Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Februarie
Kunsblad: “Vergete” Engelse gedigte van Olga Kirsch uitgegee
Meer as 100 ongepubliseerde Engelse gedigte van Olga Kirsch word eersdaags in ’n bundel uitgereik.
3 Februarie
Boekevat: Resensente moet anker gooi teen krulle
Rubriek deur Charl-Pierre Naudé
Resensie: Vertaalde verse síng
Joan Hambidge resenseer Die singende wêreld deur Marc Tritsmans (Vertaler: Daniel Hugo)
Resensie: Verhaal van oorleef, omgee
Jonathan Amid resenseer Vegters deur Lucia Prinsloo
Resensie: Gedenkboek wat onthou
4 Februarie
Kunsblad: Willem Anker laat Buys self praat oor insinuasies oor plagiaat
8 Februarie
Kunsblad: JM Coetzee vier 80ste verjaardag
Melvyn Minnaar onthou ’n storie van lank gelede
Kunsblad: Coetzee se “Disgrace” slaan steeds hard
9 Februarie
Kunsblad: Roman verbeel ’n ander verhaal vir Tsjechof se lewe
Resensie: Coetzee se Kaaps trek sluier oop
Ronelle Simmons resenseer Innie Shadows deur Olivia M Coetzee
17 Februarie
Resensie: Die meetsnoere val nie perfek vir almal
Francois Bekker resenseer Geen engel nie deur André Krüger
19 Februarie
Kunsblad: Penguin kry Afrikaanse voet in deur
LAPA-Uitgewers is nou in Penguin Random House SA se kraal
21 Februarie
Kunsblad: Prys vir kortverhale na Chris Barnard hernoem
22 Februarie
Kunsblad: Bekroonde “Valsrivier” vind sy weg na verhoog
Valsrivier deur Dominique Botha debuteer as toneelstuk by die Toyota US Woordfees
24 Februarie
Resensie: Ommie wêreld in min woore te contain
Louise Viljoen resenseer Oolog deur Nathan Trantraal
27 Februarie
Boeke: Viljoen wen Lapa-jeugprys met distopiese verjaal
Boeke: Fanie Viljoen verheug oor Jeugroman-prys
28 Februarie
Kunsblad: Vertaling van Anker-roman haal Booker-langlys
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Februarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
4 Februarie
- Geen engel nie deur André Krüger
- My LullaBybel vir meisies en My LullaBybel vir seuns deur Alette-Johanni Winckler
- My babaseuntjie se mylpale en My babadogtertjie se mylpale
- Klankboeke: Raserige plaas, Mooi meermin, Gelukkige olifant
- Moenie met ’n prinses mors nie deur Rachel Valentine (Vertaler: Kobus Geldenhuys)
11 Februarie
- Die Vywervrou-trilogie deur Chanette Paul
- Soete sonde saamgestel deur Lizz Meiring
- In Opleiding-reeks: Brandbestryder, Veearts, Atleet en Kodeerder
18 Februarie
- Mindful Eating deur Izelle Hoffman
- Die belydenis deur Jodi Picoult (Vertaler: Daniel Hugo)
- Die afloerder deur Anel Heydenrych
- Vrolike liedjies volume 1 en 2, Jesus-liedjies, Rympieland
25 Februarie
- Die SAW en Cuito Cuanavale deur Leopold Scholtz
- Die antie met die pienk rok en ander stories deur Jan Spies
- Albertus die jakkalsie-reeks
- Kinders wat moor deur André le Roux
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:
Resensie: A century of South African theatre deur Loren Kruger
Resensie: Pieter Fourie: Teatermaker – ’n huldiging deur Fanie Olivier (redakteur)
Skrywersonderhoud: Cas Vos oor Job en Met my hand op my hart
"Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie" – ’n onderhoud met Bianca Flanders
Of Motherhood and Melancholia: a bilingual interview with Lou-Marié Kruger
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Adellé von Ronge Kotzé
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Frederick Botha
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Johan de Nysschen
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jeanetta Basson
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Madeleen Welman
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jelleke Wierenga
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Isabel Martinson
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Februarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
2 Februarie
Resensie: Nathan Trantraal resenseer Innie Shadows deur Olivia M Coetzee
Resensie: Me deur Elton John, geresenseer deur Theunis Engelbrecht
Nuut op die rak: ’n Viertal vir die feiteverslaafdes
- Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe deur Johannes de Villiers
- Tuinvetplante deur Gideon F Smith en Ben-Erik van Wyk
- South Africa’s Greatest Bowlers deur Ali Bacher en David Williams
- Aanvallende agterspel in rugby deur Martyn Redelinghuys
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-n-viertal-vir-die-feiteverslaafdes-20200202
Resensie: Bun Booyens resenseer Dream of a Lifetime: Crossing Antarctica deur Mike Horn
Nuut op die rak: ’n Keur van nuwe kortkuns
- Die antie met die pienk rok en ander stories deur Jan Spies
- Die nag ruik na spoed deur Schalk Schoombie
- Daniël Lötter se Die grootpad is ’n grondpad: ’n Koffiekuier by Karoomense
- Luistervink: 13 Stories deur Madré Marais
- Brian Fredericks se As die Cape Flats kon praat
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/binnekort-op-die-rak-n-keur-van-kortkuns-20200209
16 Februarie
Resensie: Joan Hambidge resenseer Los gedagtes deur Jeanne Goosen
Resensie: By die brandende berg deur Piet van Rooyen, geresenseer deur Jonathan Amid
Nuusbrok/Nuut op die rak: Jodi Picoult praat nou Afrikaans
23 Februarie
Resensie: Daniel Hugo bespreek Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt
Resensie: Jonathan Amid resenseer Die afloerder deur Anel Heydenrych
Nuut op die rak: “’n Ruim porsie poësie”
- Duifiedorings deur Thomas Deacon
- Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels deur Kleinboer
- Parlement van uile deur Johann van der Walt
- Nagblind deur Francis Grobler
- Verskuilde verse deur Hennie Smith
- Ou laaie deur Fanie Olivier
- Onder die vlerk van liefde deur Cas Vos
- Pleks van plaas deur Jerzy Koch
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-ruim-porsie-poesie-20200222
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Februarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
4 Februarie
Boekresensie: Die nuwe Afrikaanse prosaboek
Liefhebbers van kortverhale sal verheug wees oor die groot verskeidenheid verhale wat in die bundel verskyn.
11 Februarie
Boekresensie: Leef jou emmerskop-lys nóú
’n Emmerskop-lys moet eintlik ’n lééf-lys wees. Die lewe is ’n geskenk wat elke dag ten volle geniet en gebruik moet word.
19 Februarie
Boekresensie: Iemand wat verdrink en ander verhale
Tieners wat van lees hou maar nie altyd genoegsame tyd op hande het om gedurende skoolkwartale dik boeke te verslind nie, sal baie opgewonde wees oor dié boek. Die verhale is kort genoeg dat mens dit saans voor slaaptyd kan kafdraf.
20 Februarie
Boek van die maand: Die dame met die hondjie
William Oosthuizen gebruik Anton Tsjechof se kortverhaal “Die dame met die hondjie” as aanknopingspunt vir sy roman met dieselfde titel.
25 Februarie
Boekresensie: Dit proe soos huis
’n Kookboek tjokkenblok vol nostalgiese koesterkos en pragfoto’s met Herman Lensing se herinneringe aan sy ma.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 5 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Stefaans Coetzee, skrywer van Wit Wolf, oor hoe boeke sy lewe tydens sy byna twee dekades in die tronk verander het. 1 Februarie was Internasionale Hardop-voorleesdag, maar hoekom is dit so goed vir kinders? Ilse vertel ook meer van ’n paar oulike kinderboeke vir voorlees en selflees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder andere oor die kortlys vir die Dylan Thomas-prys.
Woensdag 12 Februarie
Hoe omskep jy ’n klassieke roman soos Die swerfjare van Poppie Nongena in ’n rolprent? Dramaturg Saartjie Botha vertel hoe sy en haar mededraaiboekskrywer Christiaan Olwagen dit gedoen het vir die rolprent Poppie Nongena. Jy kan ook luister na ’n klanksnit uit die argief waarin Elsa Joubert vertel van die reaksie op haar bekroonde roman. Marié Heese vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie vir haar boek Peter Pan en Laurie, ’n opvolgverhaal vir die klassieke jeugverhaal Peter Pan and Wendy. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel meer oor die Costa Boek van die Jaar-wenner, The Volunteer.
Woensdag 19 Februarie
Luister na argiefmateriaal oor die digter, liedjieskrywer en dramaturg Rosa Keet, wat onlangs haar 75ste verjaarsdag gevier het. Keet was instrumenteel in die ontstaan van die Musiek-en-Liriek-beweging. Die werk van die Nobelprysbekroonde skrywer JM Coetzee, wat onlangs 80 geword het, word ook belig. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor interessante gebeure in die internasionale boekewêreld.
Woensdag 26 Februarie
Sonya van Schalkwyk-Barois, die vrou agter die splinternuwe Afrikaanse vertalings van die Kuifie-strokiesprentreeks, vertel vir Ilse Salzwedel hoe sy die enorme taak benader. Sonya is ook die vertaler van die baie gewilde Asterix en Obelix-reeks, waarvan daar reeds meer as 20 nuwe Afrikaanse titels op die rak is. Jy kan ook luister na ’n mini-drama uit die argiewe uit die pen van Cor Nortjé. En Johan Myburg vertel meer oor die kortlyste vir die gesogte British Book Awards, of Nibbies.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 4 Februarie
Anrich Herbst en Roeline Daneel lees gedigte oor wind, wat nie eintlik ’n lied in die hart bring by meeste mense nie, maar wel gedigte uit ons digters se penne laat vloei. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Marlise Joubert, Zandra Bezuidenhout, De Waal Venter, Daniel Hugo, Pieter Odendaal en Koos du Plessis.
Dinsdag 11 Februarie
Jana Kruger lees gedigte oor reën, wat vir Suid-Afrikaners ’n spesiale bekoring inhou en ’n gans ander betekenis kry, veral in ’n tyd wanneer groot dele van die land gebuk gaan onder droogte. Jy kan uitsien na gedigte deur C Louis Leipoldt, Nini Bennett, Hilda Smits, Petra Müller, Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe en Ingrid Jonker.
Dinsdag 18 Februarie
Amor Tredoux lees gedigte oor grond. Digters herinner ons telkens daaraan om naby die grond te leef, ons behoefte aan grondbesit en ons eie grondigheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe, Antjie Krog, Ingrid Jonker, Daniel Hugo, Gilbert Gibson en TT Cloete.
Dinsdag 25 Februarie
Martelize Kolver lees gedigte met die tema: digters in gesprek met heiliges. Mense wat, in Adam Small se woorde, deurdrenk is van ware menslikheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Koos van der Merwe, Johann de Lange, Sheila Cussons, IL de Villiers, NP van Wyk Louw, Ina Rousseau, Tom Gouws, Clinton V du Plessis en Mellet Moll.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied.
In Februarie het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
22 Februarie
Alwyn Roux resenseer Oolog deur Nathan Trantraal
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Februarie die volgende resensies en rubrieke gelewer:
1 Februarie
Die storie agter die storie: Sensoriese waarnemings in prosa
Kies ’n boek: Kansvatter. Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe
15 Februarie
Só skryf ’n wenner: Pablo Neruda
22 Februarie
Kies ’n boek: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
29 Februarie
Kies ’n boek: Die nuwe Afrikaanse prosaboek saamgestel deur Sonja Loots en Steward van Wyk