Moederland deur Madelein Rust: ’n boekresensie

“In 2070 staan Bloemfontein as Xín Xiánggăng bekend. Die Derde Wêreldoorlog en twee burgeroorloë het Suid-Afrika se stede in puin gedompel. Daar is ’n tekort aan kos, water en blyplek. Chinese en Russiese kaders, asook die elite floreer in slimstede terwyl gewone mense op die platteland stoei om aan die lewe te bly.”