’n Bedrywige Woordfees vir Paula Fourie met Taliep, Babyboy Kleintjies en Athol

Paula Fourie is betrokke by twee van die prominentste aanbiedings op vanjaar se Toyota US Woordfees: haar boek Mr Entertainment – the story of Taliep Petersen word bekend gestel, en haar en Athol Fugard se drama Concerning the life of Babyboy Kleintjies debuteer by die fees. Melt Myburgh het met haar gesels.