Het Vijfde Evangelie volgens Mickey: ’n onderhoud met Clinton V du Plessis

  • 0

Clinton V du Plessis se eerste Nederlandse versamelbundel, Het Vijfde Evangelie volgens Mickey, is binnekort beskikbaar. Cliffordene Norton gesels met hom.

Clinton V du Plessis (Foto: Naomi Bruwer)

Clinton, jy het onlangs die opwindende nuus gekry dat ’n versamelbundel van jou gedigte in Nederlands gepubliseer sal word. Wanneer verskyn die bundel en waar sal dit beskikbaar wees?

Ons is nou in die finale fase van die bundel se redigering. Dit word amptelik op 15 Desember 2019 in Amsterdam by ’n nuwe literêre fees bekendgestel. Ek sal self die plaaslike verspreiding hanteer.

Watter gedigte het jy gekies vir die bundel? Is daar ’n sentrale tema?

Ek was glad nie betrokke by die seleksie van die gedigte nie. Die vertaler het gedigte uit drie van my bundels, Rangeer, Woorde roes in die water en Aantekeninge teen die skemeruur gekies. Die vertalings word langs die oorsponklike Afrikaanse teks afgedruk.

In sy voorwoord tot die bundel, getiteld, Het Vijfde Evangelie volgens Mickey, skryf die digter Martijn Benders:

“Clinton, zoon van een spoorwegarbeider, verhaalt in veel gedichten over het Zuid Afrika van de jaren zeventig en tachtig, armoede, apartheid, chaos, maar in al die ellende lukt het hem diep menselijke gedichten te schrijven die tot de kern van je wezen gaan.”

Van jou werke is opgeneem in Nederlandse bloemlesings, soos Honderd dichters 1, De tweede ronde en O droewe en wye land. Jy was ook ’n gas van die Stichting Poëziefestival Nijmegen in Nederland. Hoe het hierdie ervaringe die samestelling van dié bundel beïnvloed?

Nie regtig nie, van my ervaringe aldaar het neerslag in van my ander publikasie gekry, maar daardie werk is nie hier opgeneem nie.

Jy is bekend daarvoor dat jy self jou digbundels publiseer. Waarom het jy besluit om nou ’n uitgewer te nader?

Marthinus (Martijn) Benders, die Nederlandse digter, uitgewer en grafiese ontwerper (en iemand wat ook van sy werk onder eie beheer, buite die hoofstroom uitgegee het) het my as een van vyf digters gekies om deel te wees van die eerste groep digters wat deur die nuwe uitgewery, De Kaneelfabriek, in 2019 uitgegee sal word.

..........

Meer besonderhede oor hulle werksaamhede en die ander vier digters kan bekom word by De Kaneelfabriek:

Stichting de Kaneelfabriek heeft als doel het uitgeven, promoten en organiseren van duurzame cultuur, in de vorm van boeken en events. Inzet daarbij is dat de uitgedragen cultuur een duurzaam karakter heeft – zowel kwalitatief als inhoudelijk wil de stichting bijdragen tot een gezonder en duurzamer klimaat op cultureel vlak.

Door in te zetten op kwaliteit en diversiteit hoopt de stichting wezenlijk bij te dragen aan het verbeteren van de maatschappelijke en culturele infrastructuur.

De naam is losjes geïnspireerd op het boek “De Kaneelwinkels” van Bruno Schulz.

..........

Wat is jou advies vir jong opkomende digters?

Volg die ou-ou resep. Lees, lees en nogmaals lees – wyd en omvattend. Moet nie gatkruip nie, moet nie tou opgooi nie en glo in jouself.

 

Lees ook

Verjaarsdagvers vir Breyten deur Clinton V du Plessis

NouNet-mening: Dié Boek en (daardie) Ballade(s) van die Bose

Vrouedag-skryfkompetisie – Clinton V du Plessis is die wenner!

Resensie: Woorde roes in die water deur Clinton V du Plessis

Tien vrae: Clinton V du Plessis oor Woorde roes in die water

Clinton V du Plessis (1963–)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top