deur Madelein Rust: ’n boekresensie

On scope deur Jack Coughlin en Donald A Davis, ’n lesersindruk

Today is tomorrow deur Caroline Kurtz: ’n resensie

Die verkeerde vrou deur Irma Venter: ’n resensie

Mara deur Marida Fitzpatrick: ’n boekresensie

Wees bevrees: Genesis deur Chris Carter, ’n lesersindruk

Koos Bekker’s billions deur TJ Strydom, ’n lesersindruk

The profiler diaries 2 deur Gérard Labuschagne, ’n resensie

History of South Africa from 1902 to the present, ’n lesersindruk

The Bourne Sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk

Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella: ’n resensie

Uncaptured deur Mosilo Mothepu: ’n lesersindruk

Kodachrome deur Tom Dreyer: ’n resensie

Losweg gebaseer op ware gebeure: ’n resensie van Murasie deur Chanette Paul

Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen: ’n resensie

’n Boek vir weer lees: ’n resensie van The errors of dr Browne deur Mark Winkler

Van boekwurm tot skerpskutter, ’n lesersindruk Kate Quinn se The diamond eye

Verdeelde stand / Divided stance deur Celesté Fritze: ’n resensie

Etienne van Heerden Veldsoirée: Elise Bishop oor Twee lewens

Toyota US Woordfees 2022: ’n gesprek met Tom Dreyer oor Kodachrome, optiese instrumente en die filmiese oog

’n Bedrywige Woordfees vir Paula Fourie met Taliep, Babyboy Kleintjies en Athol

Spreekwoorde en ander segswyses: ’n onderhoud met Leon en Amanda de Stadler

Die volgende resensies het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

2 Oktober

Resensie: Johann Kriegler resenseer The Mandela Brief: Sydney Kentridge and the Trials of Apartheid deur Thomas Grant

Resensie: Murasie deur Chanette Paul, geresenseer deur Jonathan Amid

Nuut op die rak: “Wat ’n lewe!” – Vier nuwe biografieë

  • WIEG: Die verhaal van Maria du Plessis, née Marie Buisset (1679 – 1751), Hugenoot en vroedvrou deur Joan Kruger;
  • Victor Pohl se Wedervaringe van ’n Boeregesin;
  • Agter my glimlag deur Lindie Stander; en
  • Patrice Motsepe: An Appetite for Disruption deur Janet Smith

9 Oktober

Resensie: Buit deur Dibi Breytenbach, geresenseer deur Fanie Olivier

Resensie: Twee lewens: ’n outobiografie deur Elise Bishop, geresenseer deur Dianne du Toit Albertze

Resensie: Dryf deur Cecilia Steyn, geresenseer deur Jonathan Amid 

Nuut op die rak: Plunder en Vetplantfeetjies deur Antjie Krog

16 Oktober

Resensie: Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster, geresenseer deur Leon van Nierop

Resensie: Hein Viljoen resenseer Moerstaāl deur Loit Sōls

Resensie: Annelise Erasmus resenseer Bamboozled: In search of joy in a world gone mad deur Melinda Ferguson

23 Oktober

Resensie: Koos Bekker’s Billions deur T.J. Strydom, geresenseer deur Jaco Leuvennink 

Resensie: Jonathan Amid bespreek Moederland deur Madelein Rust

Resensie: Adele Vorster resenseer Die verkeerde vrou deur Irma Venter

Resensie: Stefaans Coetzee bespreek Samurai Sword Murder: The Morné Harmse story deur Nicole Engelbrecht

30 Oktober

Resensie: Louise Viljoen resenseer Plunder deur Antjie Krog

Resensie: Bill Nasson resenseer A Russian on Commando: The Boer War Experiences of Yevgeny Avgustus deur Boris Gorelik

Resensie: Moord op Stellenbosch deur Julian Jansen, geresenseer deur Stefaans Coetzee

Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

4 Oktober

Môre en gistraand en die einde van die maand

Philip de Vos dring gewoonlik daarop aan dat sy verse áltyd hardop gelees word. Hierdie paar woorde het ek hier en daar uit sy verse bymekaar gemaak, want dit rol so lekker op die tong: “snotterblok”, “hippetip”, “pandoeka”, “poelpetater”, “pampelmoes” en “tierelier”.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

6 Oktober

Boek van die maand: Kodachrome

Soos met ʼn foto vang Tom Dreyer die oomblik netjies (met woorde) vas, maar hy bly daarvan bewus dat die oomblik (soos met ʼn foto) eweneens oor die kante van die verhaal spoel. En dat die verhaal inderwaarheid ʼn flits is van ʼn oomblik.

Lees die resensie deur Johan Myburg.

13 Oktober

Jou kind en verlies

Hierdie uiters waardevolle gids en aktiwiteitsboek bied spel-, aktiwiteit-, lees-, en gespreksidees vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders (alle ouderdomsgroepe) wat verdriet ervaar.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

25 Oktober

Handige veldgids vir voëlkykers

Voëlliefhebbers sal hierdie gids graag in hulle rugsakke wil saamdra.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

8 Oktober

Chase Rhys se wêk los breadcrumbs virrie kinnes
Deur Veronique Jephtas

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 5 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Herman Lategan oor sy biografie Hoerkind. Johan Myburg bring hulde aan Hilary Mantel, gesels oor TS Elliot, en vertel wat beroepswedders se keuses is vir vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Suzette Myburg gesels oor vanjaar se Woordfeesbundel, en Nadine Petrick vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by Aardklop.

Woensdag 12 Oktober

Vind meer uit oor die Avbob-poësieprojek, en hulle betrokkenheid by RSG se huldigingskonsert ter viering van Antjie Krog se 70e verjaarsdag. Ilse Salzwedel gesels ook met Clinton V. Du Plessis, bekende digter en die Afrikaanse wenner van vanjaar se Avbob-projek. Johan Myburg gesels oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangaremgba, se vonnis vir sogenaamde aanhitsing tot geweld, ‘n biografie oor die Britse skilder Lucien Freud en meer oor die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, Annie Ernaux. Ilse gesels met Riaan Manser, die bekende avonturier en skrywer, wie se eerste avontuurkinderboek ‘n moet-lees is vir jong boekwurms.

Woensdag 19 Oktober

Suzette Myburg gesels met Crystal Donna Roberts oor haar debuutjeugroman Speurder Sammi: Die blou steen.  Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar toekomsfiksie-misdaadroman Moederland. Sophia Kapp vertel meer oor die storie agter haar nuwe verhoudingsroman Heimwee.

Woensdag 26 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor haar nuwe roman, Murasie. An-mari Do Carmo vertel die verhaal agter haar aangrypende jeugroman, Toe als groen was, wat op ‘n ware verhale gebaseer is. Johan Myburg bring hulde aan Carmen Callil, die uitgewer agter die Virago-druknaam. Hy vertel van die Nederlanders se bekroning van hulle skrywer Arnon Grunberg, en stel ons bekend aan die skrywer van die roman wat vanjaar met die Bookerprys bekroon is. Jy kan ook hoor hoe klink Shehan Karunatilaka, skrywer van The Seven Moons of Maali Almeida

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 4 Oktober  

Die dae is nou so aangenaam. Oral bot bloeisels, jasmyn tuimel oor tuinmure en ’n mens kan sommer ruik dit is weer lente! Ons luister na gedigte oor dié lieflike tyd van die jaar. Die voorleser is Karli Heine.

Dinsdag 11 Oktober

Vers en Klank is steeds die ene bloeisels en nuwe lewe, met die tweede aflewering in ’n reeks oor die lente. Jy kan uitsien na gedigte deur onder meer C. Louis Leipoldt, Ina Rousseau, Elisabeth Eybers en Barend Toerien. Die voorleser is Karli Heine.

Dinsdag 18 Oktober

Het jy geweet dat sowat vyfmiljoen Suid-Afrikaners niks het om vandag te eet nie. Wêreldwyd gaan slaap bykans 830 miljoen mense elke aand sonder ’n krieseltjie kos in die maag. Luister na Albert Maritz se sielvolle voorlesings van gedigte oor dié deel van die samelewing wat ons so maklik miskyk – die boemelaars en bergies, die haweloses en dié wat honger ly. Dít ter herdenking van Wêreld-voedseldag.

Dinsdag 25 Oktober

Die volgende paar weke se programme handel oor troeteldiere, daardie getroue, viervoetige vriende met wie ons ons lewe deel. In die eerste aflewering luister ons na Albert Maritz se voorlesing van gedigte oor katte. Die digters aan die woord is onder meer Barend Toerien, Lina Spies, Daniel Hugo, Stephan Bouwer en Peter Blum.

Boekkeuse

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.

11 Oktober

Elise Bishop gesels met Riette Rust oor haar outobiografie, Twee lewens. An-Mari do Carmo wei uit oor haar jeugroman, Toe als groen was. Vind meer uit oor Tenk deur Pieter Stoffberg, Fanie Olivier se vertaling van Jeff Gearats se Mister Altheimer en Madine Swart se heruitgawe van Flora se geheime taal, Stories oor Suider-Afrikaanse plante. Daar is ook spesiale aandag aan die herdenking van Sheila Cussons se 100ste geboortedag. 

25 Oktober

As deel van die eeufees-herdenking van Sheila Cussons se geboortedag het Adriaan Potgieter ’n besondere studie oor haar werk die lig laat sien. Hy gesels oor sy werk, In die klipknoets van my vuis. Arlene Prinsloogesels oor haar biografie oor Prinses Charlene van Monaco en Gerard Scholtz vertel van die Louw-geboortehuis in Sutherland. Besprekings oor Leon en Amanda de Stadler se Spreekwoorde en ander gesegdes, Sascha de Costa se Nagouers en Gerda Taljaard se roman, Vier susters.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Oktober het sy die volgende vir Fine Music Radio geresenseer:

Johann de Lange & NCP Golele (Reds) - I wish I’d said...Vol. 5 | Naledi, 2022

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

13 Oktober

Nini Bennett resenseer Helaas deur Hennie van Coller

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Oktober verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud deur Phyllis Green met Rudie van Rensburg oor Hans van Kraaienburg se eskapades

Onderhoud deur Franco Havenga met Lindie Stander oor Agter my glimlag

Onderhoud deur Marguerite van Wyk met Quintus van der Merwe oor Om te lewe, om te sterwe

Onderhoud deur Phyllis Green met Henriëtta Gryffenberg oor Minder as niks

Resensies van 4 plaaslike skrywers se boeke:

  • Notes on Falling deur Bronwyn Law-Viljoen
  • The History of Man deur Siphiwe Gloria Ndlovu
  • The Wanderers deur Mphuthumi Ntabeni
  • At the Edge of the Desert deur Basil Lawrence
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top