Kommentaar

Bloed op die spore

Madelyn 2025-01-28 Wat 'n groteske, eensydige tirade! Gelukkig is daar darem meer as 77 miljoen VSA kiesers wat beter as Sippel weet.

Wat het die waarheid met die prys van eiers te doen?  

Diek Grobler 2025-01-28 Bravo, Riku. En ja, helaas, jy gaan geeneen van daardie kristene (sic) oortuig nie. Hulle geloof in Trump is onwrikbaarder as hulle geloof in God. “ I want to believe” het Scully destyds vir Mulder gesê, en helaas was hulle avonture meer geloofwaardi

Die hart het sy redes deur Helena Gunter: ’n resensie

Monica Hammes 2025-01-28 Ek het dit nou eers gelees en weereens die Gunter-betowering ervaar. Baie dankie!

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw

Pieter G.R. de Villiers 2025-01-28 Wat 'n spesiale, diepsinnige artikel, met soveel kundigheid, inligting en dan die boeiende praktiese toepassing daarvan in die opmerkings oor die ontperking van die destruktiewe mag van begeerte. Girard se insigte bied 'n bolwerk teen die self-vernietigen

Breyten Breytenbach – ’n besinnende en kritiese waardering

Kerneels Breytenbach 2025-01-28 Daardie laaste opmerking herinner my aan iets wat Breyten onderaan 'n kunswerk vir een van sy vriende geskryf het: "Maar ons sal aanhou beweeg en stilte maak."

Trading through the old Transkei

Rodney Liebich 2025-01-27 Rev Ronald Thomson was a family friend known to my mother, Charlotte (nee) Wyatt from Bizana. My grandfather Harry Wyatt was a transporter. Ronald visited us at Ngqungqu trading station, Mqanduli district when I was in primary school, sometime in the 1950

Emily Hobhouse se storie nou ’n nuwe, moderne toeriste-attraksie in Engeland

Catherina Lawrie 2025-01-26 Ek beaam almal se waardering. Brava, Elsabé.

Die rede waarom Donald J Trump ’n beter keuse vir die VSA en die wêreld is

Barend vd Merwe 2025-01-26 Magda, Trompie het lekker oorboord gegaan met sy inhuldiging as president. Homself verbeel God het hom aangestel. Natuurlik steun hy Israel. Israel is die Amerikaners se militêre basis in die Midde-Ooste. Trump is net nog 'n politikus. Julle konserwatiew

Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg as koel en welberedeneerde versameling, ’n lesersindruk

Marthie Momberg 2025-01-26 Baie dankie Barend, en natuurlik ook Sakkie, vir julle onderskeidelike en goed deurdagte bydraes.

In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys

Errol Collen 2025-01-25 Johan se heengaan laat ’n groot leemte. Vir my was hy ’n vriend wat in sy besige lewe altyd tyd gehad het om te kom kuier en te gesels oor boeke en poësie. Ná ’n paar uur van saamgesels tydens ons greelde middagetes het die wêreld sommer blinker

Die hol gevoel deur RR Ryger: ’n lesersindruk

Lezettevan Jaarsveld 2025-01-25 Wow. Jou skrywe is so goed en omvattend en raakskiet, 'n verhaal op sy eie. Dit is prikkellekker. Ek gaan die boek soek.

Geloofsgedigte deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Fanie Marais 2025-01-25 Die titel Geloofsgedigte is in begrip deels persoonlik en literêr. Die digter is oor etlike jare aan my bekend in beide kontekste. As skrywer/digter is Cas kundig en bron-delwend deeglik. Dit kon ek ervaar in verskeie publikasies waarvan 'God die groot d

Afrikaans Huistaal vir graad 12’s: Oefening en memo uit Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen

Charlene Luiters 2025-01-24 Ek kry nie die Gr12 huistaal antwoordboek nie

Die rede waarom Donald J Trump ’n beter keuse vir die VSA en die wêreld is

Magda Laurens 2025-01-24 Trump se skoonseun is 'n Jood! Hy staan vir die Jode. Dankie tog, dis meer as wat ons kan sê van ons eie president! Die beste man het gewen! Hy maak nie net beloftes nie, hy voer dit uit!

In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys

René Bohnen 2025-01-24 Dankie vir die huldeblyk, Bittie. Johan was uniek, interessant en het gesorg vir intelligente geselskap. 'n Lojale vriend wat láng lunches kon kombineer met goeie wyn en staaltjies uit (en in) Latyn.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Donald Trump en ’n nuwe wêreldorde?

Cobus Mostert 2025-01-24 China as ’n “Tweede Wêreld”-Land: China bly ’n land met ’n groot ekonomiese BBP, maar toon steeds talle kenmerke van ’n ontwikkelende land. Hul ekonomie is steeds grootliks produksiegedrewe, eerder as gebaseer op kenniswerk of hoogs gevorderd

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Donald Trump en ’n nuwe wêreldorde?

DAVID WILLERS 2025-01-24 Very interesting overview. A couple of quibbles: the liberal democratic inspired rules-based system following Bretton-Woods still forms the bedrock of global trade. China joined the WTO relatively recently and despite being the second largest economy in t

Bloed op die spore

Charl Adams 2025-01-24 TRUMP-LOGIKA 1) Die Indiese Oseaan moet voortaan die Afrika-oseaan wees. 2) Antartika behoort aan Suid-Afrika. 3) Bou 'n muur tussen ons en die ander SADEC-lande. 4) Lyf Zimbabwe in as ons tiende provinsie. 5) Stel Mark Shuttleworth aan as Hoof van

Persverklaring: Stories ingewag vir 10de Woordfeeskortverhaalkompetisie

Surene 2025-01-24 Meer as 200 skrywers? Ek mag verkeerd wees, maar ek dink dis 148 skrywers en ongeveer 216 verhale oor nege bundels. Dit was 'n interessante oefening om 'n lys te maak en te sien hoeveel deelnemers en stories daar was.

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw

Louis van Niekerk 2025-01-23 Na my mening lê mimese die Opvoedkunde ten grondslag.

Graad 4: Algemene wetenskappe (NWT), tweede kwartaal

Juanita Du Preez 2025-01-23 Kan ek asb NWT Graad 4 kwartaal 1 werk kry asb.

Inploffing

Christiaan Diedericks 2025-01-21 Ek is bly jy het my gedig waardeer Wilma! Met waardering!

In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys

Evanda Visser 2025-01-21 Rus in vrede Johan. Jy was 'n besonderse mense-mens wat oral 'n impak gemaak het.

Vrypostige verslag van ’n (ydele) debuutdigter

Jannie Pretorius 2025-01-21 Dankie vir jou terugvoer, Nico, ek waardeer dit.

Geregtigheid?

Philippus van Rensburg 2025-01-21 "Geregtigheid" is 'n harde woord. Onmiddelik, toe ek dit sien, het die woord, Liefde, by my opgekom. Daar is geen uitdrukking daarvan anders as deur 'n vrou nie, vrouwees druk dit soos geen ander wese uit nie.

Vrypostige verslag van ’n (ydele) debuutdigter

Nico Steenekamp 2025-01-21 Wat het geword van 'n bietjie outydse beskeidenheid? Gaan lees weer die resensies. Er staat nie wat er staat. Lees veral tussen die lyne. Daar was ernstige kritiek. Een swaeltjie maak nie 'n somer nie en een bemoedigende woord maak nie 'n positiewe resen

Vrypostige verslag van ’n (ydele) debuutdigter

Jannie Pretorius 2025-01-21 Liewe genade, Theresa, my hele lyf slaan hoendervleis uit toe ek jou kommentaar lees. Dankie vir die deel, dis kosbaar.

Geloofsgedigte deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Hennie Smith 2025-01-21 Pieter Verster: jy bring hierdie magnum opus van Cas Vos onder lesers se aandag. Cas noem die psalms "geloofsgedigte". Hy haal Karl Barth aan: Die psalms is een van die gestaltes van God se Woord.

Geloofsgedigte deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Susan Vorster 2025-01-21 Ek beskou myself as 'n leek in soverre ek die Psalms al bestudeer het. Vele male al almal gelees, maar om dit as't ware te dissekteer het nog nooit gerealiseer nie. Dankie Cas vir hierdie boek wat sonder twyfel diepte navorsing geverg het. Ek vind dit ver

Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg as koel en welberedeneerde versameling, ’n lesersindruk

Trisa Hugo 2025-01-21 Wat 'n uitstekende stuk werk, Barend! Ek hoop jy skryf dit in vir resensent van die jaar.

Vrypostige verslag van ’n (ydele) debuutdigter

Theresa Postma 2025-01-21 Ek het 'n African Grey-papegaai. Na my man se dood en my skuif Kaap toe, kon Hendrik en my se gesprekke die alleenheid minder maak. Ek was egter in die gehoor by Tuin van digters, met die gesprek tussen Alwyn Roux en Jannie Pretorius. Die gedig "Grysland"

Graad 11: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo

Geraldine 2025-01-20 Om my kind te help oefen by die huis.

Geloofsgedigte deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Cas Vos 2025-01-20 My waardering vir Pieter Verster se insiggewende lesersmening.

In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys

Wannie Carstens 2025-01-20 My innige simpatie aan Johan se naasbestaandes. Iemand wat werklik 'n uitsonderlike bydrae gelewer het. Sonder sy insette sou Afrikaans beduidend armer gewees het.

Dum Spiro, Spero

Anita van der Walt 2025-01-20 Hoop laat mens elke oggend opstaan, puik vers.

Droomverlore

Anita van der Walt 2025-01-20 Baie dankie.

In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys

Rudolf Gouws 2025-01-20 Johan (of JDU, soos ons hom aangespreek het) was een van die utsonderlikste mense wat ek ooit ontmoet het. Ons het ontmoet by Senbank (waar hy dit bewimpel het dat sy assistent, Sonia van Schalkwyk, later my vrou, by mekaar uitkom). Na my vertrek na Nedba

Inploffing

Wilma de Villiers 2025-01-19 Liewe land, hoe karring hierdie beelde nou aan 'n mede-plaaskind se hart ...
Top