PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2019

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

7 Oktober

Boekeblad: Draakstekery met die heilige erns van sport

Willie Burger resenseer Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Boekeblad: Moderne volbloed verhaal

Jonathan Amid resenseer Oopmond deur Jan Vermeulen

Boekeblad: Om ’n stuk chaos te vat en te boetseer

Boekevat-rubriek deur Charl-Pierre Naudé 

8 Oktober

Berig: Kroate se rol in Anglo-Boereoorlog in boek belig

’n Boek oor Kroate wat 120 jaar gelede in die Anglo-Boereoorlog (ABO) saam met die burgers teen die Engelse geveg het, word in Maart 2020 uitgereik. 

9 Oktober

 Kunsblad: Boetiekfees bekyk klimaat, wakker lees aan

Voorafberig oor die agtste leesfees in Prins Albert.

10 Oktober

Kunsblad: Skrywer Engemi Ferreira het met 'ironiese oog na lewe gekyk'

Grafskrif oor die skrywer Engemi Ferreira

Kunsblad: Skrywer Engemi Ferreira sterf

Doodsberig van die skrywer Engemi Ferreira

Kunsblad: Nobelprys: Polemiek oor letterkunde-wenners

Gemengde reaksies oor die twee Nobelpryswenners

Kunsblad: Tokarczuk, Handke wen Nobelprys vir letterkunde

Wenners van die Nobelprys vir letterkunde

14 Oktober

Boekeblad: Voortreflike Fred se vyftig jaar in sketse

Joan Hambidge resenseer 50 Jaar met Fred saamgestel deur Bun Booyens

Boekeblad: ’n Sug na die loskom van die lyf

Johan Myburg resenseer Vlug van die gees deur Cas Vos

Kunsblad: Ier hoor hy wen Nobel – toe wen hy nie

'n Skrywer is vals ingelig dat hy die Nobelprys vir letterkunde gewen het.

Kunsblad: Internasionale skrywers wikkel na Woordfees

Talle internasionale skrywers tree by die US Woordfees in Stellenbosch

15 Oktober

Kunsblad: PEN Amerika kap Handke se Nobel

Kritiek oor wenner van die Nobelprys.

Kunsblad: 2 wen Bookerprys en maak geskiedenis

Die oudste skrywer nog en die eerste swart vroueskrywer het die Bookerprys gewen.

19 Oktober

Kunsblad: Annelie Botes en haar man 'kán nog harde bene kou' ná kanaalbootreis

Onderhoud met Annelie Botes oor haar nie-fikise boek oor 'n 91 dae lange kanaalvaart

21 Oktober

Boekeblad: Behoorlik hoog tyd vir die storie van die kruid

Koos Kombuis resenseer . . . en daar was dagga – ’n biografie deur Heinz Mödler

Boekeblad: ’n Verhaal ryk aan metafore

Francois Bekker resenseer Die slaghuis deur Cas Wepener

Boekeblad: Roman eggo Joseph Conrad

Riaan Grobler resenseer By die brandende berg deur Piet van Rooyen

23 Oktober

Kunsblad: Broederband tussen mans in debuutroman ondersoek

Sidney Gilroy gesels oor sy debuutroman. 

24 Oktober

Kunsblad: Afrikaanse pryswenner se debuutbundel in VSA uitgereik

Kompetisie-wenner se eerste bundel verskyn in Amerika.

Kunsblad: Nederland druk nie meer Elisabeth Eybers-werke

Die digter Elisabeth Eybers se werk word nie meer in Nederland gedruk nie. 

28 Oktober

Boekeblad: Lotgevalle van liefde, belydenisse op man af

Fanie Olivier resenseer Nuwe vrese deur Willem S van der Merwe 

Boekeblad: Die gruwels van die verlede

Erika de Beer resenseer My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Boekeblad: Dagga-dampie toe nie dr. Mödler s’n nie

Boekevat-rubriek deur Koos Kombuis

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Oktober die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

1 Oktober

    • My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux
    • Suiker Britz: Dossier van ’n speurbaas deur Anemari Jansen en Stefaans Coetzee
    • Poenankies deur verskeie bydraers

 

8 Oktober

    • Kammaland deur Annelie Botes
    • Blinde gode deur Dibi Breytenbach
    • Die ses weke van Thomas & Ella deur Zelda Bezuidenhout
    • Die Ontdek-reeks

15 Oktober

  • Nadraai deur Jaco Kirsten
  • Sewe-en-veertig deur Irma Venter
  • Iemand wat verdrink en ander verhale, saamgestel deur Fanie Viljoen
  • Die hasie van fluweel deur Margery Williams (Vertaler: Linda Rode)

22 Oktober

    • Saam deur Errieda du Toit
    • Elke hond kry sy dag deur Kimberlie Hamilton (Vertaler: Lydia du Plessis)
    • Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo deur Wendy Maartens
    • Die Periodieke Tabel-boek deur Tom Jackson (Vertaler: Amelia de Waal)

29 Oktober

  • Koeke en terte deur Susan Coetzer
  • Die 17de veer deur Nanette van Rooyen
  • Die A,B,C van Suid-Afrikaanse baanbrekervroue deur Ambre Nicolson (Vertaler: Ronelda S. Kamfer)
  • Hidden Pretoria deur Johan Swart en Alain Proust

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:

Renosterstropery op die voorgrond in Baäl se jag deur Johan Fourie

FMR-resensie: Koshuis deur Erns Grundling

Recensie: Het geheim van de schildpad: Wat dieren ons leren over lang leven door David van Bodegom

Resensie: Sypaadjie deur Alma Rossouw

Drie ouer verhale bied lekker leesvermaak

Boekresensie: The vagabond deur Frank Rautenbach

Resensie: Wreed én mooi is die dood – verhale oor verlies, hunkering en heling.

Boekresensie: Die dekonstruksie van Retta Blom deur Zelda Bezuidenhout

Resensie: 'n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler

FMR-resensie: Kammaland deur Annelie Botes

Resensie: Zola deur Johan Jack Smith

Resensie: Vervleg deur Petro Hansen

LitNet Akademies-resensie-essay: Verset en opbou deur JC Steyn

Resensie: Too many tsunamis deur Vincent Pienaar

Video: Bekendstelling van Betrayal: The secret lives of apartheid spies deur Jonathan Ancer

Skrywersonderhoud met Ernst Grundling oor Sushi en Shosholoza

Inter-review: Tracey Farren in conversation with Janet van Eeden about The book of Malachi

 

Skrywersonderhoud: Jan Vermeulen praat oor sy boek Oopmond

Het Vijfde Evangelie volgens Mickey: ’n onderhoud met Clinton V du Plessis

Skrywersonderhoud: Helene de Kock oor Die kind uit die wingerd

Skrywersonderhoud: Pieter Hugo oor Alchemie van my muse

Skrywersonderhoud: China Mouton oor Tronkhond

Siya Kolisi – against all odds: an interview with Jeremy Daniel

Onderhoud met De Wet Hugo oor die Grilgrypers-reeks en oor Die groen watergraf

 

Skrywersonderhoud: Christine Barkhuizen-Le Roux oor My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

Video: Kaapstad-bekendstelling van Grensgeval deur Marita van der Vyver

Video: Daniel Hugo in gesprek met Cas Wepener oor Die Slaghuis

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

6 Oktober

Resensie: Joan Hambidge resenseer Die storie van Afrikaans – uit Europa en van Afrika: Biografie van ’n taal (Deel 1) en (Deel 2) deur W.A.M. Carstens en E.H. Raidt

Resensie: Magdel Vorster resenseer Grilgrypers 4: Die meisie in die maanlig en Grilgrypers 5: Die groen watergraf deur De Wet Hugo

Nuut op die rak: “Plaaslike stemme”

  • The Longest March deur Fred Khumalo
  • Death on the Limpopo deur Sally Andrew
  • Ghosts of the Past deur Tony Park

13 Oktober

Resensie: Bill Nasson resenseer Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake

Resensie: Annemarié van Niekerk bespreek Quichotte deur Salman Rushdie 

Resensie: Theunis Engelbrecht oor Betrayal: The Secret Lives of Apartheid Spies deur Jonathan Ancer

Nuut op die rak: “’n Vars baksel Finuala”

  • Okay, Okay, Okay
  • What Poets Need
  • Homemaking for the Down-at-Heart deur Finuala Dowling

20 Oktober

 Onderhoud: Nataniël beantwoord Johan van Zyl se vrae oor Kyk na my: Herinneringe aan ’n kindertyd

Resensie: Herman Lategan resenseer Kyk na my: Herinneringe aan ’n kindertyd deur Nataniël

Resensie: Juliana Coetzer bespreek Die wolkversamelaars deur Nadia de Kock 

27 Oktober

Onderhoud: Tony Park, die Laeveld se “Boere-Aussie”, gesels met Hennie van Deventer oor sy lewe in Suid-Afrika en sy nuutste boek, Ghosts of the Past

Resensie: Joan Hambidge resenseer My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Nuut op die rak: Herinneringsboeke

  • Porseleinskerwe: Herinneringe deur Marié Blomerus
  • Impossible Return: Cape Town’s Forced Removals deur Siona O’Connell
  • Toy van Carnavon deur Stephen le Roux
  • Voices from the Underground: Eighteen life stories from Umkhonto we Siswe’s Ashley Kriel Detachment onder redaksie van Shirley Gunn en Shanil Haricharan
  • Cécile (oor Cécile Tilley van Cécile & Boyd-faam)
  • Robert Mangaliso Sobukwe: New Reflections, saamgestel deur Benjamin Pogrund.

Nuut op die rak: Nuwe vertalings

  • Die Twee Torings deur J.R.R. Tolkien, vertaal deur Kobus Geldenhuys
  • All I know deur Marita van der Vyver, vertaal deur Kobus Geldenhuys
  • Die mooiste meisie van Genua deur Ilja Leonard Pfeijffer, vertaal deur Fanie Olivier

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

2 Oktober

Fiksie oor reeksmoordenaars

Wanneer jy’n boek lees wat die donker psige en modus operandi van ’n reeksmoordenaar oopvlek, is dit soos om na ’n grusame ongelukstoneel te staar en nie in staat te wees om weg te kyk nie.

Lees die resensie.

16 Oktober

ʼn Kat se kans: Verhale van vurige en kordate katte deur Kimberley Hamilton

Dit is voorwaar die purrr-fekte boek vir lesers wat dol is oor katte. Dit word voorgeskryf vir kinders nege jaar en ouer, maar volwassenes sal die boek ook van waarde vind.

Lees die resensie.

22 Oktober

Halley se komeet deur Hannes Barnard

As die boek as jeugroman bedoel is (wat ʼn mens aanvanklik vermoed) is die verwysings na die 80’s, mét ʼn skeut nostalgie, bo-oor tieners se koppe en word die boek iets van ʼn historiese roman met ʼn moraal-ondertoon.

Lees die resensie.

Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffmann

Karlien is glo glad nie bedrewe agter die kospotte nie, en dié kookboek met sy eenvoudige bestanddele en maklike resepte is blykbaar nét wat sy nodig het om in ’n japtrap smullekker geregte voor te sit.

Lees die resensie.

29 Oktober

Rooiborsduif deur Breyten Breytenbach

Ek het nie ’n woordeboek nodig om sy gedigte te probeer ontsyfer nie; ek kan myself net verloor in die mooi daarvan.

Lees die resensie.

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 2 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met die gewilde rubriekskrywer Blou Willem (Willem Theron) oor sy derde bundel rubrieke, 50 Blertse blou. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder meer oor poësie in die tyd van sosiale media.

Woensdag 9 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met SD Fourie, skrywer van die baie gewilde roman Die lanternswaaier, oor haar nuwe roman, Noorman. Rudie van Rensburg vertel hoe sy nuwe roman, Vloek, verskil van sy vorige spanningsverhale. Johan Myburg gesels oor die twee Nobelpryse wat vandeesweek toegeken word. En jy kan luister na 'n onderhoud wat Milton Weber met digter Pieter Odendaal gevoer het tydens die pas afgelope Week van De Afrikaanse Roman in Nederland.

Woensdag 16 Oktober

Die Week van die Afrikaanse Roman het onlangs in Nederland plaasgevind, en Milton Webber was daar. Hy het onder andere 'n vertaalslypskool bygewoon waar hy met Karin Brynard, die skrywer van Tuisland, en drie Nederlandse vertalers gesels het oor die kuns van vertaling. Luister ook hoe Valda Jansen die week in Nederland ervaar het. Die skrywer, Engemi Ferreira, is onlangs oorlede, en jy kan luister na 'n voorlesing van een van haar kortverhale. En as jy meer wil weet oor die skrywers wat met die Nobelpryse vir letterkunde vir die afgelope twee jaar bekroon is, moet jy beslis luister na Johan Myburg se insetsel.

Woensdag 23 Oktober

Dalene Matthee sou vandeesmaand 81 jaar oud gewees het. Luister na 'n argiefopname wat gemaak is kort na die publikasie van Fiela se Kind waarin sy onder andere gesels oor die uitdagings van die skryfkuns. Milton Webber het by die Week van de Afrikaanse roman gesels met Eben Venter. Johan Myburg vertel meer van die twee medewenners van vanjaar se Bookerprys.

Woensdag 30 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Annelie Botes oor haar nuwe boek Kammaland, 'n dokumentering van Annelie en haar man se 90 dae op 'n kanaalboot in Engeland. Jy kan ook meer uitvind oor die Prince Albert-leesfees wat hierdie naweek plaasvind. Milton Webber gesels met Valda Jansen oor haar ervaring van die Week van die Afrikaanse Roman. Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale boekewêreld.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 1 Oktober

Luister na gedigte oor die omgewing en die mens se ekologiese voetspoor, in die gees van Sint Franciscusdag. Charlton George is die voorleser van gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Elisabeth Eybers, Eveleen Castelyn en Wilma Stockenström.

Dinsdag 8 Oktober

Wêreld Sigdag word hierdie week gevier, en ons luister na gedigte wat gaan oor oë en om te kan sien, of nie te kan sien nie. Lise-Mari van Wyk, 'n neëntienjarige blinde vrou, lees die verse (in braille) voor. Jy kan uitsien na gedigte van Petra Müller, Sheila Cussons, Lina Spies, Cas Vos, Zandra Bezuidenhout en Wilma Stockenström.

Dinsdag 15 Oktober

Susanne Beyers lees verse oor die landskap van die Karoo. Daar is gedigte van D.J. Opperman, NP van Wyk Louw, Lou-Ann Stone, Sydda Essop, Dolf van Niekerk, Breyten Breytenbach, Louis Esterhuizen, Cas Vos, Corlia Fourie en Ernst van Heerden.

 

Dinsdag 22 Oktober

Pieter van Zyl lees gedigte oor tyd en ewigheid deur Nini Bennett, Wilma Stockenström, Daniel Hugo, Clinton V. du Plessis, Jan de Bruyn, Cas Vos en Corné Coetzee.

Dinsdag 29 Oktober

Luister na gedigte uit 'n nuwe bundel, Vandag is boordensvol - Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter. Dis onlangs uitgegee deur Naledi. Charl-Pierre Naudé skryf: "Die Afrikaanse gevoels- en dinkwêreld word met hierdie bundel vertalings eindeloos verruim." Nic de Jager lees van Neruda se mooiste vertaalde gedigte voor. 

Woorde wat weeg

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Oktober het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Duifiedorings deur Thomas Deacon

Hier gaat ons! deur Gerard Scholtz

Chrisalis deur Christo van der Westhuizen

Versindaba

 Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Oktober die volgende resensies en rubrieke gelewer:

5 Oktober

Kies ’n boek: ’n Ander mens deur Zirk van den Berg 

12 Oktober

Kies ’n boek: In my vel deur Azille Coetzee

19 Oktober

Kies ’n boek: Afrikaans Poems with English Translations

26 Oktober

Kies ’n boek: Drie verskillende romans

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top